Huisgenoot

Grysaard bieg oor amper 100 moorde

Amerika se vermoedeli­k grootste reeksmoord­enaar vertel sonder berou hoe hy amper 100 vroue vermoor het

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK BRONNE: NEW YORK TIMES, ABC ACTION NEWS, CNN, NBC NEWS, FOX NEWS, THE GUARDIAN, SOUTH CHINA POST, FBI.GOV

DIE grys ou man wat in sy rolstoel vooroor gebuig sit, lyk nie juis gevaarlik nie, maar moenie dat dit jou flous nie. Samuel Little is moontlik die reeksmoord­enaar met die meeste slagoffers in die Amerikaans­e geskiedeni­s.

Hy is al vier jaar agter tralies terwyl hy lewenslang­e vonnisse vir die moorde op drie vroue in die 1980’s in Los Angeles uitdien. Maar as die nuwe bewerings waar is – en sekere voorste forensiese kenners in Amerika meen dit is – is dit maar die puntjie van die ysberg van Little se moordtog.

Die 78-jarige voormalige bokser beweer hy het 90 moorde oor die land heen gepleeg voor hy destyds vir die drie moorde aangekeer is.

Sy skokkende bewerings is onlangs deur die owerhede onthul en bring dalk afsluiting vir families wat dekades lank in die duister was oor wat met hul geliefdes gebeur het.

Little word al maande lank in ’n onder- vragingsve­rtrek in ’n gevanangen­is in Texas saam met die Amerikaans­e speurdiens ns (FBI) en ondersoeke­rs van an oral in Amerika afgesonder er terwyl hy in die fynste beesonderh­ede – en sonder ’n greintjie berou – beskryf yf hoe hy amper 100 vroue ue vermoor het.

Sy modus operandi het et selde afgewyk. Sy slagoffers rs was kwesbare vroue, dikkwels prostitute en dwelmmslaw­e wat hy in kroeë en op p straat opgepik het.

Eers het hy sy slagoffer r met brute krag oorweldig g – hy het een so hard met t die vuis in die maag geslaan aan dat hy haar rug gebreek het – voor hy h hulle ll verwurg en die lyk weggegooi het.

Al staan hy 80 se kant toe, sê die owerhede Little kan die grusame detail goed onthou – watter motor hy bestuur het, hoe die vroue gelyk het en waar hy van hul lyke ontslae geraak het, onder meer in ’n as- d drom, ’ ’n garage en onder d ’ ’n pekanboom. k b

Die ondersoeke­rs sê Little praat meestal saaklik en soms lag hy.

“Ander kere praat hy vinnig en met soveel opgewonden­heid dat hulle sukkel om sy woorde te verstaan,” skryf Timothy Williams van die New York Times.

Little se skielike bekentenis is nie ’n begeerte om naby die einde van sy lewe vir sy sondes te boet nie; dit het meer daarmee te make dat hy die Ectordistr­iksgevange­nis in Texas verkies. Hy is daarheen oorgeplaas op voorwaarde dat hy met die owerhede praat.

Boonop lyk dit of Little, wat deur speurders as ’n “charismati­ese psigopaat” beskryf word, heel trots op sy verlede is.

“Ondervraer­s sê dit lyk asof hy die aandag geniet terwyl hy besonderhe­de opnoem wat net ’n moordenaar kan weet nadat hy dit dekades lank met niemand bespreek het nie,” sê Timothy.

Teen ons druktyd het die owerhede ’n verband gekry tussen Little en 30 van die moorde wat hy onlangs erken het.

As almal bevestig word, het Little amper dubbel soveel mense as die Green Rivermoord­enaar, Gary Ridgway, vermoor. Dié het met 49 slagoffers die meeste skuldigbev­indings aan moord in Amerika.

“Teen die tyd dat ons klaar is,” sê Bobby Bland, ’n distrikspr­okureur, “verwag ons Samuel Little sal as die produktief­ste reeksmoord­enaar in Amerika bevestig word.”

LITTLE het sy ma al as ’n prostituut beskryf en is deur sy ouma in Ohio, Amerika, grootgemaa­k. Hy het reeds in sy vroeë tienerjare met die gereg gebots. Nadat hy op hoërskool uitgesak het, het hy werk in ’n begraafpla­as en as ’n ambulansdr­ywer gekry, maar nooit lank op een plek gebly nie.

Jare lank het hy van die een staat na die volgende gery, winkels besteel en sy buit uit die kattebak van sy motor verkoop. A Agterna het hy vroue uitgesoek.

“Dit was diefstal bedags, moord snags,” sê Mitzi Roberts, ’n speurder van Los Angeles wat aan sy driedubbel­e moordsaak gewerk het. “Ons het heeltyd vir ander polisiedep­artemente probeer sê: ‘Dié gewelddadi­ge aanvaller is in jou agterplaas; j jy wil hom dalk ondersoek . . .’ ”

Al is hy amper 100 keer in hegtenis geneem, meestal op aanklagte van aanranding en diefstal, het Little nie meer as twee en ’n half jaar in die tronk deurgebrin­g nie.

“Hy het keer op keer losgekom,” sê Beth Silverman, ’n aanklaer van die Los Angeles-distrik. “Agentskapp­e oor die land heen het met dié saak foute gemaak.”

In die laat 1980’s is die lyke van Carol Alford, Audrey Nelson en Guadalupe Apodaca onderskeid­elik in ’n steeg, ’n vullisdrom en ’n verlate kommersiël­e garage in Los Angeles aangetref. Maar DNS-bewyse het Little eers in 2012 met die moorde verbind.

In 2014 is hy eindelik voor die gereg gebring en tot lewenslang­e tronkstraf gevonnis. Hy is in ’n gevangenis in Los Angeles opgesluit tot die FBI se program vir die inhegtenis­neming van gewelddadi­ge misdadiger­s (ViCAP) in Little se geskiedeni­s begin krap en ’n onheilspel­lende patroon bespeur het.

“Ons het ’n saak in Odessa, Texas, gekry wat baie soos hy geklink het,” sê Christina Palazzolo, ’n misdaadont­leder by ViCAP. “Ons kon hom plaas dat hy in dieselfde tyd deur die gebied beweeg het.”

Die geval was dié van Denise Christie Brothers (38), wie se verwurgde lyk in 1994 op ’n oop erf in Texas aangetref is. Die staatspoli­sie van Texas, wat lankal hoop laat vaar het om Denise se moordenaar op te spoor, het beampte James Holland na Los Angeles gestuur om met Little te praat. En nadat Little ’n ooreenkoms aangegaan het dat hy na die tronk van sy keuse oorgeplaas word, het hy met die sak patats vorendag gekom.

LITTLE het ook die moord op die 24-jarige Melissa Thomas beken. Haar naakte lyk is in 1996 onder ’n pekanboom in ’n begraafpla­as agter ’n kerk in Opelousas, in die Amerikaans­e deelstaat Louisiana, aangetref. Met walglike duidelikhe­id het Little aan speurder Crystal LeBlanc van Opelousas vertel hy het Melissa op straat ontmoet en hulle het na die nabygeleë begraafpla­as gery om dwelms te gebruik. Toe hulle na die agtersitpl­ek skuif om seks te hê, het hy haar nek begin streel en Melissa het bang geraak, vertel Crystal.

“Hy sê sy het gevra: ‘Hoekom vat jy heeltyd aan my nek? Is jy ’n reeksmoord­enaar?’ ”

Die owerhede meen Little se moorde was seksueel gemotiveer­d, maar volgens Beth neem hy aanstoot as jy hom ’n verkragter noem.

Hoewel sy semen aan party van sy slagoffers gekry is, beweer Little hy het erektiele probleme en het hulle nie verkrag nie.

“Die manier waarop hy seksuele bevredigin­g kry, is tydens die verwurging,” sê LeBlanc.

Die FBI sê Little, wat aan diabetes en ’n hartsiekte ly, sal waarskynli­k tot met sy dood in Texas in die gevangenis bly.

“Die doel is nou om sy slagoffers te identifise­er en afsluiting en geregtighe­id in onopgelost­e sake te bied,” sê hulle in ’n verklaring.

Elke speurder, FBI-agent en prokureur wat in die onderhoudv­ertrek ingestap het om een van Little se stories te hoor, is dit oor een ding eens.

“Jy sit saam met boosheid in sy suiwerste vorm,” sê sers. Michael Mongeluzzo van die distrik Marion.

Tim Marcia, ’n speurder van Los Angeles, beaam: “Ek het in sy oë gekyk en suiwer boosheid gesien.”

 ??  ?? VAN DIE SLAGOFFERS Audrey Nelson (LINKS LINKS BO) en Rosie Hill (REGS BO) is ttwee van die tientalle vroue aan wie se moorde Samuel Little (REGS) onlangs skuld beken het. Little, wat aan ’n hartsiekte en diabetes ly, is van ’n gevangenis in Los Angeles na die Ectorgevan­genis in Texas verplaas.
VAN DIE SLAGOFFERS Audrey Nelson (LINKS LINKS BO) en Rosie Hill (REGS BO) is ttwee van die tientalle vroue aan wie se moorde Samuel Little (REGS) onlangs skuld beken het. Little, wat aan ’n hartsiekte en diabetes ly, is van ’n gevangenis in Los Angeles na die Ectorgevan­genis in Texas verplaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa