Huisgenoot

GEKLEURDEG­LAS-KOEKIES

-

Hierdie koekies is tog te mooi! Gebruik dit as versiering­s op die Kerstafel of hang dit aan die Kersboom. (Of eet hulle, natuurlik.)

LEWER ONGEVEER 36 KOEKIES (AFHANGEND VAN DIE GROOTTE) BEREIDING: 35-40 MIN. VERKOELTYD: 15 MIN. BAKTYD: 8-10 MIN.

KOEKIES 250 g botter of margarien 250 ml (1 k) witsuiker 60 ml (¼ k) gouestroop 60 ml (¼ k) water 750 ml (3 k) koekmeel 2,5 ml (½ t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) sout meel, vir strooi VIR AFRONDING 1 x 400 g-pak Sparklesle­kkers

Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kossproei.

1 Koekies Klop die botter, suiker en gouestroop saam tot romerig. Voeg die water by en klits glad. 2 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout oor die mengsel en meng tot ’n deeg vorm. Verkoel minstens 15 min. 3 Bestrooi ’n werkopperv­lak met meel en rol die deeg sowat 2 mm dik uit. Druk vormpies soos verkies. Druk gaatjies in die vormpies sodat daar ’n opening in die middel van elke koekie is.

4 Vir afronding Sorteer die lekkers volgens kleur en maal elke kleur apart met ’n stamper in ’n vysel fyn, of pols die lekkers apart fyn in ’n voedselver­werker. 5 Pak die koekies versigtig op die bereide bakplate en vul die opening van die koekies met die fyngemaald­e lekkers. 6 Bak die koekies 8-10 min. of tot die lekkers gesmelt is en die koekies strooikleu­rig is. 7 Laat die koekies afkoel. Haal versigtig van die bakpapier af en bêre in ’n lugdigte houer. Gaan na huisgenoot. com vir ’n stap-virstap-video wat wys hoe om die glaskoekie­s te versier.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa