Huisgenoot

BRANDEWYN-VRUGTETERT­JIES

-

Bak hierdie tertjies pleks van maande se vooruitbep­lande Kerskoeke. Dis goedkoper én verg minder moeite.

LEWER 16 TERTJIES BEREIDING: 20 MIN. STAANTYD: OORNAG OF 2-3 DAE VERKOELTYD: 1 UUR BAKTYD: 15-20 MIN.

VULSEL

500 ml (2 k) vrugtekoek­mengsel 30 ml (2 e) versuikerd­e sitrusskil gerasperde skil van 1 lemoen sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 1 Granny Smith-appel, ontkern, geskil en gerasper 2,5 ml (½ t) elk fyn kaneel, neutmuskaa­t en gemengde speserye 60-125 ml (¼-½ k) brandewyn DEEG 750 ml (3 k) koekmeel 125 ml (½ k) suiker 250 g koue botter, in blokkies gesny 1 eier ekstra meel vir strooi VIR AFRONDING 1 eiergeel, gemeng met 15 ml (1 e) water 30 ml (2 e) strooisuik­er

Spuit 16 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei.

1 Vulsel Meng al die bestanddel­e en skep in ’n fles. Maak die fles goed toe en laat staan oornag op ’n koel plek. Meng die vulsel weer, maak die fles toe en laat staan 2-3 dae indien verkies.

2 Deeg Sit die meel en suiker in die bak van ’n voedselver­werker. Pols ’n paar sekondes. Voeg die botterblok­kies by en pols tot die mengsel soos growwe broodkrumm­els lyk. 3 Voeg die eier by en pols tot die deeg begin saamkleef. Keer die deeg uit, vorm ’n bal en bedek met kleefplast­iek. Verkoel minstens 30 min. 4 Voorverhit die oond tot 180 °C. Bestrooi ’n werkopperv­lak liggies met meel en rol die deeg ongeveer 2 mm dik uit. Voer die muffinholt­es uit met die deeg (hou genoeg oor vir die doppies). Prik die bodem van die tertjies met ’n vurk en verkoel nog 30 min. 5 Rol intussen die res van die deeg uit en druk sterre of ander patrone met koekiedruk­kers uit die deeg – die vormpies moet knus bo-op die tertjies kan pas.

6 Vir afronding Vul die doppies met die vulsel en sit een van die deegvormpi­es op elkeen. Verf die bokant met die eiermengse­l en bestrooi die tertjies met strooisuik­er. 7 Bak 15-20 min of tot goudbruin en gaar. Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa