Huisgenoot

Demi-Leigh kyk terug op haar troonjaar

Met haar tyd as Mej. Heelal amper verby, kyk Demi-Leigh terug op haar hoogtepunt­e en minder lekker oomblikke

- Deur SHANAAZ PRINCE

SY WAS op die loopplank vir die wêreld se voorste ontwerpers, het die planeet platgereis en selfs by die Verenigde Nasies se Algemene Vergaderin­g gepraat. Nou kom die sprokiesja­ar van ons Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters, tot ’n einde wanneer sy die blink kroon op 17 Desember op haar opvolger se kop plaas. Maar sy het meer as genoeg herinnerin­gs om ’n leeftyd lank te koester.

“Die jaar het al my verwagting­s oortref, die bestes en die slegstes,” vertel die skoonheid uit die woonstel in 57th Street, New York, wat die afgelope jaar haar huis was. Sy is net 23 jaar oud; daarom was dit te wagte dat sy soms oorweldig sou voel.

“’n Mens besef nie wat dit van jou vat om na ’n ander land te trek waar jy niemand ken nie, nuwe vriende moet maak en die vervoerste­lsel moet leer ken nie. En dit was vir my erg sonder my hond, Benji. Gelukkig stuur my ma darem elke dag vir my foto’s van hom.”

Hoewel die Groot Appel nie altyd ’n maklike plek is om in te woon nie, het die stad hom in haar hart ingewurm, vertel sy. Die gewoel wat nie eens snags ophou nie, die konstante getoeter van die geel taxi’s, die helder ligte van Times Square; sy het op alles verlief geraak. En ook op ’n man: die beroepsbof­balspeler Tim Tebow.

Dié twee het mekaar in April vanjaar ontmoet en gou begin ogies maak. Hul verhouding het eers in Julie bekend geword toe sy suster, Katie, ’ n foto op Instagram deel van Tim met

sy arm om Demi-Leigh se slanke lyf.

“Ja, ek het ’n man hier ontmoet,” erken sy. “Ek dink ons was nogal diskreet en het ons privaathei­d mooi beskerm. Ons kies wat ons wil bekendmaak oor ons verhouding; dis hoe ons albei dit verkies. Ek het verhouding­s nog altyd ernstig opgeneem, ook dié met vriende, en dis iets waaraan ek baie waarde heg. Ek raak nie by verhouding­s betrokke as ek nie potensiaal sien op lang termyn nie, want ek dink dis net te spesiaal.”

Sy kyk nou terug op haar opwindende jaar en sê sy sal altyd dankbaar wees vir die deure wat vir haar oopgemaak is.

“Wat jy glo, is wat jy sal bereik,” sê sy. “Ek was nooit seker dit sou my lewe wees nie. Maar diep in my hart het ek hiervan gedroom en gewerk om dit te bereik.”

AS ’N mens na Demi se Instagramf­oto’s kyk, lyk haar lewe so blink en opwindend, jy kan nie anders as om ’n bietjie jaloers te voel nie. Die lewe in die betonoerwo­ud pas haar soos ’n handskoen: Op elke foto kan jy haar deur ’n ring trek met haar volmaakte grimering, blink bos hare en ontwerpers­klere. Maar moenie dink dis alles maanskyn en rose nie, sê Demi gou.

“Mense dink ek word soggens wakker en ’n haarstilis en grimeerkun­stenaar staan gereed om my mooi te maak. Dis nie so nie,” verduideli­k sy. “Dis ’n voltydse werk om Mej. Heelal te wees. Baie kere het ek drieuur in die oggend van ’ n oorsese reis teruggekom en dan moes ek negeuur die oggend by ’n geleenthei­d wees. Ek weet nie hoe ek dit gedoen het nie. Ek het myself verras.”

Sy vertel van ’n paar keer dat sy onverwags teenspoed gehad het. Een was dat taxibestuu­rders haar skeef aangekyk het wanneer sy van die “robot” gepraat het; hulle ken dit as ’n “traffic light”. Sy kon ook nie sommer in ’n apteek instap om haar gebruiklik­e pynstiller te koop nie, want dit is nie hier beskikbaar nie.

Die een ding waarop sy trots is, is dat sy getrou gebly het aan haarself.

“Ek dink nie ek het my aksent verloor nie. Mense vra my nog waar ek vandaan kom. Terloops, hulle dink die SuidAfrika­anse aksent is mooi,” vertel sy.

“Ek praat baie Afrikaans, of hulle dit nou verstaan of nie. Afrikaans is so beskrywend. Ek kan nooit, wanneer ’n stilis met my hare besig is, verduideli­k ek is nie kleinserig nie.”

Sy het vreeslik na haar mense verlang, veral toe haar pa, Bennie Peters (55), ’n rugoperasi­e moes ondergaan, haar ma, Anne-Mari Nel (57), ’n nekoperasi­e moes kry en haar sussie, Franje (12), siek geword het.

“Dit was moeilik om nie daar te wees met die operasies nie. Jy kan nie net in jou motor klim en daarheen ry nie. Toe my sussie siek was, was dit moeilik om aan die ander kant van die aarde te wees. ’n Mens voel so hulpeloos.”

Daarby maak die tydsverski­l tussen die lande dinge ingewikkel­d. (Suid-Afrika is sewe uur voor New York.)

“Ek word wakker wanneer almal by die huis bed toe gaan.”

Gelukkig het albei haar stelle ouers haar besoek. In September het Bennie en haar stiefma, Elzabe (44), en Anne-Mari en haar stiefpa, Johan (60), New York toe gekom. “Ons het ’n stadstoer gedoen; Brooklynbr­ug, Grand Central Station, 5th Avenue, Central Park. Dit was pret,” sê sy.

Om die kroon te span was Tim en sy gesin ook in die stad en kon almal mekaar beter leer ken.

Demi en Tim (31) het mekaar einde April ontmoet nadat hy ’n onderhoud gesien het waarin sy oor haar suster praat. Franje is met subtotale serebellêr­e ontwikkeli­ngstuiting gebore. Dit is ’n seldsame toestand waar die brein sonder ’n serebellum (kleinharsi­ngs) ontwikkel.

Hy het haar toe gekontak omdat sy stigting, die Tim Tebow Foundation, bewustheid skep en geld insamel vir kinders met spesiale behoeftes.

Tim hou elke jaar ’n formele dans vir kinders met gestremdhe­de in 20 lande wêreldwyd, insluitend Suid-Afrika. Dié dans is amper soos ’n matriekafs­keid.

“Tim het my, Franje en ons ouers genooi om by die geleenthei­d betrokke te raak,” sê Demi-Leigh. “Ons het daaroor begin gesels en mekaar beter leer ken.”

Tim het in ’n onderhoud met die sport- kanaal ESPN gesê Demi “is ’n spesiale vrou en ek is gelukkig en geseën dat sy in my lewe is”.

Die twee is familievas en gelowig. Demi- Leigh se stiefma, Elzabé, het vroëer aan Huisgenoot gesê Tim se geloof is vir hom net so belangrik soos dit vir Demi is. Hy is ’n lid van die Fellowship of Christian Athletes, wie se lede onderneem om ’n maagd te bly tot hulle trou. Hy deel ook gereeld Bybelverse met sy 1,4 miljoen aanhangers op Instagram.

Demi en Tim kry nie baie tyd om saam te wees nie, want albei se program is propvol. Wanneer hullewelhu­llewel kuiertyd het, gaan eet hulle in hul gunsteling­restauran-

te, kyk flieks en voer diep gesprekke.

Demi hou daarvan om vir hom kos te maak. “Hy volg ’n ketogenies­e eetplan (baie vet, matige hoeveelhed­e proteïen en min koolhidrat­e); dus is dit altyd vir my lekker om nuwe resepte te probeer uitdink.

DIS Dankseggin­gsnaweek in Amerika toe ons gesels en Demi is besig om haar tasse te pak, dié keer vir ’n naweek in Florida saam met die Tebows. “Ek sien uit na my eerste regte Ameri Amerikaans­e Dankseggin­g,” sê sy.

Dit was ’n jaar vol eer- stes. Sy het meer as 16 lande besoek, onder meer Egipte, Thailand, Indonesië, Mexiko, Frankryk, Ecuador en Indië.

Sy het in September in New York die Verenigde Nasies toegespree­k as ambassadeu­r van Smile Train, ’n organisasi­e wat kinders met ’n gesplete verhemelte help.

Nadat sy haar kroon kort voor Kersfees in Thailand aan haar opvolger oorhandig het, gaan sy nog nie heeltemal tot siens sê aan haar lewe in Amerika nie.

Sy beplan om in New York te bly en het ’n modelkontr­ak met IMG Models daar geteken. Hulle H bestuur topmodelle soos Gigi en Bella Be Hadid, Rosie Huntington­Whiteley en Candice Swanepoel.

“Ek wil graag voltyds modelleer en wil meer werk as motivering­spreker doen,” sê Demi. “Ek is mal oor die modebedryf en hopelik sal ek my graad in sakebestuu­r en entreprene­urskap in daardie rigting kan aanwend.”

Vir Kersfees kom sy vir ’n week huis toe, waar sy tussen haar twee ouerhuise op Sedgefield en in Potchefstr­oom sal kuier. En die kêrel kom saam.

“Dit sal sy eerste besoek aan SuidAfrika wees; dus is ek opgewonde en ek wil dit spesiaal maak vir hom. Ek wil hom wys waar ek grootgewor­d het.”

En teen die einde van Tim se kuier hier in haar hartland sal hy hopelik net so versot wees op biltong en braaivleis soos sy.

 ??  ?? HOOFFOTO: Dis tyd vir terugkyk. DemiLeigh Nel-PetersPe se warrelwind­jaar as Mej. Heelal kom oop 17 Desember tot ’n einde wanneer sy hhaar opvolger in Thailand kroon. ONDEONDER: Die pragtige Demi het nou ’n kontrak mmet die vooraansta­ande modelagent­skapagents­kap IMIMG Models geteken om van 2019 af modmodelwe­rk vir hulle te doen.
HOOFFOTO: Dis tyd vir terugkyk. DemiLeigh Nel-PetersPe se warrelwind­jaar as Mej. Heelal kom oop 17 Desember tot ’n einde wanneer sy hhaar opvolger in Thailand kroon. ONDEONDER: Die pragtige Demi het nou ’n kontrak mmet die vooraansta­ande modelagent­skapagents­kap IMIMG Models geteken om van 2019 af modmodelwe­rk vir hulle te doen.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die twee se ouers het mekaar ontmoet toe Demi se mense in September in New York gekuier het. Van links is Demi se stiefpa, Johan, haar ma, Anne-Mari, Tim, Demi-Leigh, Demi se stiefma, Elzabé, haar pa, Bennie, en Tim se ouers, Pamela en Robert. HEEL BO: Sy het haar eerste Dankseggin­gsfees saam met die Tebowfamil­ie in Florida beleef. Van links is Tim se broer Peter en sy vrou, Kenin, Tim se swaer Joey en sy suster Christy, Tim se broer Robby, sy suster Katie, Tim en Demi-Leigh.
BO: Die twee se ouers het mekaar ontmoet toe Demi se mense in September in New York gekuier het. Van links is Demi se stiefpa, Johan, haar ma, Anne-Mari, Tim, Demi-Leigh, Demi se stiefma, Elzabé, haar pa, Bennie, en Tim se ouers, Pamela en Robert. HEEL BO: Sy het haar eerste Dankseggin­gsfees saam met die Tebowfamil­ie in Florida beleef. Van links is Tim se broer Peter en sy vrou, Kenin, Tim se swaer Joey en sy suster Christy, Tim se broer Robby, sy suster Katie, Tim en Demi-Leigh.
 ??  ?? LINKS en REGS: Al was sy so besig, het Demi tyd gekry om ’n verhouding te begin. Sy en die Amerikaans­e beroepsbof­balspeler Tim Tebow is sedert April ’n paartjie.
LINKS en REGS: Al was sy so besig, het Demi tyd gekry om ’n verhouding te begin. Sy en die Amerikaans­e beroepsbof­balspeler Tim Tebow is sedert April ’n paartjie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa