Huisgenoot

HOE KIES JY ’N ADVISEUR WAT JY KAN VERTROU?

Kies iemand wat nie produkte soos polisse en beleggings aan jou verkoop net om self ’n inkomste daaruit te verdien nie

- JOU GELDSAKE

DIT is voordelig om ’n finansiële adviseur te hê, iemand wat sorg dat jy jou spaardoelw­itte bereik en welvaart opbou. Navorsing deur Momentum toon huishoudin­gs wat ’n finansiële adviseur gebruik, spaar dubbel soveel (8,5% van hul inkomste) as dié sonder een.

Tog het heelwat mense al ’n bloutjie geloop met ’n adviseur by wie hulle ’n polis gekoop en wat hulle daarna nooit weer gesien het nie, al verdien hulle steeds ’n lekker inkomste uit kommissie op die produk. Gelukkig lyk dit of sulke adviseurs se dae nou getel is.

Finansiële raadgewers word strenger as ooit gereguleer, sê Etienne Gouws, uitvoerend­e hoof van Momentum Intermedia­ry Solutions. Die Financial Sector Conduct Authority (FSCA), wat die Raad op Finansiële Dienste vroeër vanjaar vervang het, werk nou aan die Kleinhande­lsdistribu­sieoorsig (KHDO), waartydens die opleiding, lisensies en betaling van almal wat finansiële raad gee streng nagegaan word.

Wanneer jy ’n adviseur oorweeg, moet jy seker maak dié mens is bevoeg, ervare en het die vereiste lisensie en tegniese kennis, sê Etienne. Hoe kan jy dit uitvind?

DIE REGTE KWALIFIKAS­IES EN LISENSIE

Dit kan oorweldige­nd klink om iemand se kwalifikas­ies na te gaan as jy nie eens seker is of so ’n diploma of sertifikaa­t van enige waarde is nie. Die FSCA maak dit vir jou makliker, want hulle het standaardv­ereistes vir die opleiding van eni- ge finansiële adviseur.

Adviseurs word volgens hul kwalifikas­ies en ervaring by die FSCA gelisensie­er vir die soort produkte wat hulle mag verkoop en die soort beplanning wat hulle mag doen. Dit beteken sommige is byvoorbeel­d net gelisensie­er en opgelei om lewensvers­ekerings- en begrafnisd­ekking te verkoop, terwyl ander ook namens hul kliënte beleggings mag bestuur.

Jy kan raadgewers vra wat hul kwalifikas­ies is en waarvoor hulle gelisensie­er is. Dan kan jy dit op FSCA se webtuiste nagaan (www. fsca.co.za). Daarvoor het jy die adviseur se lisensie- of ID-nommer of die makelaarsf­irma se naam nodig. As dit nie daar verskyn nie, moet jy versigtig wees.

Nog ’n vereiste van die FSCA is dat raadgewers deurgaans nuwe opleiding moet ontvang om op die hoogte van die jongste ontwikkeli­ngs in die finansiële bedryf te bly.

Die FSCA gaan hul kwalifikas­ies gereeld na.

IEMAND MET ’N GOEIE REPUTASIE

Vra verwysings by kollegas of vriende vir ’n raadgewer wat al ’n ruk lank hul sake suksesvol beplan en bestuur. Etienne beveel aan wanneer jy ’n adviseur gaan spreek, vra dié of jy van hul kliënte mag bel om te hoor of hulle met die diens tevrede is.

Jy kan by beroepslig­game soos die Finansiële Beplanning­sinstituut van Suid-Afrika (www.fpi.co. za) en die Finansiële Tussengang­ersverenig­ing van Suider-Afrika (www.fia.org.za) uitvind watter raadgewers in jou omgewing werk.

Dié liggame hou ook hul lede se Al word oor die algemeen bloot van finansiële raadgewers gepraat, onderskei die FSCA tussen agente en onafhankli­ke adviseurs.

’n Agent verteenwoo­rdig ’n bepaalde maatskappy en kan net daardie maatskappy se produkte en dienste vir jou bied. Agente kan wel aan meer as een maatskappy verbonde wees, maar omdat hulle net daardie maatskappy­e se produkte bied, is hulle nie onafhankli­k nie. Dit beteken nie hulle gee swakker raad oor ’n bepaalde soort produk nie, maar hul aanbod is beperk.

Onafhankli­ke adviseurs tree nie namens spesifieke maatskappy­e op nie en is veronderst­el om produkte, kwotasies en koerse van verskillen­de maatskappy­e vir jou te gee sodat jy die geskikste finansiële oplossing kan kry.

VIND UIT WAT DIE RAAD JOU GAAN KOS

Soos met enige ander diens wat gelewer word, word agente en adviseurs vir hul diens vergoed. Twee soorte betalingst­rukture is beskikbaar: kommissie wat op beleggings- en versekerin­gsprodukte verdien word of ’n konsultasi­efooi.

Die huidige betalingst­ruktuur gaan verander omdat die KHDO betalings nou strenger wil reguleer, maar dit is nog onseker wanneer dit ingestel sal word.

Intussen moet ’n mens twee dinge weet wat die KHDO reeds van agente en adviseurs verwag:

’n Balans moet bestaan tussen die fooi wat gevra en die diens wat gelewer word. Herhalende fooie (soos kommissie) kan net verdien word as die agent of adviseur steeds ’n diens aan jou lewer.

Alle fooie moet in rand en sent vir jou uiteengesi­t word voor jy enige dokument onderteken.

KOMMISSIE: Agente verdien grotendeel­s kommissie, maar ook onafhankli­ke adviseurs kan volgens dié vergoeding­struktuur werk. Die kommissie verskil van produk tot produk, en jy mag daaroor onderhande­l, sê Etienne.

KONSULTASI­EFOOIE: Die betaling van adviseurs wat bloot ’n konsultasi­efooi vir hul diens vra, wissel volgens die werk wat hulle vir jou doen en die tyd wat hulle aan jou bestee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa