Huisgenoot

Juan Boucher los troudrome aan skerwe

Die sanger Juan Boucher het sy verlowing met die model Jaenette Jacobs verbreek ná ’n stormagtig­e verhouding

- Deur JANA VAN DER MERWE

SY ONTHOU die dag toe haar droom bewaarheid is nog soos gister. Teen sonsonderg­ang op ’n dek by ’ n wildplaas, met ’ n prentjiemo­oi uitsig op die Bosveld, het haar kêrel, die Afrikaanse countryroc­ksanger Juan Boucher, opeen knie gesak en haar gevra om met hom te trou.

Die herinnerin­g aan daardie onvergeetl­ike aand in April 2017, toe kerse ewe romanties in die vorm van ’n hart om hulle gerangskik was, laat Jaenette Jacobs (31) se oë ’n oomblik lank weer blink.

“Sjoe, dit was die beste tyd van my lewe,” vertel die donkerkopm­odel oor die weke ná hul verlowing toe hulle vir hul troue in Februarie vanjaar begin planne beraam. Maar nou het die blye afwagting vir bitter teleurstel­ling plek gemaak, want haar droom om Juan (34) se bruid te word, word lê aan skerwe. Die beplande sprokiestr­oue, wat hulle by die luukse Leopard Lodge by die Hartbeespo­ortdam wou hou, sal nou nooit ’n werklikhei­d word nie.

“Ons het ’n gastelys van meer as 100 mense gehad. Daar was so baie om na uit te sien. Dis immers ’n mens se groot dag. Hy sou ’n liedjie vir my skryf om uit te voer. Die kapel is op die perseel, en almal sou die aand om die boma kuier. Die tema sou ‘Bosveld’ wees; ons was baie lief vir die Bosveld . . .” vertel Jaenette, wat met haar sonbruin bikinilyf al in die manstydskr­if FHM gepryk het en in 2010 as Mej. Gauteng gekroon is. “Ons hou van gesels. Ons hou van so

cial,” voeg sy by, so asof sy vir ’n oomblik vergeet dit alles behoort nou tot die verlede. Want verlede April het Juan skielik op ’n dag, ná ’n verhouding van meer as twee jaar, padgegee uit die huis in Vereenigin­g wat hy met Jaenette gedeel het. Sy het nog tot Desember daar bly woon in die hoop dat hy na haar sou terugkom. Maar toe het hy en sy familie, insluitend sy twee broers, glo haar besittings vir haar gepak.

“Ek dink dis waar al die moeilikhei­d begin het,” sê sy oor Juan se jonger broers, ’n 30-jarige tweeling, wat in afsonderli­ke wooneenhed­e op dieselfde erf woon.

“Ons het nooit privaathei­d gehad nie. Wanneer ek en Juan hard gepraat het, kon sy broers ons aan die ander kant hoor.”

Waar ons in ’ n gesinsrest­aurant in Kempton Park gesels, vee Jaenette haar lang swart hare uit haar oë. “Ek glo nie ons verhouding sou so afgeloop het as ons op ons eie gaan woon het nie,” sê sy dan.

Toe Huisgenoot Juan om kommentaar nader, sê hy op sy beurt: “Ek dink nie dis regverdig om iemand te vra om tussen familie en ’n verhouding te kies nie.”

Hy beskryf sy verhouding met Jaenette tte as stormagtig. “Ek’s ’n stil en stemmige ge ou, maar soms het dit soos oorlog gevoel. el. Erger. Sy het my oor my familie aangevat, at, en ons is familiemen­se. My ouers en n broers het my nog altyd ondersteun. Ek k het belowe as ek die dag suksesvol is, s, koop ek vir my broers elkeen ’n huis – en n ek het. Ek was besig om van binne dood d te gaan.”

Hy het gehoop dinge sou verbeter toe e hulle verloof raak, maar dit het nie, sê ê Juan. “Baie mense verbreek verlowings; dis sekerlik jou laaste uitkomkans as jy y nie seker is nie . . .”

DIE sanger van Vereenigin­g en die brunet se paaie het jare gelede die eerste keer op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gekruis, maar daarna het hulle kontak verloor. In 2015 het Jaenette hom weer raakgeloop by een van sy optredes in Pretoria, waar dié deeltydse model ook as verkoopsbe­stuurder vir ’n ondernemin­g werk wat gesondheid­s- en veiligheid­sdienste lewer.

“Hy sê toe: ‘Hoor hier, kom speel in my musiekvide­o,” vertel sy van dié ontmoeting. Dit was die video vir sy treffer Oefen om te Soen, onthou sy en gee ’n bitter laggie. Kort voor lank was hulle ’n paartjie en het sy by hom in sy huis in Vereenigin­g ingetrek.

“Ons was baie goeie vriende. Ons het mekaar verstaan en aangevul. Ek het gedink dis die man waarvoor ek jare lank gebid het. Ek het net geweet: Dis die een – buite, binne, mans- en ambisiegew­ys. Ons het reeds vroeg daaroor gesels om eendag met ’n gesin te begin. Ons het selfs al babaname gehad!”

Maar alles was nie maanskyn en rose nie. Juan se sangloopba­an het hom dikwels van die huis weggeneem. Sy beweer nadat hy in 2017 ’n Ghoema gewen het as die publiek se gunsteling­sanger is hy ál meer vir optredes bespreek en het hy toe nog minder tyd by die huis deurgebrin­g.

Aanvanklik het sy saam na sy konserte gegaan, maar daar was sy in sy aanhangers se pad – letterlik. Soos die keer in Port Elizabeth toe Jaenette help CD’s verkoop en aanhangers haar weggestamp het om by Juan uit te kom. Een vrou het selfs ’n soen op sy wang geplant.

“Ek dink hy het gevoel die aanhangers gaan vir my ’n probleem raak. Ek het dit gerespekte­er. Ek wou nie hê hy moet dink hy kan nie sy beste by vertonings lewer omdat ek teenwoordi­g is nie. Ek was immers sy grootste ondersteun­er.”

Wat haar meer as sy vurige aanhangers gepla het, was dat hy skynbaar nie hul verlowing ernstig opgeneem het nie.

“Sy ding was: ‘Jy raak verloof om te kyk of dit gaan werk.’ Dit kon ek nooit verstaan nie,” sê Jaenette.

Sy glo Juan het nooit ’n vorige meisie se dood weens ’n motorongel­uk 14 jaar gelede verwerk nie. “Hy het baie in die verlede ve geleef, en ek het gedink dis dalk wat hom terughou. Hy het al gesê hy het nie ’n vrou in sy lewe nodig nie, want w dié meisie is altyd by hom; en ek moes m dit hoor. Waar laat dit my? Ek het minderwaar­dig m begin voel.”

Juan het ook nooit in die media oor haar h of hul verhouding gepraat nie. “Dit was w vir hom ’n groot kwessie om sy privaat p lewe privaat te hou. Dit het my laat la voel hy is bang om te wys hy het iemand ie in sy lewe, want hy is bang hy verloor v sy aanhangers.”

Sy onthou die aand in April 2018 toe di die krake in hul verhouding op ’n ramp afgestuur af het. Hulle het pas van ’n wegbreekna­week br op Mosselbaai teruggekee­r, ge maar die onmin oor sy broers wat wa onder dieselfde dak woon, het weer die oorhand gekry. Die volgende dag het Juan Jua net ’n onderbroek en kouse ingepak en die pad gevat. Drie maande later het hy teruggekom, maar nie om te bly nie. Net Ne om alles uit te praat en te bevestig dat da dit verby is tussen hulle.

Jaenette het nog tot Desember in die huis aangebly. “My plan was net om weer op my voete te kom,” sê sy en verduideli­k dat sy al haar goed verkoop het toe sy by Juan ingetrek het.

Sy erken dit was vir haar moeilik om te aanvaar dat die troue afgestel is. “Ek het toe meer op my knieë begin gaan en besef dalk het die Here ’n ander plan met my.”

Voor sy in Desember met vakansie Mosambiek toe is, het sy vir Juan se familie gesê sy sal aan die einde van die maand haar goed kom haal.

“Toe ek daar aankom, was al die slotte en die hek se afstandbeh­eerkode verander. Alles was uit my kamer verwyder. Hulle het my so te sê op straat gesit,” beweer sy. “Dit was ’n vernederin­g.”

OOR soesji in die kantoor van sy platemaats­kappy, Vonk, in Boksburg sê Juan dit was vir hom moeilik om sy verhouding met Jaenette te beëindig. “Ek wou haar nie seermaak nie. Ek

‘Ek was besig om van binne dood te gaan’ ‘Al die slotte en die hek se afstand beheerkode was verander. Alles was uit my kamer verwyder. Hulle het my so te sê op straat gesit’

wou haar wys ek is committed. Ons was selfs vir couplesthe­rapy. Ek wou trou, maar ek het daaroor gebid en vir die Here gesê: ‘Here, ek weet nie of ek seker is nie.’ As iets nie haar way gaan nie, was sy altyd kwaad. Sy was dolverlief op my, maar sy wou my nie deel nie.”

Die min tyd wat hy by die huis kon wees, bestempel hy as “die monster” in die vermaakbed­ryf. Hy is jammer as sy dit en die tyd wat hy saam met sy familie deurbring, nie kon verwerk nie.

“Sy het by ons ingetrek. Ons kon nie toe ewe skielik alles verander nie. As ek ’n bietjie jonger was, was ek en my broers ’n drieling. Ons is onafskeidb­aar.”

Hy bevestig hy en Jaenette het vir die troue begin spaar en na trouplekke gaan kyk. “Ek het haar probeer happy maak. As dit goed gaan, kan ek met jou trou, maar ja, dit het nie. Haar grootste droom was om te trou, en ek dink ek het dit vir haar opgeneuk.

Die laaste strooi was toe hulle verlede April uit Mosselbaai terugkeer. “Ek het seker R20 000 aan die vakansie bestee en sy sê: ‘Nou gaan ons weer terug na jou

f*****-up huis toe’ – die huis waarvoor ek hard werk om af te betaal. Ek het op die plek besluit ek kan nie meer so aangaan nie. Ek het gevlug.

“Ek was net moeg baklei. Ek het gekies om dit te verbreek, want ek het besef dis nie die soort verhouding wat ek wil hê nie. Ek wil by iemand wees wat my ondersteun en verstaan.”

Hy is eers Bosveld toe en het later grond op ’n plaas in Loeriesfon­tein in die Noord-Kaap gekoop. “Ek het daar my kop gaan skoonmaak. Ek moes skryf. Alles wat gebeur het, het ek gevat en in songs gesit.” Een is die liedjie Dis die Verskil tussen Whiskey en Jy. Dié snit is op sy jongste album wat nog ’n naam moet kry. Dit word oor ’n maand uitgereik.

Jaenette ontken sy het op die vliegtuig van Mosselbaai af oor die omstandigh­ede by sy huis gal gebraak.

Sy vertel hulle het eers die dag daarna vasgesit toe daar weer ’n haakplek met sy broers en die huishoudel­ike reëlings om hul gedeelde huishulp was.

Hy het “goedhartig” toegelaat dat Jaenette nog maande lank in sy huis bly nadat hul verlowing verbreek is, sê Juan.

Hy glo nie hy leef in die verlede soos Jaenette beweer nie. Dan vertel hy van sy meisie wat destyds op Meyerton op pad werk toe verongeluk het. “Ons was ’n jaar en ’n half saam; ná die ongeluk was sy twee maande lank in ’n koma.

“Sy is die rede dat ek begin sing het, dat ek die kitaar gaan koop en begin liedjies skryf het. Die Here het geneem, maar ook gegee. Sy het my geïnspiree­r om iets met my lewe te doen.”

En hy hoop hy sal dit eendag binne ’n gelukkige huwelik kan doen.

’n Huwelik tussen hom en Jaenette sou nooit gewerk het nie, meen Juan. “Ek is nie spyt oor wat gebeur het nie. Greatsongs het daaruit gekom. My nuwe album gaan oor hoop vir die liefde. Dis net ’n tydperk waardeur ek en sy moet gaan om vrede te maak. Dit leer ’n mens om geduldig te wees, vrede te vind en wys te word.

“Ek en sy het rêrig mooi met mekaar gepraat,” sê Juan oor hul laaste ontmoeting. “Ek is nie daarop uit om haar seer te maak nie.”

 ??  ?? Die model Jaenette Jacobs vertel van haar hartseer en vernederin­g nadat haar verhouding met die Afrikaanse countryste­r Juan Boucher (REGS) skipbreuk gely het.
Die model Jaenette Jacobs vertel van haar hartseer en vernederin­g nadat haar verhouding met die Afrikaanse countryste­r Juan Boucher (REGS) skipbreuk gely het.
 ??  ?? HEEL BO, BO en ONDER: Die paartjie het in April 2017 by ’n idilliese bestemming in die Bosveld verloof geraak en was eens “beste vriende”. Jaenette vertel dit was die beste tyd van haar lewe.
HEEL BO, BO en ONDER: Die paartjie het in April 2017 by ’n idilliese bestemming in die Bosveld verloof geraak en was eens “beste vriende”. Jaenette vertel dit was die beste tyd van haar lewe.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Jaenette sê sy en Juan het nooit genoeg tyd en privaathei­d saam gehad nie. Sy sê Juan se familie en aanhangers het hul verhouding bemoeilik.
Jaenette sê sy en Juan het nooit genoeg tyd en privaathei­d saam gehad nie. Sy sê Juan se familie en aanhangers het hul verhouding bemoeilik.
 ??  ?? Juan Boucher vertel hy het nie bedoel om sy eksverloof­de seer te maak nie.
Juan Boucher vertel hy het nie bedoel om sy eksverloof­de seer te maak nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa