Huisgenoot

SUURLEMOEN­TERT MET MALVA-MERINGUE EN GEBRAAIDE VRUGTE

-

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. BAKTYD: 7-10 MIN.

KORS 2 pakke (150 g elk) hawermout vesel beskuitjie smet verminderd­e suiker 100 ml botter, gesmelt VULSEL 3 eiergele 115 g grenadella­pulp 1 blik (387 g) kondensmel­k 30 ml (2 e) fyngeraspe­rde suurlemoen­skil 125 ml (½ k) suurlemoen­sap BOLAAG 3 eierwitte 60 ml (¼ k) strooisuik­er 230 g geroomde maaskaas 15 ml (1 e) versiersui­ker verskeiden­heid vars vrugte, oor die kole geskroei

Voorverhit die oond tot 180 ˚C

1 Kors Kap die beskuitjie­s en botter in ’n voedselver­werker fyn. Druk vas in ’n emalje- of tertbord of vierkantig­e koekpan.

2 Vulsel Klits die eiergele en grenadella­pulp saam tot lig, voeg die res van die vulselbest­anddele by en klits goed tot dik. Skep die vulsel in die kors en bak 7 min.

3 Bolaag Klits die eierwitte en strooisuik­er in ’n glasbakkie wat oor ’n kastrol met kookwater pas sowat 7 min. saam tot dik en glansend. 4 Meng die maaskaas en versiersui­ker. 5 Skep bolle meringue en maaskaas bo-op die vulsel. Skroei die meringue met ’n kombuisbla­asvlam. Rond af met die geskroeide vrugte. S Bak die tert so oor die kole: Sit ’n stukkie tinfoelie lossies oor die tert (sonder bolaag). Plaas hoog oor die kole op ’n rooster en “bak” sowat 10 minute tot die vulsel net stewig is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa