Huisgenoot

Nina gee ’n stem aan slagoffers van geweld teen vroue

In Nina Swart se nuwe TVreeks, In Ons Midde, pak k sy die onderwerp van geweld deur mans teenoor vroue aan n

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: CORRIE HANSEN EN

DIT is byna 15 jaar sedert sy die sepie 7de Laan en ook haar loopbaan as TV-aktrise vaarwel toegeroep het, maar op straat word sy steeds as Hillside se Wilmien herken. Al speel deesdae hier en daar ’n grys strepie wegkruiper­tjie in Nina Swart se gladde, donker hare, is sy met daardie vonkel in die oog en warm glimlag steeds onmiskenba­ar die sepieliefl­ing van destyds.

Vandag tref ons haar egter aan in ’n kantoor in Kaapstad agter ’n lessenaar waarop polisiedos­siere opgestapel lê met onder meer verklaring­s, mediese verslae, notas oor lykskouing­s, hofstukke en grufoto’s van misdaadton­ele.

’n Mens sou maklik kon dink hier is ’n speurder aan die werk, en op ’n manier hou Nina (43) wel haar lyf speurder waar sy in die kantoor van die produksiem­aatskappy Afrokaans Film Television navorsing doen vir die nuwe VIA-televisier­eeks In Ons Midde. Daarvoor ondersoek sy die ware verhale van vroue wat deur die man in hul lewe vermoor is – ’n moordenaar in hul midde.

“Die fokus is op mans se geweld teenoor vroue en op die stemmetjie binne-in jou wat jou vertel jy is iets werd. As jou

se afbrekende stem gedurig opklink met woorde soos: ‘Jy’s dom; jy sal nooit iets bereik nie,’ moet jy daaraan dink om die verhouding te los.”

In elk van die 13 episodes van die reeks waarvan sy ook die aanbieder is, word ’n tragedie beskryf, so roerend dat dit ’n bloedspoor laat tot in die kyker se gemoed; en ook in hare. Nina en haar span kry trouens berading om die sekondêre trauma te verwerk.

“’n Mens raak afgestomp, en dis nie ge- sond nie. Jy moet elke keer die trauma verwerk,” k” verduideli­k d id lik sy.

“Ek besit nie ’n TV nie, maar as ek op my gekrokte laptop na die episodes kyk, kom ek agter hoe vreeslik erg dit is: ’n Vrou wat deur haar gewese skoonseun vermoor is en 39 keer met ’n mes gesteek is. ’n Vrou wie se man haar letterlik met sy hande doodgeslaa­n het. ’n Man wat sy vrou verwurg en probeer het om dit na selfdood te laat lyk en toe homself geskiet het,” rits sy die een gru-gebeurteni­s ná die ander af.

Uit die verhale oor toksiese verhou- dings waarin liefde plek gemaak het vir wreedheid, dh id blyk bl k dit vrees h hou party t vroue in so ’n onhoudbare situasie gevange.

“Dikwels met tragiese gevolge,” sê Nina. “Magteloosh­eid is iets vreesliks. Maar 100% van die vroue wat wel daar uitgekom het, vertel as jy wegbreek en seker maak jy en jou kind is oukei, kan jy weer lag; dat dit jou nuwe normaal is en jy geluk in jouself vind.”

Oorlewende­s van gesinsgewe­ld sê in die reeks vir haar: “Ek kan nie glo ek het so lank by hom gebly nie.”

Sy verduideli­k: “As jy daar uitkom, het jy wêreldkenn­is. Jy sal in die winkel vroue herken wat in sulke situasies vasgevang is. Jy het bo skaamte en vrees uitgestyg en verdien jou nuwe lewe.”

Dan voeg Nina by: “As ons een vrou se lewe kan red, is alles die moeite werd.”

AS Wilmien de Lange het Nina destyds diep in kykers se harte ingekruip. Watter 7de Laan- aanhanger sal ooit daardie episodes in 2003 vergeet toe die vervreemde paartjie Wilmien en Zac Heymann (gespeel deur die akteur Robert Bester) op die Griekse eiland Santorini na mekaar gaan soek. En daardie romantiese klimaks toe hulle met ’n soen herenig. Of hul troue met Wilmien in ’n Middeleeus­e rok met skelpienk valle.

“Sjoe, ons lyk so jonk,” merk sy op toe sy na die foto’s van dié tonele kyk wat destyds in Huisgenoot verskyn het.

Teen 2004 was Nina lus vir ’n veranderin­g. “Dit het gevoel Wilmien oorheers soms my lewe en situasies waar dit nie so moes wees nie,” het sy destyds aan Huisgenoot gesê.

Soos die keer in Kimberley toe ’ n motorongel­uk voor haar oë gebeur het. “’n Gesin het my gesien en stilgehou. Eerder as om aan die ongeluk en beseerdes aandag te gee, het hulle op my afgestorm en geskree: ‘ Wilmien! Wilmien!’ ”

Toe sy nie vir ’n foto saam met hulle wou poseer nie en om hulp vir die slagoffers skree, het hulle haar uitgevloek. “Dit het my werklik ontstel en my laat nadink of dit is hoe ek my lewe wil hê,” het sy toe verduideli­k.

Vandag pla dit haar nie as oud en jonk haar uit 7de Laan onthou nie. Noudat van die ou episodes weer op DStv se Encore-kanaal uitgesaai word, eien ’n nuwe generasie haar ook.

In die middestad van Kaapstad waar sy in ’n woonstel met ’n uitsig op Groentemar­kplein woon, word sy gereeld op haar sepienaam genoem. “Wilmien, hulle wou gisteraand by jou kar inbreek,” het ’n nie-amptelike motorwag haar eenkeer kom vertel. ’n Bedelaar het ook al by haar gepleit: “Wilmien, ek is honger.”

Omdat mense haar sedert haar vertrek uit die Laan nog nooit weer in ’n sepie gesien het nie, “dink hulle mos ek werk nie meer nie,” sê Nina.

Tog was sy sedertdien voortduren­d besig, ook agter die kameras.

Op 7de Laan se stel het sy al haar tande as TV-regisseur geslyp. Daarna was sy regisseur van vyf reekse van Boer Soek ’n Vrou. “In die eerste drie het ek die afstand van vier keer om die wêreld gery agter boere aan,” vertel sy.

Sy het drie en ’n half jaar gelede by Afrokaans aangesluit as deel van die inhoudspan van M-Net se Survivor SA. Dit behels dat sy na alles luister wat op die eilande aangaan en besluit wat die opwindends­te tonele is om die kykers te wys. Vanjaar is dit die derde keer dat sy daarby betrokke is. “Jy raak obsessief en opgewonde oor die kleinste dingetjies wat jy hoor en sien.”

So is dit ook met In Ons Midde. Elke episode is soos ’n minidokume­ntêr, vertel Nina, ’n kookwater-onderhoudv­oerder wat al met ’n ATKV-Mediaveert­jie bekroon is vir haar geselsprog­ram, Jou Storie met Nina, ook op VIA.

Sy het die geleenthei­d aangegryp om met haar nuwe reeks die ernstige kwessie van gendergegr­onde geweld aan te pak. Daarin word die slagoffers meer as net ’n naam en ouderdom in ’n mediaberig. Ook aan hul naasbestaa­ndes gee dit ’n stem.

Voor die TV-kameras gesels Nina ook met kenners soos sielkundig­es, maatskapli­ke werkers, polisieond­ersoekers, kriminoloë en antropoloë.

In Ons Midde word nog net van 7 Januarie af uitgesaai, maar Christine Nel, ’n sielkundig­e wat daarin verskyn, sê volgens kykers se terugvoer begin hulle reeds patrone en tekens van ’n toksiese verhouding raaksien. Dit laat hulle vrae stel soos: “Is my niggie oukei in haar huwelik? Moet ek bekommerd wees?”

Manlike kykers kan dalk voel hulle soek ’n duiwel in elke man, sê Nina. “Maar waarop ek hoop, is dat mans wat met aggressie sukkel, sal besef hulle is nie alleen nie. Deur steungroep­e kan ouens onder druk by die werk en die huis by mekaar leer voor dié woede weens ’n gevoel van onvermoë oorkook.”

Nina hou nie van die woord “passiemoor­d” nie omdat gendergegr­onde geweld meer met woede as passie te doen het. “Dit het ’n opbou; daar is ’n magsgevoel en ontnugteri­ng aan die man se kant voor dit gebeur. Dis nie ’n saggeaarde John-Boy van Die Waltons wat in ’n woedebui die vrou in sy lewe doodmaak nie.” Dan waarsku sy: “Dit het ’n aanloop. Daar is tekens. Huishoudel­ike geweld kan gekeer word.”

Nuwe episodes van In Ons Midde word Maandae om 20: 00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsend­ings op Sondae om 20:00.

‘As ons een vrou se lewe kan red, is alles die moeite werd’

 ??  ??
 ??  ?? Die aktrise, regisseur en inhoudsver­vaardiger Nina Swart gee in haar reeks In Ons Midde op VIA ’n stem aan slagoffers van huishoudel­ike geweld.
Die aktrise, regisseur en inhoudsver­vaardiger Nina Swart gee in haar reeks In Ons Midde op VIA ’n stem aan slagoffers van huishoudel­ike geweld.
 ??  ??
 ??  ?? Kykers onthou haar nog as Wilmien van 7de Laan. Hier is sy by Neil Sandilands (bo) wat Bart Kruger gespeel het en Nico Panagio wat George Kyriakis was.
Kykers onthou haar nog as Wilmien van 7de Laan. Hier is sy by Neil Sandilands (bo) wat Bart Kruger gespeel het en Nico Panagio wat George Kyriakis was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa