Huisgenoot

Trump se ware ekonomiese telkaart

Donald Trump hou vol hy het gesorg vir ’n sterker Amerikaans­e ekonomie – maar hoe lyk sy telkaart regtig, en wat beteken dit vir Suid-Afrika?

- Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG

SY verkiesing­slagspreuk was “Make America Great Again”, en as jy so na Donald Trump se lofgesange aan homself luister, lyk Amerika se ekonomie onder sy presidents­kap sommer blink. Dit gaan beter as ooit, sê hy – maar is dit waar, en sal dit hou? The Don hou vol die dollar bult sy spiere te danke aan sý presidents­kap. Hy spog gereeld op Twitter die Amerikaans­e ekonomie is op koers sedert hy in die Withuis ingetrek het: “Ons ekonomie stel op feitlik elke front rekords op – dis waarskynli­k die beste wat ons land ooit gevaar het.’’ En: “In baie opsigte is dit die puikste ekonomie in die geskiedeni­s van Amerika.”

Hy het die stand van die ekonomie ook al gebruik as verweer teen sy ander politieke probleme: “Stel jy iemand in ’n staat van beskuldigi­ng omdat hy die grootste ekonomiese sukses in die geskiedeni­s van ons land geskep het?”

Maar gaan dit werklik beter met die Amerikaans­e ekonomie as voorheen – en is dit regtig danksy Trump? Of leef hy in ’n lugborrel wat dalk vorentoe sal bars?

Die dinge waaroor Trump spog

Die eerste helfte van sy vierjaarte­rmyn is gekenmerk deur beleggings­vriendelik­e stappe. Trump se aanhangers het hom geloof omdat hy belasting gesny, werkgeleen­thede geskep en Amerikaans­e ondernemin­gsgees aangevuur het.

En op die oog af lyk die syfers inderdaad goed. Op 3,7% is Amerika se werklooshe­id die laagste in byna 50 jaar. Vanjaar se ekonomiese groeikoers was 4,2% in die tweede en 3,5% in die derde kwartaal.

Trump hou ook geruime tyd al vol hy verdien die erkenning vir ’n stygende aandelemar­k.

Hy het wel stappe gedoen wat die Amerikaans­e ekonomie beïnvloed het. “Sy stimuluspa­kket – drastiese belastingv­erligting vir veral maatskappy­e – was ongetwyfel­d ’n geweldige ekonomiese inspuiting,” meen Dawie Roodt, hoofekonoo­m van die Efficient Group.

Trump het ook die vuis gebal vir China met sy sogenaamde handelsoor­log. Volgens hom beskerm hy Amerikaans­e produkte en bevorder hy werkskeppi­ng in die Amerikaans­e vervaardig­ingsbedryf deur goedkoop produkte uit China met swaar invoertari­ewe te belas. Volgens Dawie het dit effens gehelp, maar nie noodwendig vir lank nie . . .

Hy ploeg met sy voorganger­s se osse

Die verbeterin­g van die ekonomie het egter reeds onder oudpres. Barack Obama begin en dit duur maar net voort onder Trump, sê Carl Riccadonna, ekonoom van Bloomberg Economics.

Suid-Afrikaanse ekonome stem in ’n mate saam.

“Die Amerikaans­e ekonomie het al sterker begin word voor Trump president geword het,” sê Dawie. “Hy het bygedra tot ekonomiese groei, maar verdien beslis nie al die krediet nie.”

Ulrich Joubert, onafhankli­ke ekonoom en verskeie kere Sake24 se ekonoom van die jaar, beaam: “Een mens kan nie daarop roem dat hy alleen die Amerikaans­e ekonomie aan die gang gekry het of hou nie.”

Dawie meen ’n sleutelfak­tor in Ameri-

kaanse kaa k ekonomiese k i groei i“t “tot tb baie i groot t voordeel voo van Trump” was dat hul sentrale bank b 10 jaar gelede al met die finansiële sië krisis uitleenkoe­rse drasties verlaag het. he “Deur sogenaamde quantitati­ve

eas easing – hoeveelhei­dsverruimi­ng – het hu hulle massiewe kontantvlo­ei geskep en kr krediet Finansiële baie goedkoop wêreldmark­te gemaak.” het eers stadig op dié ingrypende stimuluspr­ogram ger gereageer, maar “dinge het geleidelik verbet beter en Trump kry nou die stertkant van dié losse monetêre beleid se positiewe impak”, sê Dawie.

U Ulrich stem grootliks saam: “Sedert 20 2010, ná die groot resessie, het daar geleidelik momentum in die Amerikaans­e ekonomie opgebou. Rentekoers­e is nog tot einde 2015 baie laag gehou. Toe is dit ook eers net met ’ n kwartperse­ntasiepunt verhoog. Die momentum het dus gespruit uit beleid waarmee die Fed (Federale Reserweban­k) sedert 2010 volgehou het.”

Dik Trump die waarheid aan?

Prof. Yuwa Hedrick-Wong, ekonoom en voorsitter van Mastercard se akademiese adviesraad, skryf in die saketydskr­if Forbes Trump se spoggery oor die sterk ekonomie is “misleidend”. Volgens Yuwa is die Amerikaans­e ekonomie beduidend swakker as wat dit lyk.

Die hoofrede daarvoor, volgens Yuwa, is dat die styging in die aandelemar­k waarvoor Trump die krediet opeis nie werklike investerin­g in die ekonomie weerspieël nie.

Yuwa verduideli­k Amerikaans­e maatskappy­e het hul groter kontantres­erwes (danksy Trump se korporatie- we belastingv­erligting) geb gebruik om hul eie aandele ter terug te koop eerder as vir nuw nuwe beleggings in die ekono nomie. Voor verlede ma maand het die Dow Jon Jones- en S&P 500-indeks dan ook weer skerp geval. A Ander syfers bevestig die Am Amerikaans­e ekonomie is nie die “beste ooit” soos Trum Trump graag spog nie. In 2014 was die groeikoers in die di tweede en derde kwartaal onderskeid­elik 5,1% en 4,9% – beter as in dieselfde tydpe tydperke onder Trump. In die l laat t 90’ 90’s h het t di die k koers vier jaar ná mekaar 4% verbygeste­ek. En in 1984 was dit 7,2%. Kortom, daar was al voorheen beduidend groter ekonomiese opbloei in Amerika as onder Trump. Die huidige werklooshe­idskoers van 3,7% is indrukwekk­end – maar tog was dit in die laat 60’s amper vier jaar lank net onder 4%. Steven Davis, ekonoom van die Hooverstig­ting, meen boonop Trump se handelsbel­eid kan vorentoe “’n groot klomp ekonomiese pyn veroorsaak”. Die onmiddelli­ke voordele van sy belastingv­erminderin­gs moet teen beduidende langtermyn­nadele opgeweeg word. Amerika se begrotings­tekort het met 17% tot R10 biljoen aangegroei in die jaar tot September, en dit sal na verwagting binne twee jaar R13 biljoen oorskry. Die “handelsoor­log” teen China was wel in sommige opsigte tot voordeel van die Amerikaans­e ekonomie, maar nie vir lank nie, sê Dawie. China het teruggeveg deur produkte uit Amerika ook met hoër invoertari­ewe te belas. En omdat Amerika so baie produkte uit China invoer, het pryse vir die Amerikaans­e verbruiker­s gestyg.

En hoe lyk die toekoms?

In sy veldtog om Republikei­nse kandidate in die onlangse verkiesing­s vir die Amerikaans­e huis van verteenwoo­rdigers en die senaat te steun het Trump graag oor die ekonomie gespog. Maar dit het nie veel vrugte afgewerp nie. Volgens ’n peiling deur die navorsings­groep Gallup in Oktober beskou 55% van Amerikaner­s die huidige ekonomiese toestande as uitstekend of goed en net 12% as swak. Nogtans het die Demokrate in die onlangse verkiesing­s die eerste keer sedert 2010 ’n meerderhei­d in die huis van verteenwoo­rdigers behaal. En in die senaat het die Republikei­nse meerderhei­d gekrimp. Die rede? Die omstrede Trump het almal buiten sy mees geharde ondersteun­ers vervreem.

Die soort ekonomiese groei onder Trump is waarskynli­k nie volhoubaar nie, sê Dawie. Buiten dat sy maatreëls Amerika se aansienlik­e skuldlas vergroot, plaas die “besonder lae werklooshe­idsyfer opwaartse druk op lone en salarisse. Daar is ook ander inflasiedr­uk. Toenemende inflasiedr­uk gaan beteken hul Fed sal rentekoers­e moet verhoog.”

Trump het gekla die Fed is “waansinnig” nadat hulle die prima-uitleenkoe­rs in September effens verhoog het en oor verwagting­s van nog ’n verhoging vandeesmaa­nd. “Maar as hulle dit nie vroegtydig doen nie, kan inflasie handuit ruk en sal hulle dan beleid moet volg wat die land weer in ’n resessie kan laat beland,” sê Ulrich. “’n Mens verwag teen die tweede helfte van aanstaande jaar weer

eF ’n verlangsam­ing in die Amerikaans­e groeikoers.”

Yuwa skryf Trump se besteding kan Amerika se begrotings­tekort teen 2020 van 4,5% tot 6% van die bruto binnelands­e produk verhoog. Dis ’n skokkend vinnige toename en beteken die regering sal geen fiskale vermoë oorhê om die ekonomie weer aan die gang te skop wanneer die volgende resessie tref nie.

‘Trump se spoggery oor die sterk ekonomie is misleidend’

 ??  ?? Pres. Donald Trump het die afgelope jaar gesê hy verdien die erkenning vir 'n sterk Amerikaans­e ekonomie, maar kenners is skepties.
Pres. Donald Trump het die afgelope jaar gesê hy verdien die erkenning vir 'n sterk Amerikaans­e ekonomie, maar kenners is skepties.
 ??  ?? Trump se handelsbel­eid kan vorentoe “’n groot klomp ekonomiese pyn veroorsaak”.
Trump se handelsbel­eid kan vorentoe “’n groot klomp ekonomiese pyn veroorsaak”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa