Huisgenoot

‘HIER IS GENOEG NATUUR EN DIERE OM ’N MENS BESIG TE HOU’ BOER DUNCAN

Boer Duncan is doodgelukk­ig in sy afgeleë woning ‘in die middel van nêrens met net die huis en honde’

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: FANI MAHUNTSI

OP Verkykersk­op in die Vrystaat voer die ou handelshui­s, koffiekroe­g en hotel jou terug na toeka se tyd, maar jy ry binne ’ n oogwink deur die klein plekkie en die dorp verdwyn vinnig in die truspieëlt­jie. Sodra dit agter jou lê, sien jy ’n moderne herehuis teen die sandsteenk­oppies pryk.

Die opvallende gebou links van die hoofpad, net ’ n entjie anderkant die dorp, lyk soos iets wat ’n helikopter in ’n rykmansbuu­rt in Johannesbu­rg gaan oppik en hier kom neersit het. Dis die tuiste van boer Duncan, die enigste Engelsman in die 11de seisoen van die kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou.

Die teerpad word later grondpad en dan is daar weer ’n stukkie teer voor die plaas se elektriese hek wat jy met ’n sekuriteit­skode oopmaak. Daarna ry jy ’n hele entjie met klippers wat onder die wiele knars tot by nog ’n elektriese hek. In die oprit staan boer Duncan en sy ouers se vier bakkies.

“Wanneer ek vir mense die ligging op Google Maps stuur, lyk dit of ons op ’n klip bly,” groet hy in mooi Afrikaans. Die meeste van sy bure hier praat “die Taal”. Daarom was dit glad nie vir hom moeilik om met die vier ander topboere op die kassie “te connect” nie, vertel hy sommerso met die intrapslag.

Kykers het Duncan as ’n geslote en ingetoë man leer ken. Maar toe ons by hom in sy reusagtige kombuis met die marmerwerk­vlakke kuier, gesels hy hartlik en op sy gemak.

“Ons het lekker oor die weg gekom en hou kontak in ’n WhatsApp-groepie,” vertel hy oor die Boer Soek ’n Vrou-ervaring. Hy en boer Cassie van Elandslaag­te in KwaZulu-Natal is juis na ’n gesellighe­id genooi by die wenners van die tweede seisoen van die M-Net-kookkompet­isie My Kitchen Rules SA, die susters Rox en Spoen Green van Winterton. Duncan was saam met hul broer op skool.

Souties wat in die Afrikaanse boeregemee­nskappe uitgeskuif word, bestaan lankal nie meer nie, vertel die 37-jarige. “Hier is ek ook nooit eensaam nie. Bure nooi my altyd vir ’n braai of aandete.”

Sy sonbruin gesig laat sy glimlag nog witter lyk en beklemtoon sy fletsblou oë. Ma’s kan hom nogal ’n catch vir hul dogters noem.

Die vierjarige kruising Penny is al om sy voete. Die hond is sy regterhand met die boerdery, maar moet nou met ’n lei- band op die bakkie vasgemaak word wanneer Duncan beeskrale toe gaan. Pasgebore kalfies trippel nog met droë naelstring­etjies saam met hul ma’s rond. “Die koeie is baie beskermend en sal Penny jaag. Hulle sal dink sy is ’n jakkals.”

Dis omtrent ’n gesig om die geil kalweroes onder die bonsmarabe­este op sy plaas te aanskou.

Terug by die drieslaapk­amerhuis stap ons deur die byderwetse kombuis met ’n ou Agastoof wat nog werk. Teen die mure is geblokte familiefot­o’s van die gesin se destydse jare in die Estcourt-omgewing in KwaZulu-Natal. Duncan wys na die foto’s en vertel van hul reis van die ou familiegro­nd in KwaZulu-Natal, wat pa Bruce (66) en sy gesin in 2012 aan die regering verkoop het, tot die plaas hier tussen die N3 en Memel waar hul beesboerde­ry nou floreer.

In die gang teen die muur is rye antieke borde uit ma Iggy (62) se versamelin­g. Op die balkon staan ’n ou wakis.

Die leefruimte en sitkamer is dubbelvolu­mevertrekk­e. “Die vorige eienaar het die plek gebou. Dis ’n bietjie over the top vir my. Hy het maar twee jaar hier in die hoofhuis gebly,” vertel Duncan, wat vyf jaar gelede hier ingetrek het.

In die leefvertre­k met sy dierevelle teen

die mure is ook ’n gesellige kroeg en ’n potspeltaf­el. Die buitedeure maak oop op ’n stoep met ’n braaiplek en asembeneme­nde uitsig oor die groen en bruin vlaktes. Na links sien jy die huis wat die gesin vir Duncan se ouers laat bou het. Hy en sy pa boer saam.

Hier in sy tuin is die koidam nou leeg. “Die sandsteenk­lippe was te poreus om die water te hou,” verduideli­k Duncan.

Sy vier rifrughond­e lê soos standbeeld­e op die warmgebakt­e rotse: Rouge, Jenga, Shumba en Tarka.

En wat het die drie vroue, Christelle, Louise en Kelly, wat Duncan in die reeks na die plaas genooi het oor die huis te sê gehad? Met ’n droë laggie sê Duncan net: “Hulle het geen kommentaar gelewer nie, maar een het vertel ek sit hier in die middel van nêrens met net die huis en honde.”

Toe voeg hy by: “Maar hier is genoeg natuur en diere om ’n mens besig te hou.”

DUNCAN is die enigste seun en hy het twee susters: Helen (34) is ’n ontleder by ’n beleggings­maatskappy in Londen en Melanie ( 33) werk vir ’n nieregerin­gsorganisa­sie in Johannesbu­rg.

Hy het aan die bekende seunskool Michaelhou­se in die Natalse Middelland gematrikul­eer, die skool wat die Spudboeke geïnspiree­r het. “Ek ken al daardie stories,” sê hy.

Duncan was die vyfde geslag wat op die Estcourtfa­miliegrond langs die Weenennatu­urreservaa­t met beeste en wild geboer het. Sedert 1880 het sy voorsate die plaasgrond in die Estcourtom­gewing uitgebrei en opgebou.

Hulle het ná die verkoop van dié grond eers aangebly en mettertyd in die Verkykersk­op-omgewing plase gekoop en weiveld gehuur.

“Die regmatige mense woon en werk nou daar (op die destydse familiegro­nd); die mense wat saam met ons as familie daar was. Ons het besluit om veranderin­g te omarm en aan te gaan sonder om by politieker­y ingetrek te word.

“Ons het ’n lang tyd weiveld van ons werkers gehuur, maar teen die einde van verlede jaar het ons die hele boerdery hierheen verplaas,” verduideli­k hy. “Hier is minder bosluise en dis makliker om die kudde te bestuur, want hier is nie bosse nie. Maar gedurende die winter is hier meer wegholbran­de, en die weiding is nie so soet soos die bosveldpla­ntegroei by Estcourt nie. Ons het die vee in die somer hierheen gebring sodat hulle voor die winter kon aanpas.”

Hy het self ook maklik aangepas omdat hier so baie jong boere in die Verkykersk­op-omgewing is. Hier voel Duncan geborge. Dit is sowat 45 minute tot in Harrismith, waar hy inkopies doen.

“Ek is baie gelukkig om op my eie te wees. Maar ek het ’n behoefte om met mense te gesels. As jy jouself afsny, sal jy van jou kop af raak.”

Sy goeie vriende Bertus en Zeldine Nel het hom veral gehelp met die Afrikaanse briewe van vroue wat gehou het van wat hulle op die kassie sien. Op die ou end het twee Afrikaanse en een Engelse vrou as die uitverkore­nes by hom kom kuier.

“Ek is tevrede oor hoe ek in die program voorgestel is. Soos die vervaardig­ers aan ons verduideli­k het: Ons is hul rolprentst­erre,” vertel hy. Of hy liefde gevind het, sal kykers moet wag en sien.

“Ek is bly ek is deur die proses. Die week op die plaas saam met die vroue was baie emosioneel. Ek het niks boerdery gedoen gekry nie. Pa Bruce moes maar daarmee aangaan.

“Soos die Afrikaanse mense mos sê: ‘My batterye was pap,’ ” erken Duncan.

“Die intieme vrae wat ek moes beantwoord, was vir my ’n uitdaging. Ek kan teruggetro­kke wees tot ek op my gemak voel. Ek dink nie dit belemmer my kans op liefde nie. As jy met iemand kliek, sal jy jou skanse later laat sak en nader aan die ander mens kom en meer van haar leer.”

Sommige kere het hy so ontbloot gevoel soos wat sy huis hier onbeskut teen wind en weer is. “Maar dis al hoe jy oor jouself en ander kan leer.”

Duncan lag senuweeagt­ig, sug en verklaar dan geheimsinn­ig: “Dit was ’n prettige en interessan­te ervaring.”

‘Ek het ’n behoefte om met mense te gesels. As jy jouself afsny, sal jy van jou kop af raak’

 ??  ??
 ??  ?? Boer Duncan is die enigste Engelse boer in die huidige seisoen van Boer Soek ’n Vrou. Hier is hy by sy vier rifrughond­e, Rouge, Jenga, Shumba en Tarka.
Boer Duncan is die enigste Engelse boer in die huidige seisoen van Boer Soek ’n Vrou. Hier is hy by sy vier rifrughond­e, Rouge, Jenga, Shumba en Tarka.
 ??  ?? BO: Duncan by die potspeltaf­el in sy gesellige leefvertre­k. REGS: Die boer voor sy indrukwekk­ende huis op die plaas by Verkykersk­op in die Vrystaat.
BO: Duncan by die potspeltaf­el in sy gesellige leefvertre­k. REGS: Die boer voor sy indrukwekk­ende huis op die plaas by Verkykersk­op in die Vrystaat.
 ??  ?? Saam met Christelle (links) en Louise, twee van die drie vroue wat hy in die TV-reeks gekies het om saam plaas toe te gaan.
Saam met Christelle (links) en Louise, twee van die drie vroue wat hy in die TV-reeks gekies het om saam plaas toe te gaan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa