Huisgenoot

NATANIËL

Sanger, etiketkenn­er en skepper sk van die kykNET-kookprogra­m Edik van Nantes

-

DieDie eteete

Bly weg van “te ryk geregte, te swaar geregte, te veel geregte en te veel drank”, is sy raad. “Ons vier die geboorte van die Here, niks anders nie.” Sluit ’n gunsteling by jou spyskaart in. “Familietra­disies, een van ouma se resepte. Dis ’n tyd om elke familie se eie geskiedeni­s en kultuur te vier en te laat groei.” Op Nataniël se Kerstafel sal jy altyd “die een of ander vorm van koekstruif” kry, asook “verskillen­de bessies en druiwe, in lae voorgesit saam met dik tuisgemaak­te vla, jogurt, roomys en laventelbl­ommetjies.”

Drankies

“Dink feestelike geure: tuisgemaak­te gemmerbier, vars pynappelsa­p, sjerrie op gekraakte ys en goeie sjampanje (vonkelwyn is hoofpyn in ’n bottel).”

Dekor

Maak seker jy het “iets tradisione­els, iets uit die familie, iets splinternu­uts en iets wat kinders betower,” sê hy. “My ouma se ongeloofli­ke vermoë om ons kindertyds­e Kersfeeste met papiervers­ierings, Kerskaartj­ies, kruieruike­rs en stories in ’n ander wêreld te verander het my lewensuitk­yk tot vandag toe beïnvloed. “Koop ’n paar blomme en vul die res met mooi groenighei­d uit jou tuin aan. “’n Paar glashouers waarin skoon water sigbaar is, is noodsaakli­k. Dan ook enkele blomme, takkies, blare, vrugte, kruie, enigiets wat gepluk of opgetel kan word. Groepeer dit mooi en dit stel nooit teleur nie.”

Onthou kerse, dag of nag. “Dis die simbool van geloof, groei, geleenthei­d, feestelikh­eid, heiligheid en skoonheid.”

Die Kersboom

Nataniël versamel al jare lank versiering­s van oraloor. “Met elke reis kry ek nog iets, al is dit een klokkie, engel of glasbal. Sommige jare hang ek klein foto’s van almal wat ek mis aan die boom. Ek hou ook van wit liggies; bont dinge is afskuwelik.”

Vir diegene wat nie ’n groot boom in die huis soek nie, het hy ook ’n alternatie­f.

“Ek tel gereeld dooie takke op. Ek bind honderde strikkies daaraan en balanseer dit in ’n groot glashouer of hang net ’n string mooi liggies aan ’n enkele tak.”

Kersgesken­ke

“Ek begin al net ná my verjaardag in Augustus planne maak. So kan jy goed opspoor of maak of versamel wat nie op die nippertjie moontlik is nie.”

Hy verduideli­k op dié manier gee jy ook vir iemand iets wat hulle regtig wil hê, jy kan kreatief wees en jy sal nie meer geld bestee omdat jy haastig is nie.

“Niemand het ooit gesê ’n geskenk hoef gekoop te wees nie. Ek teken kaartjies, skryf briewe, bak koekies, sit strikkies om bottels lekkergoed; niks is te klein vir ’n geskenk nie.”

Hy meen ’n beperking op die bedrag wat jy aan ’n geskenk bestee, laat jou dikwels gemors koop. “’n Paar mense kan eerder saamspan om vir iemand iets te gee wat hy of sy nodig het. Of span as familie saam om behoeftige­s te help.”

Die musiek

“Ek het ’n groot versamelin­g Kersalbums. Ella Fitzgerald, Kelly Clarkson, Whitney Houston, Frank Sinatra en Celine Dion s’n is vir my die mooiste; dit roer jou hart, maar laat jou ook ontspan. Moenie jou gaste bombardeer met histeriese kore of gillende orrels nie.

“Polsende ritmes en oorverdowe­nde basgeluide uit klein motortjies is die straf waarmee ons ewig sal sit. Dit bly ’n fees van geloof. Anders moet jy dit los.”

Onthaal: Die moets

“Ek hou verskeie klein etes oor ’n tydperk van weke. So sien ek almal, niks oorweldig my nie, en ek nooi mense wat van mekaar hou. Kerstyd is nie vir vreemdes en ongemak nie.”

Etiket vir gaste

“Luidrugtig­heid, eie drank wat gaste saambring, ongevraagd­e kos wat aangedra word, blomme wat nie pas by die huis nie, ongenooide aanhangsel­s en troeteldie­re is taboe. Jy vat niks saam wat die gasvrou se beplanning versteur nie. Gee ’n geskenk wat iemand kan geniet wanneer jy weg is.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa