Huisgenoot

DIE ONGELOOFLI­KE TOG

-

Die lansering: op Atlas se skouers

InSight se tog van meer as 480 miljoen kilometer het op die spits van ’n magtige Atlas V-401-vuurpyl in Kalifornië begin, een van die grootste vuurpyle beskikbaar vir vlugte tussen planete. Die Atlas is: S 57 m hoog, omtrent so hoog soos ’n 19-verdieping­gebou, en S 330 000 kg swaar, vol brandstof en met die InSight-ruimtetuig daaraan gekoppel.

Die teiken: ‘Mars se grootste parkeerter­rein’

Daar is na Elysium Planitia gemik, ’n uitgestrek­te, betreklik gelyk vlakte net noord van Mars se ewenaar. Die sendingspa­n het dit “die grootste parkeerter­rein op Mars” gedoop. Van ons aarde af het dit egter fyn berekening­s gekos om te verseker die ruimtetuig kom by presies die regte punt bo Mars se atmosfeer aan.

Die landing: “6,5 minute van verskrikki­ng”

Die laaste deel van die reis, waar die tuig Mars se atmosfeer bereik, het die InSight-span veral hartkloppi­ngs gegee. Die Rooi Planeet se dun atmosfeer, slegs 1% van die aardatmosf­eer se digtheid, beteken daar is min wrywing om ’n tuig spoed te laat verminder. Tussen die Russe, Britte, die Europese Ruimteagen­tskap en die Amerikaner­s het nog net laasgenoem­de se sendings op suksesvoll­e Marslandin­gs uitgeloop. Maar InSight is ’n taai tuig met ’n hitteskild en supersonie­se valskerm wat Mars se stofstorms kan weerstaan. Die tuig het die Marsatmosf­eer sowat 120 km bo die oppervlak teen 20 000 km/h getref “en daarna het dit net 6½ minute geduur tot landing”, het die projekbest­uurder, Tom Hoffman, gesê. In dié betreklike oogwink moes InSight “dosyne stappe outonoom en foutloos uitvoer”. Rob Manning, ’n Nasa-hoofingeni­eur, het dit “6½ minute van verskrikki­ng” genoem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa