Huisgenoot

MA SE KIND HAAKS MET STIEFPA

-

VEk en my man is nou twee jaar getroud. Ek het ’n seuntjie in die junior grade en saam het ons ’n kleuter. My man het ’n vaste werk en ek bly tuis by die kinders. Ons huwelik is wankelrig as gevolg van die skoonfamil­ie. Ek het vir my man gesê hy mag nie my seun dissipline­er nie. Ek voel dis my werk. Maar my seuntjie wil glad nie na hom luister nie, en dit maak hom kwaad. Sy biologiese pa bly ver van ons, en hy sien hom min. Ek weet nie meer wat om te doen nie. I op D

Om een gesin uit twee gesinne te vorm is ’n komplekse situasie wat goeie bestuur, openhartig­heid en tyd verg. Dit sal baie help as jy en jou man as ouers albei dieselfde benadering tot ouerskap, en nie net dissipline nie, kan volg.

’n Saamgestel­de gesin wat die grootste waarde daaraan heg om respek vir mekaar te kweek, sal baie verder kom as een wat die klem lê op wie vir dissipline verantwoor­delik is.

Baie ouers in jou situasie sal saamstem dat dit aan die biologiese ouer in ’n saamgestel­de gesin oorgelaat moet word om hul eie kind te dissipline­er. Maar dit kan die ander ouer uitgesluit laat voel.

Vele nuut saamgestel­de gesinne vind baat daarby as albei ouers die huisreëls maak en liefdevol toepas, maar wanneer hulle oortree word, die biologiese ouer die straf uitdeel.

Reëls vir jul huishoudin­g is belangrik, soos oor watter gedrag aanvaarbaa­r is en watter optrede nie deel van jul gesin se waardestel­sel is nie.

As die klem daarop val om ’n goeie verhouding tussen die kind en niebiologi­ese ouer op te bou eerder as om bloot dissipline te handhaaf, kan houdings in die gesin ten goede verander.

Maar as jy jou man bly uitsluit, sal die verhouding­s in jul gesin bly skeeftrek, want jy ondermyn dan jul gesag as ’n ouerspan.

Kinders let fyn op en is nie daarbo verhewe om die beste uit ’n situasie vir hulself te haal deur die ouers teen mekaar af te speel nie.

‘Dit verg werk en tyd om ’n gesin heg saam te snoer’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa