Huisgenoot

POT VIND G’N DEKSEL AANLYN

-

Ek vra my vriende gereeld om enkellopen­de mans aan my voor te stel, maar hulle ken niemand. Nou het ek pasmaats aanlyn begin soek, maar ek kry ook nie my pot se deksel daar nie. Mense lieg so oor hulself. Ek is gereed om te trou. Hoe kry ’n mens iemand saam met wie jy kan uitgaan?

LE, SMS

Om iemand aanlyn te ontmoet is nie moeilik nie. Maar om ná so ’n ontmoeting die werklike mens agter die aanlyn beskrywing­s en foto’s te leer ken is ’n uitdaging. Om dan met ’n verhouding voort te gaan en ’n verbinteni­s te kweek verg vasberaden­heid, volwassenh­eid en insig.

Aanlyn kan jy meer verwerping as in die werklike lewe ervaar omdat daar soveel meer kandidate vir afsprake beskikbaar is. Met die klik van ’n muis kan hulle by die volgende een hul flikkers gooi. Jy kan dalk agterkom dat jy te veel in die spieël kyk namate jy jouself met ander begin vergelyk.

As jy wel digitaal wil vlerksleep, moet jy jou eie veiligheid vooropstel. Aanlyn swendelaar­s is altyd net nog ’n klik weg.

As jy begin rondvra, sal jy tog iemand kry wat met ’n vonkel in die oog kan getuig oor die potensiaal om aanlyn ’n lewensmaat te vind. Maar as jy reeds weet dis nie vir jou nie, wis die afspraak-app op jou slimfoon uit.

Hoe interessan­ter jy jou lewe maak, hoe groter sal jou netwerk van kennisse word en hoe groter die moontlikhe­id om iemand te kry saam met wie jy die soort verhouding kan hê waarin jy belangstel.

Vergeet nou maar eers van ’n ring aan jou vinger. Dit bring die soort desperate blik in ’n alleenmens se oë wat moontlike maats die hasepad laat kies.

Aktiwiteit­e soos om by ’n sportklub aan te sluit kan jou ’n gesonder en positiewer mens maak met die bonus van sosiale byeenkomst­e. Maak vriende met diegene wat jou belangstel­lings deel. Word ’n vrywillige­r by ’n diensorgan­isasie, loop klas in ’n onderwerp wat jou nog altyd geprikkel het of neem deel aan ’n uitreikaks­ie by jou kerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa