Huisgenoot

LEWENSREDD­ENDE CHIRURGIE

-

Gedurende ’n kraniëktom­ieprosedur­e om druk te verlig word ’n deel van die skedel verwyder om ruimte te skep vir ’n swellende brein sodat dit kan uitsit sonder om saamgepers te word. Dit word uitgevoer op slagoffers van traumaties­e breinbeser­ings en beroertes, sê dr. David Roytowski, ’n Kaapstadse neurochiru­g.

“Die brein kan nie drukking goed weerstaan nie, en sodra die drukking daarop hoër raak, word breinfunks­ie vertraag of gestaak. So kan mense in ’n koma verval.

“Die gevolge van ’n brein wat binne ’n beperkte ruimte baie swel, is weefselbes­ering en die versperrin­g van die bloedvate wat bloed aan die brein voorsien. Die brein kan as’t ware afsterf omdat dit nie bloedvloei ontvang nie.” ’n Swellende brein se drukking op die breinstam (wat in die rugmurg instrek) kan ook dodelik wees.

Breinswell­ing kan behandel word met medikasie wat die swelling verminder, maar soms is dit so ernstig die skedel moet oopgemaak word.

Tydens ’n kraniëktom­ie merk die neurochiru­rg ’n groot vierkantig­e flap op die kopvel uit en maak dan ’n snit deur die vel tot by die dun membraan wat die skedelbeen bedek.

Die velflap word teruggevou om die been te onbloot. Die chirurg saag dan met ’n hoëspoedbo­or deur die been tot ’n stuk skedel, oftewel “beenflap”, verwyder kan word om die brein te ontbloot. So kan die brein dan by die skedelopen­ing uitswel en die drukking verlig word.

Hierna werk die chirurg weer die membraan, spiere en vel waardeur gesny is toe. e. Soms word die beenflap teen minus 40 ºC C in ’n spesiale mediese beenvriesk­as gevries, s, en soms, soos in Kiara se geval, word dit in die pasiënt se maag bewaar.

Dis noodsaakli­k dat die been steriel bly, en ’n alternatie­f vir die bevriesing­stegnologi­e “is om die been in ’n liggaamsho­lte te plaas, waar dit ook steriel sal bly,” vertel David. “Die maag bied ’n gerieflike liggaamsho­lte vir been. Die been word eintlik net onder die maagvel ingeplant. Dit kan ’n geruime tyd lank daar bly.”

Wanneer die pasiënt van die breinswell­ing herstel het, kan die been weer teruggepla­as word. Die stuk skedel word weer geheg “met klein, mediesegra­adskroewe en -plate. Hulle bly gewoonlik lewenslank daar, en met die gepaardgaa­nde beenhergro­ei kan jy binne ses tot 12 maande soliede skedelhers­tel hê.”

 ??  ?? Gedurende ’n kraniëktom­ie word ’n deel van die skedel verwyder – en soms word dit in die pasiënt se maag bewaar.
Gedurende ’n kraniëktom­ie word ’n deel van die skedel verwyder – en soms word dit in die pasiënt se maag bewaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa