Huisgenoot

AMANDAIS TERUG!

-

IN DIE dekade sedert Amanda Bynes as jong Hollywood-adel beskou is, het die aktrise ’n vernederen­de openbare ineenstort­ing beleef wat dwelms, vreemde pruike en bisarre twiets ingesluit het. Nadat sy die kollig jare lank vermy het, het die 32-jarige haar stilte in die tydskrif Paper se jaarlikse Break the Internet-uitgawe verbreek en verskeie skokonthul­lings gemaak. Dit is wat ons te wete gekom het:

Sy het op 16 dagga begin rook. Die voormalige Nickelodeo­nster erken sy het vandat sy 16 was dagga gerook en later dwelms soos ecstasy en kokaïen gebruik. “Mense verskil vanselfspr­ekend, maar vir my het die mengsel van dagga en ander dwelms en soms drank regtig my brein opgemors,” sê die 32-jarige. “Dit het my ’n heel ander mens gemaak.” Sy hou vol dwelms, nie ’n geestesiek­te nie, was die oorsaak van haar wisselvall­ige gedrag. “Dit is beslis nie lekker wanneer mense iets by jou diagnoseer wat hulle dink jy makeer nie,” sê Amanda. “Dit het my regtig gepla. Vir my was (my gedrag) werklik weens dwelms, en elke keer wanneer ek (dwelms) gelos het, het ek weer my ou self geword.” Sy is spyt oor haa haar bisarre twietsessi­es. “Ek het soort van alles waarvoor ek my hele lewe gewerk het deur Twitter verwoes. Dis beslis nie Twitter se skuld nie – dis my eie skuld.” Die Easy A-ster het selfs die “baie dwase” besluit geneem om haar uittrede aanlyn aan te kondig. “As ek (op die regte manier) wou uittree, moes ek dit in ’n persverkla­ring gedoen het – maar ek het dit op Twitter gedoen. Ai tog!” Sy beplan bep haar Hollywoodt­erugkeer. terugkeer Toe sy gevra word oor haar planne om weer toneel te speel, het Amanda gesê sy wil weer by die bedryf betrokke raak: “op soort van dieselfde manier as wat ek dit as kind gedoen het – met opgewonden­heid en hoop op die beste”. Sy sê sy wil die kans hê om “alles te probeer” en wil haar nie beperk deur net sekere soorte rolle na te jaag nie.

 ??  ??
 ??  ?? Amanda in2013
Amanda in2013

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa