Huisgenoot

Nuutste Marstuig steek sy voelers uit

Dit Di was ’n enorme prestasie toe to InSight onlangs op Mars land lan om lig te werp op gebeure be miljarde jare gelede

- Saa Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG

DIE spanning in die Nasa-beheersent­rum was byna ondraaglik terwyl die vlugbeheer­der die meters tot by landing aftel. Toe sy oplaas “Landing bevestig!” roep, het pandemoniu­m uit pure verligting losgebars. Vir die ruimtewete­nskaplikes en -ingenieurs wat in Pasadena, Kalifornië, gevolg het hoe die tuig InSight Mars se oppervlak nader, was dié suksesvoll­e landing op 26 November vanjaar die beloning op dekades se werk en noukeurige voorbereid­ing.

Daar was so baie op die spel: Dit kon die triomfante­like begin van ’n nuwe fase in ruimteverk­enning inlui of in wrakstukke in Mars se rooi stof eindig. Wat hulle wel met sekerheid geweet het, is dat dit uiters moeilik is om enigiets op die planeet met sy dun atmosfeer en stofstorms te laat land.

Net om dié robotiese Marsbewone­r te kry waar hy nou is, was dus reeds ’n enorme ingenieurs­prestasie.

Wat gaan InSight nou vir die volgende Marsjaar, meer as twee aardjare, miljoene kilometers ver doer op die vierde plane planeet vanaf die son doen?

Satelliete en enkele verkenning­stuie kon uit beeldmater­iaal en monsters van die planeet se oppervlak inligting oor Mars verskaf – data oor sy atmosfeer, wentelbaan, spore van water en vulkane; ook dat dit moontlik is dat daar in die verre verlede dalk lewe op die planeet was.

Met Mars InSight word een van sy groot raaisels nou vir die eerste keer gepak: Wat skuil geologies gesproke onder sy oppervlak?

Dié robotiese tuig is vindingryk toegerus om diep binne Mars te kyk. Eindelik sal die sending wetenskapl­ikes help verstaan hoe Mars en ander rotsagtige planete soos die aarde en potensieel bewoonbare planete gevorm is en verander het. Dit sal groter begrip bring van prosesse van 4,5 miljard jaar gelede toe ons sonnestels­el nog jonk was.

Onder meer sal skuddings op ’n ander planeet vir die eerste keer gemonitor word; ’n selfbeheer­de “meganiese mol” sal die planeetkor­s diep binnedring; ’n seismomete­r sal direk op sy oppervlak gebruik word; en dis die eerste ruimtetuig op ’n ander planeet wat ’n robotiese arm inspan om instrument­e op te tel.

 ??  ?? Nasa se mense in Kalifornië juig en klap hande van vreugde toe die InSight-tuig se landing op Mars bevestig word.
Nasa se mense in Kalifornië juig en klap hande van vreugde toe die InSight-tuig se landing op Mars bevestig word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa