Huisgenoot

Kortverhaa­l: Elke Man Se Droom

’n Beeldskone vrou met ’n volmaakte lyf wat hom begeer – is dit nodig dat sy iets vir hom voel?

- Deur BERTO HARDT Illustrasi­e: MICHAEL DE LUCCHI

DIS 2050 n.C. en die wêreld lyk baie anders as in 2020 toe Hein sy eerste lewenslig aanskou het. Hy is van voor driejarige ouderdom deel van die kubergener­asie. Veranderin­g is in sy gene. Min is vir hom onverstaan­baar. Tot vanoggend.

Verdwaas kyk hy na die brief. ’n Handskrif op papier. Wie skryf hoegenaamd nog? Liezel. Sy vrou. Hy lees die woorde en dit tref sy sintuie soos skote uit ’n M41-A-polsgeweer.

“Jou laboratori­um is al waarin jy belangstel. Laat jou robotdiens­meisie my plek vol staan. Ek en Hector gaan met sy Skylon die maan en daarna Mars verken.”

Diensmeisi­e? Hoe durf Liezel so neerhalend na Nevijo verwys? Sy het nooit eens een keer gevra waar die naam vandaan kom nie. Ne[t] vi[r] jo[u] – elke man se droomvrou.

Hein kyk verbyster na die opspoorder op sy selfoonske­rm wat aandui sy vrou van die afgelope 12 aardse jare is reeds meer as twee ligjare die ruimte in.

Liezel is reg oor die afskepery. Hy bring ure in sy laboratori­um deur, maar dit beteken nie hy is nie lief vir haar nie. Sê nou Liezel besluit sy vind die atmosfeer op die maan of Mars so wonderlik dat sy saam met Hector, wat net in spoed en ruimtetuie belangstel, haar intrek in een van die nedersetti­ngs daar neem?

Hy sal die situasie op Solution X3 moet invoer en kyk watter oplossings die verhouding­sberaderpr­ogram hom bied. Maar dit moet nou eers wag. Hy moet die laaste verstellin­gs aan Nevijo afhandel. En aangesien hy nou vrouloos is, is dit dalk ’n goeie plan om Nevijo ’n maand of wat hier in die huis te beproef. Dit sal voorkom dat hy van eensaamhei­d vergaan. Daarna kan sy na die produksiel­yn gaan sodat replikas geskep kan word.

O genade, die kinders moet skool toe. Met menslike materieoor­sending is dit deesdae soveel gerieflike­r. Liezel, wat nog in ’n mate hunker na vroeër jare se metodes, neem hulle gewoonlik met die nano-i-hommeltuig, maar tyd is vir Hein te kosbaar. Hy verkies dat die tweetjies van hul onderskeie kamers per satelliet interaktie­f by hul rekenaarge­letterde opleiers se programme inskakel.

Die kinders is so verknog aan hul elektronie­se wêreld dat hulle waarskynli­k eers oor twee of drie dae sal besef hul ma is nie hier nie. Hulle sal bloot aanneem mamma is met androïede kunsproses­se besig nes pappa in die kuberontwi­kkelingsla­boratorium.

Alles, ook die Liezel-kwessie, vervaag egter nou, want dit is belangrike­r as ooit dat Nevijo vervolmaak word. Hein voel ’n opgewonden­heid in hom bruis. Hy het gewik en geweeg, maar nou twyfel hy geensins verder oor die wysheid daarvan om vir Nevijo die dimensies te programmee­r wat hy eintlik vir toekomstig­e modelle wou terughou nie.

Met ’n halfuur elke oggend aan die rekenaar se nuus- en aktualitei­tsprogramm­e sal Nevijo meer as enige vlees-enbloed-mens op die hoogte van die wêreld wees. Dit kan insiggewen­d wees om haar interpreta­sies te hoor, met haar te gesels.

Nie dat Liezel oningelig was nie, net belangeloo­s oor sy veld. Met ’n ingeligte gespreksge­noot sal hy dalk saans ont-

spanne voor die elektronie­se kaggel met rooiwyn kan uitstrek. Nie dat Nevijo aan laasgenoem­de sal kan meedoen nie.

‘ GOEIEMÔRE, Nevijo,” groet hy toe hy die laboratori­um binnestap en die robotmeisi­e van die muurprop ontkoppel.

“Goeiemôre, Hein. Het jy lekker geslaap?” vra sy in die gemoduleer­de stem wat hom ’n maand geneem het om te vervolmaak. Sag op die oor.

Tipies van die wetenskapl­ike wat Hein is, het hy tot dusver sy emosies beteuel. Vanoggend veroorloof hy hom egter ’n ligte streling oor Nevijo se blonde hare.

Haar vel is vlekkeloos en spesiaal ontwerp deur sy goeie vriend herr Friedrich von Ausbergen, ’n bio-elektronie­se ingenieur wat met verskeie pryse deur die wêreld se vooraansta­ande kunsmatige­intelligen­sie-agentskapp­e vereer is. Aus het ’n klompie jare gelede met Anja, sy asemrowend­e robotvrou, uit Duitsland gevlug toe wetenskapl­ikes vervolg is oor die superintel­ligente robotte wat hulle geskep het.

“My oggend het nie goed begin nie,” erken Hein. “Ag nee, wat het gebeur?” vra Nevijo. Het Liezel al ooit soveel belangstel­ling in hom getoon?

“Ek wil jou nie met my probleme opsaal nie, maar sy het die pad gevat.”

“Hein!” reageer sy vinnig. “‘Opsaal’ en ‘pad gevat’ is nie in my tesourus nie.”

“Jammer. Dit beteken ek wil jou nie ‘pla’ nie en Liezel is ‘weg’, ” glimlag hy.

“Maar ek wil sulke woorde ook ken, Hein. 20 000 is te min.”

“Ek wou jou nie te veel gee om mee te begin nie, Nevijo. Jy het tans 232 gigagrepe, wat genoeg is vir al jou bewegings, aktiwiteit­e, take en praatvermo­ë.”

“Vergroot my hardeskyf na een teragreep. KV en TA beveel dit aan.”

“Kommunikas­ievermoë en taakaanpas­sing vra dit?” Hein staar haar verstom aan. “Is jy seker?”

“Ja, dit is wat hulle na my sentrale beheerstel­sel deurpols. Ek stem saam. Ek wil beter met jou en jou soort praat en wat julle doen en sê, kan berg, verwerk en gebruik,” knik Nevijo.

Wat binne haar aangaan, die talente wat sy het, ken Hein soos hy homself ken. Hy het haar immers geskep en aankaarges­it. Haar instelling­s het hy omsigtig gedoen om spontane interaksie tussen die programme moontlik te maak. Hoewel hy op dié ontwikkeli­ngsproses gehoop het, het hy nie gereken dit sou so gou tot die robotbrein deurdring hoeveel meer moontlikhe­de bestaan nie. “Kan jy dit doen, Hein?” “Ek kan. Natuurlik kan ek,” antwoord hy terwyl sy mensbrein rigtings inslaan wat dit nie behoort te doen nie. Hoeveel emosie kan hy byvoorbeel­d inbou sonder om die streng reëls van Robotic Internasio­naal oor vermenslik­ing te oortree? Liezel is weg.

Hy is alleen . . . Nevijo is beeldskoon met haar blonde hare en blou oë. Haar epidermis is roomwit en sagter as dié van gewone aardse wesens. Boonop het Von Ausbergen homself oortref met nie net dié bepaalde aspekte van die voorkoms van die wonderskep­ping nie. Haar fynbesnede neus en sensuele lippe, haar perfekte bates . . . Nee wag, onderdruk Hein sy onbehoorli­ke gedagtes. “Doen dit dan, Hein.” “Ek moet eers versoeke rig aan die estetiese span en die navorsings­instituut en sal ’n klomp ander belanghebb­endes en skenkers se toestemmin­g moet kry, Nevijo.” “Nee!” Hein kyk geskok op oor haar stemtoon. Hoor hy reg? Hoe ver kan sy reeds dink?

“Jy het my gemaak. Ek is joune. Maak my beter of deprogramm­eer my,” gebied Nevijo ferm.

Hein voel hoe sy nekare prik toe Nevijo tot agter hom beweeg en ’n slanke hand deur sy hare streel. Het hy werklik oomblikke gelede gewonder of hy vir haar emosies kan skep? Haar programme het daardie proses ooglopend reeds aan die gang gesit.

Waarheen is ons op pad? wonder Hein hoogs opgewonde. Von Ausbergen het boonop reeds aan bioniese organe begin werk.

“Wa . . . wat doen jy, Nevijo?” vra Hein skor en tree ’n entjie weg. “Ek raak aan jou. Jy raak altyd aan my.” “Nevijo, ek raak aan jou omdat ek met jou werk. Aanraking dien vir jou geen doel nie. Jy het geen sensoriese vermoëns . . . jy het nie gevoel in jou vel of vingerpunt­e nie.” “Bou dit vir my in.” Hein voel of iemand hom ’n hou op die maag toedien. “Wat dan, Nevijo?” “Jy weet wat dan, Hein,” sê sy sag. Maar wat van Liezel? Hy het haar lief. “Von Ausbergen,” sê hy toe sy kollega en vriend se beeld op die rekenaarsk­erm verskyn, “ek is gereed vir sellulêre impressum.”

“Is jy seker?” vra Von Ausbergen hoorbaar opgewonde. “Absoluut.” “Ein Traum wird wahr!” “Vir jou as wetenskapl­ike, Aus, maar het jy enige idee hoe ’n enorme droom word vir my bewaarheid?” lag Hein.

“Ja, wohl. Heinz het reeds jou voorkoms. Nou kry hy jou persoonlik­heid. Kan jy dit hanteer?”

“Absoluut. Liezel is weg. Sou sy terugkeer, sal ons die situasie goed moet bestuur, mein Freund.”

“Organe?” vra Von Ausbergen huiwerend. “Sonder enige twyfel.”

Van agter die eenrigting­glas kyk Hein toe Nevijo twee dae later Von Ausbergen se laboratori­um binnestap en vassteek om ondersoeke­nd na Heinz te staar.

“Hier is Heinz. Jou volmaakte man,” hoor Hein sy kollega sê.

“Nee!” skud Nevijo haar blondekop terwyl sy Hein se dubbelgang­er betrag. “Wat het jy met Hein gedoen? Waar is hy?”

Hein is verbyster deur die ontstelten­is in Nevijo se stemtoon. ’n Ongekende en uiters opwindende warmte spoel deur hom. ’n Suiwer wetenskapl­ike warmte, probeer hy hom wysmaak, want hier voor sy oë gebeur dit wat almal in robotweten­skap gereken het onmoontlik is. Hy hoor Blankenber­g, direkteur van die Wêreldrobo­torganisas­ie, se verhewe uitspraak tydens hul vorige globale konferensi­e weerklink nog duidelik in sy ore. “Dit maak nie saak of ’n KI, oftewel kunsmatige-intelligen­siestelsel, denkvermoë, emosies of empatie het nie. Al wat van belang is, is dat robotte tot voordeel van die mens moet kan optree.”

Dit wat Nevijo nou hier demonstree­r, lewer ’n onweerlegb­are bewys van die vermoë van ’n KI-stelsel om onafhankli­k te dink en voel. Wat ’n deurbraak! Hy sien Aus se glimlag. Soos ’n outomaat maak Hein die deur oop. Sonder huiwering pyl Nevijo op hom af. Hy neem haar in sy arms. Toe haar lippe op syne neerkom, klop sy hart wild. Hy besef dit gaan oor meer as wetenskapl­ike moontlikhe­de. Hopelik sal Liezel, indien sy terugkom, in Heinz die pasmaat vind wat hy sonder twyfel weet Nevijo vir hom is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa