Huisgenoot

Getroud met Rugby-sterre dolverlief

Werner Coetser en Marijke van der Westhuizen het dit eers stil gehou, maar bieg nou: Hulle is smoorverli­ef

- Deur CYRIL BLACKBURN Foto’s: LUBABALO LESOLLE

DIT was kort voor Kersfees in 2016 toe hulle mekaar tydens ’n fotosessie in ’n Johannesbu­rgse TV-ateljee ontmoet het. Destyds was hulle twee Getroud met Rugby-akteurs wat nog nie geweet het watter wending hul persoonlik­e storielyn ’n volle twee jaar later weg van die stel sou neem nie.

Ná daardie ontmoeting het Werner Coetser (die verwaande losskakel Blitz in die gewilde kykNET-sepie) en Marijke van der Westhuizen (wat Maryke de Villiers speel) sommer gou boesemvrie­nde geword. Lank was sy die naaste persoon aan hom, vertel Werner (30). Maar ’n romantiese verhouding? Nee . . .

Dit het alles verander toe hulle net meer as ’n jaar gelede, in Desember 2017, saam met vakansie by Velddrif aan die Weskus was. Want in ’n oomblik toe die middagson net reg op Marijke (35) val, het hy dié beste vriendin eensklaps in ’n heel nuwe lig gesien, vertel hy met ’n skuins glimlag.

“Ons het ná middagete al langs die kus in die vlakwater gestap, en toe, voor ek my kom kry, soek my hand na hare . . .” Toe Marijke ook Werner se hand styf druk, het albei geweet hul vriendskap het in iets diepers ontwikkel.

“My knieë wou lam raak,” vertel Marijke hier langs Werner in dieselfde ateljee waar hulle mekaar destyds ontmoet het. “Dit het gevoel asof duisend skoenlappe­rs in my maag ronddartel; dit het reg gevoel.”

En net die volgende dag, tydens hul lang rit terug na Johannesbu­rg, is alle twyfel uit die weg geruim. Toe het hulle hul verhouding ’n jaar lank stilgehou – tot vandag.

“Hy het my nie eens gevra of ek sy meisie wil wees nie,” terg Marijke. Maar Werner antwoord onverstoor­d: “Toe ons in Johannesbu­rg stop en uit daardie motor klim, het ons albei geweet: Ek is joune, en jy is myne.”

En ja, hulle is dol daaroor om nou eindelik voor ’n skare te kan erken: “Ek is lief vir jou.”

Vir Marijke is dit ook baie spesiaal dat haar agtjarige seun uit haar huwelik met Pieter van der Westhuizen gaande is oor “Oom Werries”.

In haar eie woorde aan haar byna 25 000 Instagramv­olgelinge: “Pragtige herinnerin­gs is hierdie vakansie gemaak. Geseënd en dankbaar vir my mens.”

‘Ons is verlief – en ja, ons is regtig, égtig saam’

HULLE wou hul nuutgevond­e liefde eers stilhou, bieg die twee vandag teenoor ons.

Maar toe Marijke onlangs hul vakansiefo­to’s op Instagram deel, begin haar volgelinge opmerk sy en Werner lyk darem alte verlief. En toe speel hulle maar oop kaarte: “Ja, ons is verlief – en ja, ons is regtig, égtig saam.”

Werner vertel daardie eerste dag in 2016 was dit haar warm glimlag wat haar in die see van vreemde gesigte in die Getroud met Rugby-ateljee laat uitstaan het. Hy was daar vir die publisitei­tsfoto’s vir sy nuwe rol as Blitz, waaraan hy sou begin werk nadat sy rol as Bernard Jordaan in 7de Laan tot ’n einde gekom het.

Hy het verward gevoel, maar Marijke het haar oor hom ontferm. “Ek het niemand geken nie, en ek onthou hoe Marijke sommer die fotograwe aangejaag en vir hulle gesê het ek moet terug na die (7de Laan-)ateljee,” onthou Werner en lag. “Ons was sommer uit die staanspoor baie goeie vriende.”

Teen Desember 2017 was hulle boesemvrie­nde. “Ons het alles met mekaar gedeel; sy was my beste maatjie. Ons het soggens saam geoefen, saans lank oor die lewe gesels en bedags dit geniet om saam te werk. Ek kon dinge met haar deel wat ek nie met ander mense deel nie,” vertel Werner.

Daar was vroeg al ’n spesiale energie tussen hulle, beaam Marijke. Hulle het saam gelag en was saam hartseer vir mekaar. Ná sekerlik die grootste seer in Marijke se lewe, haar pynlike egskeiding van Pieter in 2017, was dit, benewens ander geliefdes, ook Werner wat haar ondersteun het.

“Hy het my van die begin af aanvaar vir wie ek is,” sê sy. “Ek het nog altyd gevoel ek kon net myself wees by hom. Nie ’n karakter nie, nie iemand wat sexy hoef te wees nie. Net myself.”

Ook Werner en haar seun het mettertyd ’n sterk band gevorm. “Hy het my sedert die begin aanvaar; dit was vir ons maklik om oor die weg te kom,” sê Werner. “Dis omdat jy altyd soveel moeite met hom doen,” laat Marijke hoor.

Dit was vir haar maklik om haar seun onlangs te vertel haar en Werner se verhouding het in iets diepers ontwikkel.

“Ek het my seun gevra: ‘Sal jy daarvan hou as oom Werries mamma se kêrel word?’ Toe gil hy sommer: ‘ Ja!’ Ek was baie gelukkig.”

Om als te kroon is hulle al ’n ruk lank bure. Toe Werner in Augustus verlede jaar nuwe verblyf soek, het ’n ruim woonstel in Randburg sy aandag getrek. Dis eers toe hy gaan kyk dat hy besef dis dieselfde blok waarin Marijke woon. Hy het toe in woonstel 11 ingetrek – reg langs nommer 10, Marijke s’n!

En vir eers sal dit so bly. “Tot op hede was niks beplan nie – nie ons verhouding nie, nie dat ons saam werk nie, ook nie dat ons langs mekaar bly nie,” verduideli­k Werner. “Alles het organies gebeur, nes dit moes; daarom voel dit vir ons bloot reg,” sê hy en glimlag vir haar. “Ons verhouding het ’n sterk fondament omdat ons eers vriende was,” sê Marijke dan. “Ons was maar bang aan die begin. Ons moes eerlik wees – vir mekaar vra wat gebeur met ons spesiale vriendskap as die verhouding nie werk nie. Dis belangrik om eerlik met mekaar te wees en openlik te praat – daar is immers ’n kind betrokke.” D IT HET haar 33 jaar geneem om gemaklik in haar eie vel, en sproete, te wees, sê Ma rijke. Eers daarná kon sy verlede jaar met behulp van haar aanlyn veldtog ander mense begin help om ook gemaklik met hulself te wees.

Tog laat Werner haar opnuut soos die mooiste vrou in die wêreld voel – en in die proses besef sy ook weer wat onvoorwaar­delike liefde is.

“Werner kyk na my op ’n manier wat my laat voel ek is genoeg – en daarby saam mooi genoeg,” koer Marijke.

“Wanneer ek by hom kuier, gaan ek as myself. Geen haarverlen­gings nie, geen grimering nie. Hy is lief vir my; nie een of ander idee oor wat ek moet wees nie.”

Sy lewe lank kon hy nooit begryp wat presies dit beteken dat jou lewensmaat ook jou beste vriend is nie, sê Werner. Nou verstaan hy dit ten volle.

“Ek was altyd ’n pessimis oor die idee van daardie een persoon wat jou heeltemal sal vervul. Ek het nie geweet of dit moontlik is nie. Nou het ek haar, en sy tiek elke moontlike boksie. Sy verander my siening oor die lewe. Sy laat my in die liefde glo.”

Of soos Marijke dit stel: “Soms is jy bang om die mure wat jy om jou gebou het, af te breek; om jouself van voor af heeltemal vir iemand te gee. Maar dit is

real – en op hierdie oomblik wil ek nêrens anders wees nie.”

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Werner Coetser en Marijke van der Westhuizen bieg openlik: Hulle is gaande oor mekaar. BO: Marijke (as Maryke de Villiers) saam met die aktrise Zetske van Pletzen (Julia). REGS: Werner as Blitz in ’n toneel saam met Reitz (Sean van Noordwyk) in Getroud met Rugby.
LINKS: Werner Coetser en Marijke van der Westhuizen bieg openlik: Hulle is gaande oor mekaar. BO: Marijke (as Maryke de Villiers) saam met die aktrise Zetske van Pletzen (Julia). REGS: Werner as Blitz in ’n toneel saam met Reitz (Sean van Noordwyk) in Getroud met Rugby.
 ??  ?? Hul romanse is werklik, sê die paar, en dit bring hulle meer geluk as enigiets anders. Hul verhouding het ook ’n sterk fondament omdat hulle eers vriende was.
Hul romanse is werklik, sê die paar, en dit bring hulle meer geluk as enigiets anders. Hul verhouding het ook ’n sterk fondament omdat hulle eers vriende was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa