Huisgenoot

Van dorre Karoo tot seelug en strand

Hennie en Jacobu het ons almal so ’n bietjie in die liefde laat glo, en ná ’n trek Stilbaai toe is hulle so verlief soos altyd

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY Foto’s: MISHA JORDAAN

‘Ons is nog jonk; ons kan nog ons wortels uittrek’

HY WAS die plaasseun met die goeie humorsin en aansteekli­ke lag wat in 2016 diep in kykers van Boer Soek ’n Vrou se hart gekruip het. Hennie Lötter van Willowmore het toe nie voor die TV-kameras liefde gevind nie, maar wel sy droomnooi, Jacobu Muller, agter die skerms ontmoet.

Nou het ’n “nuwe seisoen” in hul lewe aangebreek, soos Hennie (28) dit filosofies stel. Hulle het die dorre Karoo vir vars seelug en wye strande verruil en woon nou in die hartjie van die gewilde Wes-Kaapse vakansiedo­rp Stilbaai.

Destyds het hy en Jacobu (wat aanvanklik ingeskryf het om boer Arno te ontmoet) in die reünie-episode met nuwe oë na mekaar gekyk. Dit was nadat sy en Arno in dieselfde episode bevestig het hulle is net vriende. En toe Hennie en Jacobu op 7 Oktober 2017 ’n boerebruil­of op sy familiepla­as hou, was dit soos die gelukkige einde van ’n liefdesver­haal.

“Trek is nie die heel maklikste ding om te doen nie. Veral as jy van iets goeds af wegtrek,” sê Hennie oor sy tuisdorp, Willowmore in die Oos-Kaap, 300 km hiervandaa­n. Terwyl hy deeltyds op die familiepla­as met onder meer angorabokk­e geboer het, was hy ook sakeman met ’n gastehuis en padstal op die dorp.

Op Stilbaai hou Hennie deesdae sy lyf eiendomsag­ent. “Ons het die kantoor amptelik in Desember geopen,” vertel hy met oë wat blink van opgewonden­heid. Die stylvol ingerigte kantoor ruik nog splinternu­ut – die ene nuwe hout en verf.

Die opgewekte Jacobu (24) het pas van die plaaslike laerskool opgedaag waar sy vanjaar begin skoolhou het. Sy dra stomende koppies koffie aan.

Kort ná hul troue het hulle dit al oorweeg om ’n nuwe avontuur aan te pak, vertel Hennie. “Ons is nog jonk; ons kan nog ons wortels uittrek en iewers anders heen gaan,” las Jacobu by.

Tog was dit makliker gesê as gedaan. Die jong getroudes het vier maande lank ’n pendelhuwe­lik gehad terwyl Hennie sy voete op Stilbaai gevind en Jacobu se onderwyspo­s haar nog op Willowmore gehou het.

“Kyk, toe het die skindersto­ries geloop,” vertel Hennie. Almal op Stilbaai het gewonder waarom hy skielik sonder sy geliefde Jacobu by ’n tuinwoonst­el intrek.

“Hy het naweke huis toe gekom,” onthou sy. “En af en toe moes ons ’n naweek oorslaan,” sê Hennie. “Dit was die ergste. Twee weke raak lank. Dit was soos toe ons uitgegaan het, en dit is nie die ideaal wanneer ’n mens pasgetroud is nie.”

Maar al die opoffering­s was die moeite werd – en nou is die geliefde paartjie van Boer Soek ’n Vrou se negende seisoen weer heelweek saam onder een dak en nog net so verlief soos altyd.

DIT was so amper of hulle het Verre Ooste toe koers gekies. “Ons wou in Taiwan gaan skoolhou,” sê Hennie.

“My nefie het daar skoolgehou, en ek wou nog altyd graag gegaan het,” verduideli­k Jacobu, wat onderwys aan die Universite­it Stellenbos­ch studeer het.

“Al wat ek gekort het, was ’n fake graad.

Ek kon dit aanlyn koop, maar toe besluit ek nee,” spot Hennie en begin lag.

“Jy jok,” keer Jacobu. “Eintlik is ons te familievas,” verduideli­k sy en skud haar kop oor dié lawwe man van haar.

Hennie word ernstig toe hy vertel watter “rowwe jaar” 2018 vir hulle was. Van hul albei se familieled­e het met hul gesondheid gesukkel, en Hennie en Jacobu wou hulle emosioneel bystaan. In dié tyd het Hennie boonop alleen Stilbaai toe getrek agter ’n nuwe werk aan.

“’n Ander eiendomsag­entskap het my verlede jaar genader om plase in Willowmore te begin verkoop,” vertel hy. Nadat hy en Jacobu baie daaroor nagedink het, het hulle besluit hy moet die geleenthei­d aangryp. Hy het ’n kursus oor eiendom gevolg. “Toe geniet ek dit regtig baie.”

Kort daarna het hy ’n geleenthei­d gekry om op Stilbaai as agent te werk, maar as groentjie het dit tyd geneem om homself in die bedryf te vestig. “Ek het in ’n penarie gesit; dis duur om so aan albei kante te woon,” sê hy. Jacobu moes op Willowmore agterbly waar sy toe nog ’n Engelsonde­rwyseres by die laerskool was.

In sy eerste week op Stilbaai het Hennie ’n landskapar­gitek ontmoet wat iemand soek so om hom deeltyds te help bome plant pl op ’n olyfplaas buite die dorp. ““T Toe kry ek ’n maandkontr­ak om hulle hu met die landskapar­gitektuur te help. he En toe raak die maandkontr­ak eindelik ein ses maande.

“Kyk, “ek moes geduld aanleer, want met me eiendomme is dit ’n lang proses. Verkoop Ver jy môre iets, verdien jy eers oor drie maande jou kommissie,” vertel Hennie.

Net N so moeilik was die verlange na mekaar me vir die jong getroudes in die vier maande van hul pendelhuwe­lik. Toe Jacobu vir die laaste kwartaal van verlede jaar ’n tydelike pos by die laerskool op Riversdal kry, sowat 40 km van Stilbaai, kon sy daar by Hennie intrek.

“Maar ek het party aande sommer by my ouers oorgeslaap wanneer ek byvoorbeel­d laataand ’n skoolplig gehad het,” vertel Jacobu wie se ouers, Basie en Tersia, op Riversdal woon.

In daardie tyd het Hennie en ’n kollega, Sonja Kleinhans, ook die bal aan die rol gesit om hul eie eiendomsag­entskap te open. “Dit is ’n baie groter verantwoor­delikheid om vir jouself te werk, maar dit is lekkerder,” sê Hennie. In Desember, toe die vakansiega­ngers op die kusdorpie toesak, kon hulle kliënte in hul nuwe kantoor te woord staan.

Jacobu, wat van jongs af saam met haar ouers op Stilbaai kom vakansie hou het, het ’n sagte plek vir die dorp. Sy het aan die begin van die nuwe skooljaar by die Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai ingeval waar sy vir gr. 4’s en 5’s Engels, wiskunde en kuns gee. Sy geniet dit ook om nou nader aan haar ouers te wees en aan haar ouma Gloudina Muller (85), wat ook op Stilbaai woon.

Sy het besluit om verder te studeer en vir ’n B.Sc.-graad in plantkunde aan Unisa ingeskryf. “Ek het nog altyd ’n belangstel­ling daarin gehad, want my pa werk ook in die landboubed­ryf,” sê sy.

En kinders? In die toekoms, ja. Maar hulle is nog nie haastig om met ’n gesin te begin nie, sê die twee.

“Dink net hoe lekker sal ’n klein Hennie wees,” spot Hennie dan na Jacobu se kant toe. “Dit is juis vir ’n klein Hennie wat ek bang is!” terg sy hom terug.

Wanneer hulle nie werk nie, swem hulle graag in die rivier of braai op die strand. Maar dit beteken nie hulle het Willowmore se stof vir goed afgeskud nie.

“Ons gaan steeds vakansies by Kapoet wees,” sê Jacobu oor die padstal waaroor Hennie se ma, Louretta, en suster, Rona Nieuwoudt, nou saam met ’n bestuurder ’n wakende oog hou. Jacobu en Hennie probeer om een of twee keer per maand daar uit te kom. “Ons drome en liefde vir Willowmore is steeds daar,” sê hy.

Hulle droom ook daarvan om vanjaar ’n tweede wittebrood oorsee te gaan hou. En ja, mense herken hulle steeds as Hennie en Jacobu van Boer Soek ’n Vrou. “Maar dit is ook ’n seisoen van ons lewe wat verby is. Ons dink selde daaraan. Omdat ons nie in dié stadium ’n televisie het nie, het ons nie eens na die jongste seisoen van die reeks gekyk nie,” vertel hy.

Vir nou is hulle dolgelukki­g en tevrede in hul tweeslaapk­amerwoonst­el saam met Trompie die steekhaart­erriër en Kieter, hul kat.

“Dit is ’n voete-vind-stadium, maar alles val darem nou in plek,” sê Hennie oor hul nuwe lewe hier by die see. Dan voeg hy by: “Moeilike tye druk jou na ’n beter plek toe.”

 ??  ??
 ??  ?? Hennie en Jacobu Lötter woon deesdae op Stilbaai in die Wes-Kaap.
Hennie en Jacobu Lötter woon deesdae op Stilbaai in die Wes-Kaap.
 ??  ?? BO: Hennie het saam met sy vennoot, Sonja Kleinhans, ’n eiendomsag­entskap op Stilbaai begin.
BO: Hennie het saam met sy vennoot, Sonja Kleinhans, ’n eiendomsag­entskap op Stilbaai begin.
 ??  ?? LINKS: LI Die paartjie, wat mekaar danksy Boer Soek ’n Vrou ontmoet het, is ’n bi bietjie meer as ’n jaar lank getroud en no nog dolverlief. BO: Hulle lag steeds he heerlik vir mekaar se grappe.
LINKS: LI Die paartjie, wat mekaar danksy Boer Soek ’n Vrou ontmoet het, is ’n bi bietjie meer as ’n jaar lank getroud en no nog dolverlief. BO: Hulle lag steeds he heerlik vir mekaar se grappe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa