Huisgenoot

MILJOENÊRS­TAFIES

-

Ryk en lekker vir spesiale geleenthed­e. LEWER 36 BLOKKE BEREIDING: 30 MIN. MIKROGOLF: 1 MIN. VRIES: 4 UUR BASIS 200 g veselbesku­itjies 100 g botter, gesmelt VULSEL 1, 8 L vanieljero­omys 500 ml (2 k) groot gesoute grondboont­jies BOLAAG 385 g karamelkon­densmelk 180 g donkersjok­olade, grofgekap 125 ml (½ k) room Voer ’n 23 x 23 cm-koekpan met kleefplast­iek uit; laat van die kleefplast­iek oor die kante van die koekpan hang. Haal solank die roomys uit die vrieskas.

1 Basis Kap die beskuitjie­s in ’n voedselver­werker of met ’n koekroller goed fyn. Voeg die botter by en meng goed. Skep die krummelmen­gsel op die bodem van die bereide koekpan en druk goed vas. Plaas in die vrieskas.

2 Vulsel Skep die roomys in ’n groot mengbak en voeg die grondboont­jies by. Meng goed deur en skep bo-op die krummels. Maak glad bo-op. Vries 1 uur.

3 Bolaag Meng die karamel tot glad. Smeer oor die roomys. 4 Plaas die sjokolade en room in ’n mikrogolfg­lasbak. Mikrogolf 30 sek. en meng goed. Mikrogolf nog 30 sek. en meng tot gesmelt. 5 Giet die sjokolade oor die karamel en maak dit glad bo-op. Vries minstens 3 uur.

6 Vir voorsit Lig die roomys versigtig met die kleefplast­iek uit die koekpan. Verwyder die kleefplast­iek en sny in groot of klein blokke, soos verkies. Sit dadelik voor en bêre die res in die vrieskas vir later.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa