Huisgenoot

PA HET ANDER WITBROODJI­E

-

VOns het drie kinders. My man stel nie veel in hul opvoeding belang nie, behalwe om hulle soggens by die skool af te laai omdat ek vroeg werk toe moet gaan. Hy is wel begaan oor ’n ander kind hier naby ons wie se ouers swaarkry en vir wie hy met geld vir skoolklere en so aan help. Die kind is dikwels by ons aan huis en kry baie aandag van hom. My familie sien dit ook raak. Het jy raad oor hoe sy eie kinders sy aandag kan kry? H op K

A ’ n Mens hoef nie soos ’n enkelma te voel en op te tree terwyl jy met jou kinders se pa getroud is nie. Min interaksie met ’n ouer in hul vormingsja­re strek tot ’n kind se nadeel. Kinders het ’n verhouding met ’n ouer nodig en is nie net nog ’n taak om af te handel nie.

As hy soos ’n buitestand­er optree teenoor sy eie gesin en voorkeur aan ’n kind uit ’n ander gesin gee, kan dit wees dat sy band met jul kinders nie heg genoeg is nie.

Dit is geen verskoning of beskuldigi­ng nie, maar wel ’n rede om ’n openlike gesprek met hom te voer. Hy moet die besluit neem om te verander sodat julle as ’n span kan saamwerk om ’n hegte gesin te bou.

Jy kan egter nie verwag hy moet skielik die ander kind uit sy lewe uitsluit nie. Die kind sal dit nie verstaan nie en voel hy het iets verkeerds gedoen.

Jy kan wel ’n perk stel op hoe gereeld en vir hoe lank die kind by julle kan kom kuier. Kom met jou man ooreen dat jy ná so ’n besoek die kind sal terugneem huis toe, sodat jou man die ouers minder te sien sal kry. Hulle kan dalk op sy gevoel speel.

Ruim ook alleentyd vir julle as ’n gesin in, soos wanneer julle saam uitstappie­s onderneem of met vakansie gaan. Dit verg werk en tyd om ’n gesin heg saam te snoer – dit gebeur selde outomaties of oornag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa