Huisgenoot

CAMERON SCOTT

Dié23-jarigester­maakomtren­tnaamas akteur en rolprentma­ker

- d

Dié oudleerder van St. Stithians College woon in Olivedale, Johannesbu­rg. Hy het sy eerste internasio­nale rol in die Netflix-drama The Journey Is the Destinatio­n (2016) losgeslaan. Hy was verlede jaar net so bedrywig. Hy was te sien in die plaaslike webreeks One vs 1, die kortriller­fliek The Colosseum, wat in Amerika verfilm is, en die kortfliek The Relay, wat hy self geskryf het. Al die projekte is by die Africa Rising Internatio­nal Film Festival in Newtown, Johannesbu­rg, vertoon. Ons gesels met hom. Waar het alles begin?

Ek het ’n vrees gehad om voor mense te praat. In gr. 1 het ek ’n gedig op ’n eisteddfod voorgelees. Ek het ’n silwerdipl­oma gekry terwyl al die ander goud gekry het, maar ek het my vrees oorkom.

My eerste smakie van die verhoog was in gr. 2 toe ek die rol van ’n jakkals moes vertolk in die skoolprodu­ksie Die Boer en die Jakkals aan HeronBridg­e College (’n privaat skool in Johannesbu­rg).

Vertel ons van jou rol in The Journey is the Destinatio­n.

Dit was ’n pragtige begin vir my internasio­nale loopbaan; die mense saam met wie ek kon werk en die ervarings wat ek opgedoen het, is ongeloofli­k. Die fliek is in Johannesbu­rg en die Drakensber­ge geskiet. Ek het saam met die Amerikaans­e akteur Ben Schnetzer gewerk, wat in flieks soos 7 Days in Entebbe en Snowden was. Dit het my lus gemaak vir nog.

Waaroor gaan jou jongste kortfliek kortfliek, The Relay?

Dit gaan ein eintlik oor familielie­fde en hoe liefde alles kan ooorwin. oorwin.

Wat hhet het jjou jou ggeïnspire­er geïnspiree­r om dit te e skryf?

Die dood van ’n familie familievri­end se jonger broer, asook my verhouding met my m meisie van Amerika wat g geëindig het. Ons het uitg uitgemaak twee weke voor ek The Relay g geskryf het. Daard Daardie twee dinge is ’n goeie insp inspirasie vir eni enige skrywer.

WWj Waar jou j aankan hangers h dit sien?

Op rolprentfe­este oor die wêreld heen, soos die Fantastic Festival in Montreal Montreal, Kanada Kanada, en dieTribe die Tribeca-rolprentfe­es in New York. Privaat vertonings sal ook aangebied word vir gehore wat dit graag wil sien.

Wat geniet jy die meeste – toneelspee­l, vervaardig of skryf?

As ek regtig moet kies, sal dit toneelspee­l wees, want dit is die medium waardeur ons mense regstreeks kan inspireer, van hul werklikhei­d wegvoer en op ’n rit neem.

Jy was onlangs in Los Angeles, Kalifornië. Wat was die doel van dié besoek?

Om meer te leer oor dié groot masjien in die vermaakbed­ryf; hoe geld gemaak en invloed uitgeoefen word. Ek beskou dit as my tweede tuiste. Wat ek hou van Los Angeles is dat dit ’n genadelose stad van drome is; dit vereis ’n sekere soort mens, maar dis ’n pragtige stad, amper soos ons eie stede in Gauteng – dit het net ’n see en is veiliger. Ek bly by vriende wanneer ek daarheen gaan, maar wil graag my eie plekkie daar kry.

Is jou ouers ook in die vermaakbed­ryf?

My pa is ’n motorfiets­verkoopsma­n vir HarleyDavi­dson en my ma ’n skoolhoof by ’n baie gesogte laerskool. Ek bly in Olivedale. My ouers ondersteun my baie.

Wat was tot dusver die hoogtepunt van jou loopbaan?

Toe ’n vrou onlangs na afloop van die eerste privaat vertoning van The Relay in ’n privaat rolprentte­ater by die Wanderers-stadion in Johannesbu­rg huilend na my toe kom, my bedank en ’n groot drukkie gee.

 ?? Deur MYRON WEYERS ??
Deur MYRON WEYERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa