Huisgenoot

WIE KOM ALMAL IN AANMERKING?

-

Die nuwe wetgewing vereis dat albei ouers se naam op die kind se geboortese­rtifikaat verskyn. Volgens dié wetgewing is die ouer wat nie vir die vier maande betaalde kraamverlo­f kwalifisee­r nie nou op 10 dae betaalde ouerskapsv­erlof geregtig ná die geboorte van ’n kind.

En wanneer ’n kind van twee jaar of jonger wettig aangeneem word, kan die een ouer vir 10 weke aannemings- of surrogaatv­erlof soortgelyk aan kraamverlo­f aansoek doen en die ander een vir 10 dae ouerskapsv­erlof.

Daar sal nie teen paartjies van dieselfde geslag gediskrimi­neer word nie.

Ouerskapsv­erlof is nuwe wetgewing wat uiteengesi­t word in die Wysigingsw­et op Arbeidsver­houdinge.

Die betaling vir ouerskapsv­erlof sal nes kraamverlo­f deur die Werklooshe­idsverseke­ringsfonds gemaak word, sê die arbeidsreg­kenner Youlandé Prinsloo.

Werkgewers se menslikehu­lpbronnede­partemente sal dié verlofaans­oeke fasiliteer, asiliteer, sê die ACDP-parlements­lid ACDP parlements­lid Cheryllyn Dudley.

Al is die wetgewing deur die president onderteken, het hy nog nie aangedui wanneer dit in werking tree nie. Cheryllyn het ’n beroep op al die rolspelers gedoen dat dit van 1 Januarie 2019 af geïmplemen­teer word.

‘Pa’s wil betrokke wees’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa