Huisgenoot

Hartverske­urende einde van siek en gekwelde speurder Spyker Britz

Die baasspeurd­er Suiker Britz het in die laastel jare van sy lewe teen kanker gestry ene was weens ’n bitter stryd van sy kinders e en kleinkinde­rs vervreem – maar toe neem hy sy lewe kort nadat hulle vrede gemaak het

- Deur CYRIL BLACKBURN en PIETER VAN ZYL

NÁ ’N leeftyd waarin hy as baasspeurd­er naam gemaak het, was sy grootste hartsbegee­rte die laaste jare om ná ’n bitter familietwi­s met sy twee volwasse kinders versoen te raak; om weer sy kleinkinde­rs in sy arms te kan hou . . .

Genl.maj. Karel “Suiker” Britz se wens het waar geword toe sy seun en dogter, Kallie Britz (43) en Liezl Botma (45), skaars ’n maand gelede met hom kom vrede maak het ná ’n vyf jaar lange vete. Ook die speurder se vyf kleinkinde­rs het op daardie blye dag saamgekom om by oupa te kuier.

Die speurder se hofstryd met sy seun was nog nie vergete of verby nie, maar pa en seun kon mekaar weer in die oë kyk.

Op Vrydag 30 November het Kallie en Liezl weer by hul bejaarde pa ’n draai kom maak – dié keer om hom vir ’n vervroegde Kersete saam met die kleinkinde­rs te nooi. Maar net ’n paar minute ná hul vertrek het die bekende speurder tot in die voortuin van sy meenthuis in Wingate Park in die suidooste van Pretoria gestap, ’n pistool teen sy slaap gedruk en homself om die lewe gebring.

Daar het sy tweede vrou, Annetjie (72), op hom afgekom. Hy was 74 jaar oud en het die afgelope drie jaar teen maagkanker gestry. Hy kon sy donker gedagtes nie ontsnap nie.

“Suiker se dood is ’n tragedie; ’n hartverske­urende ramp,” sê Gert van der Merwe, Kallie se regsvertee­nwoordiger in die hofsaak tussen pa en seun.

Suiker het in 2014 ’n saak aanhangig gemaak omdat Kallie hom na bewering meer as R2,57 miljoen skuld – R1,57 miljoen daarvan, het Suiker beweer, het Kallie sonder magtiging uit sy pa se rekening onttrek en ’n verdere R1 miljoen was ’n lening wat hy volgens Suiker nooit terugbetaa­l het nie. Kallie sou dit egter teenstaan.

“Dit kon nie op ’n slegter tyd gekom het nie,” sê Gert oor die skoknuus van Suiker se selfdood. “Kallie en Liezl het geweet hul pa is oud en siek; dat hy dalk nie meer lank sal hê om te leef nie. Daarom het hulle sowat ’n maand gelede by hom gaan kuier en vir hom gesê hulle wil nou hierdie nonsens agter hulle stel. Hulle het selfs die kleinkinde­rs saamgevat. Suiker was baie opgewonde daaroor. Hy kon nie ophou drukkies uitdeel en foto’s neem nie.”

Die speurder se kinders het hom op die Vrydag van sy dood na ’n Kersete daardie Sondag genooi, vertel Gert. “Selfs Annetjie het op vrede gehoop en Suiker aangepor om die uitnodigin­g te aanvaar. Maar die kinders was skaars weer op pad toe Suiker na buite loop en homself sonder waarskuwin­g doodskiet. Net daar in die tuin, minute nadat hy die vrede gekry het waarop hy al die jare gehoop het . . .”

IN SY loopbaan van byna vier dekades lank het die voormalige hoof van Pretoria se (nou ontbinde) moorden-roofeenhei­d die een groot saak ná die ander opgelos.

Van die opspraakwe­kkendste sake waarby hy voor sy aftrede in 1999 betrokke was, is die bomontplof­fing in Mei 1983 in die Suid-Afrikaanse Lugmag se hoofkwarti­er in Kerkstraat in Pretoria waarin 19 mense dood is. Suiker het ook in 1979 die pedofiel Gert van Rooyen in hegtenis geneem nadat hy twee meisies van 10 en 13 ontvoer en seksueel aangerand het – ’n oortreding waarvoor Van Rooyen destyds tot vier jaar gevangenis­straf gevonnis is. Dit was nege jaar voor die spoorlose verdwyning van die eerste van die ses meisies wat vermoedeli­k deur Van Rooyen en sy verloofde, Joey Haarhoff, ontvoer is.

Tog was die skurke wat Suiker aan die pen laat ry het en sy suksesvoll­e loopbaan in die laaste vyf jaar van sy lewe vergete, meen die mense na aan hom. In dié tyd het twee onopgelost­e sake in sy persoonlik­e lewe aan hom bly knaag: sy stryd teen maagkanker en sy vervreemdi­ng van sy kinders en kleinkinde­rs.

Sy verhouding met sy kinders het kort ná sy eerste vrou, San (68), se dood in 2010 begin verbrokkel, het Suiker vroeër aan Huisgenoot vertel. Sy dogter was ontsteld daaroor toe hy toestemmin­g

‘Die kinders was skaars weer op pad toe Suiker na buite loop en homself sonder waarskuwin­g doodskiet’

wou gee dat die masjiene afgeskakel word wat San aan die lewe gehou het nadat sy vir ’n bloedklont in haar been geopereer is, het hy gesê. Hy het ook gesê albei sy kinders het hom “verwyt” toe hy twee jaar ná hul ma se dood weer trou.

Ná San se dood het Suiker Kallie gevra om sy geldsake te hanteer, maar toe hy met Annetjie trou, het sy dié taak oorgeneem. In 2014 het die oudspeurde­r ’n siviele eis teen Kallie ingestel en ook ’n klag van diefstal teen hom gelê. Suiker het aangevoer transaksie­s van meer as R1,57 miljoen is tussen Oktober 2010 en November 2011 uitgevoer waarvoor hy geen magtiging gegee het nie. Hy het verder beweer Kallie het nie ’n lening van R1 miljoen aan hom terugbetaa­l nie. Kallie het toe glo op sy beurt sy pa daarvan weerhou om sy kleinkinde­rs te sien.

Die verlange na hulle was vir die eens geharde polisieman so erg, hy het in April verlede jaar sy hart in ’n Facebookin­skrywing uitgestort. “Kan iemand wat my 5 kleinkinde­rs ken, asb. vir my foto’s van hulle stuur?” het hy gevra. “Ek het hulle 4 jaar laas gesien . . .”

Ook tussen Annetjie en Suiker se kinders het die spanning hoog geloop. In Maart vanjaar het Liezl aan Huisgenoot gesê sy en haar broer het nog nooit met hul stiefma oor die weg gekom nie en dat sy vermoed Annetjie het haar pa oorreed om Kallie te dagvaar, maar Annetjie het dit teenoor Huisgenoot ontken.

Spanning tussen Suiker en sy kinders was op ’n naaldpunt toe maagkanker in 2015 by hom gediagnose­er is. Tog wou hy nie die hofstryd teen sy seun laat vaar nie. Suiker was “ongeloofli­k depressief ” toe die saak vroeër vanjaar van die rol verwyder is, sê Chris Greyvenste­in, sy regsvertee­nwoordiger. Dit was nadat Kallie se regspan daarop gewys het die saak sou nie in die gewone tyd vir ’n verhoor in ’n siviele geding – ’n maksimum van vyf weekdae – afgehandel kon word nie. ’n Hofdatum vir ’n verhoor van ’n langer tydsduur is toe vir Augustus 2020 bepaal.

“Hy het gesê hy weet nie of hy die nuwe verhoordat­um sal haal nie,” vertel Chris. “Sy grootste bekommerni­s was om Annetjie sonder geld agter te laat.”

In die laaste maande van sy lewe het sy gesondheid verswak. Die maagkanker was wel in remissie, maar Suiker het ook aan diabetes en hoë bloeddruk gely en het vanjaar twee operasies aan sy lies ondergaan. Die speurder wat op skool in die Vrystaat die bynaam “Suiker” gekry het omdat hy so vinnig met die bal kon hardloop, het ál swakker geword.

“Hy het baie gekla oor sy seer lyf en die feit dat hy nie maklik loop nie,” vertel ’n oudkollega, die afgetrede genl. maj. Bushie Engelbrech­t. “Ek het hom so o ’n maand gelede hierheen genooi, maar hy kon nie kom nie weens sy gesondheid. Dit het my hart gebreek. Hy het baie pyn en lyding gehad.

“Na aan die einde het dit so sleg met hom gegaan, ek kon hom nie meer in die oë kyk nie . . . Ek het hom liefs gebel, maar elke keer het hy sieker geklink.

“Tog het niemand so iets drasties van Suiker verwag nie. Niemand sou kon dink hy sou ooit tot so iets in staat wees nie. Die enigste afleiding is die pyn moes ondraaglik gewees het – dat hy bloot nie kon voortgaan nie.”

Annetjie is sedert sy op haar man se liggaam afgekom het in “’n verskrikli­ke toestand en huil heeltyd”, vertel Chris. In ’n verklaring sê die familie Suiker se “ontydige dood” is ’n groot skok. “Sy dood laat ’n groot leemte in die familie en in sy vriendekri­ng. Annetjie, haar kinders en Suiker se kinders waardeer die meelewing, deernis en gebede sedert Vrydag.

In acta est fabula. Plaudite,” sluit hulle die verklaring in Latyn af – die toneelstuk is verby; klap hande.

Genl. André Wiese, ’n polisiewoo­rdvoerder, het bevestig Suiker Britz se dood is ’n “onnatuurli­ke sterfgeval”. Geen gemene spel word vermoed nie, sê hy.

In ’n verweerskr­if wat Kallie in Januarie 2015 by die hof ingedien het, ontken hy hy skuld sy pa enige geld en voer aan Suiker se eise is “ongegrond”. Hy ontken ook hy en sy pa het ooreengeko­m Kallie sal die bedrag van R1 miljoen wat hy vir die aankoop van ’n huis op ’n landgoed by Midrand gebruik het aan Suiker terugbetaa­l.

 ??  ??
 ??  ?? Suiker Britz was eens ’n betrokke oupa – maar ’n bitter vete met sy kinders het tot vervreemdi­ng gelei wat tot kort voor sy dood aangehou het.
Suiker Britz was eens ’n betrokke oupa – maar ’n bitter vete met sy kinders het tot vervreemdi­ng gelei wat tot kort voor sy dood aangehou het.
 ??  ?? BO: Suiker en sy tweede vrou, Annetjie, met wie hy in 2012 getroud is. REGS: Suiker was vyf jaar lank van sy dogter, Liezl, en haar man, Cornel, vervreem.
BO: Suiker en sy tweede vrou, Annetjie, met wie hy in 2012 getroud is. REGS: Suiker was vyf jaar lank van sy dogter, Liezl, en haar man, Cornel, vervreem.
 ??  ?? Genl.maj. Suiker Britz – soos hy in die polisie bekend was – se naam word aan verskeie plaaslike hoëprofiel­sake gekoppel.
Genl.maj. Suiker Britz – soos hy in die polisie bekend was – se naam word aan verskeie plaaslike hoëprofiel­sake gekoppel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa