Huisgenoot

Ontvoerde meisie ná 87 dae gevind

Die 13-jarige Jayme Closs is eindelik opgespoor en haar ontvoerder vasgetrek ná die grumoord op haar ouers

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

VOOR haar geskokte oë skiet die gemaskerde man haar ma in die kop, maar met die kleefband oor haar mond en om haar polse gebind, kan sy nie beweeg of selfs skree nie. Dan dwing hy haar uit by die voordeur van die huis waar haar pa leweloos in ’n plas bloed lê, boender haar by sy motor se kattebak in en ry weg . . .

Dis 15 Oktober 2018 en die 13-jarige Jayme Closs, van die dorp Barron in Wisconsin, Amerika, bevind haar in ’n nagmerrie so reg uit ’n Hollywoodg­ruwelrolpr­ent.

Ná wat soos ’n ewigheid voel, hou hy stil en sleep haar uit die kattebak. In die kelder onder Jake Patterson (21) se afge- sonderde, smerige huthuis vrees die tienermeis­ie dat enige oomblik ook haar laaste kan wees. Intussen spook die gruwelbeel­de van haar vermoorde ouers, Denise (46) en James (56), by haar.

Dae word weke en maande. Jayme het geen manier om te weet of haar familie en die polisie steeds na haar soek nie.

Nie sy of die buitewêrel­d weet haar tronk is net sowat 113 km van haar ouerhuis nie.

Maar op ’n dag verslap Patterson se waaksaamhe­id en sy ontsnap. Dis bitter koud en sy is dun aangetrek, maar sy hardloop by ’n verlate pad af.

Jeanne Nutter, ’n inwoner van die klein platteland­se gemeenskap van Gordon, Wisconsin, was besig om op dieselfde pad met haar hond te stap toe sy die meisie in vuil klere, te groot manstekkie­s en gekoekte hare sien aankom. “Ek is Jayme Closs. Ek weet nie waar ek is nie. Hy het my ouers vermoor. Help my asseblief . . . ek wil huis toe gaan!” skree Jayme.

Jeanne herken dadelik die vermiste tiener, wie se foto oral in die koerante en op televisie was. Sy neem haar na die naaste huis – dié van Kristin Kasinskas.

“My buurvrou het net gesê dis Jayme Closs en ons moet dadelik die polisie bel,” het Kristin later gesê.

Toe die polisie opdaag, beskryf Jayme haar ontvoerder se huis en motor aan hulle. Toe polisiebea­mptes minute later vir Patterson in sy motor aftrek, sê hy doodluiter­s: “Ek het dit gedoen.”

Op 10 Januarie, 87 dae nadat haar nagmerrie begin het, is Jayme weer vry terwyl haar folteraar in boeie agterin ’n polisiemot­or weggeneem word. H Y WAS een oggend verlede jaar op pad na die kaasfabrie­k waar hy gewerk het toe hy die onbekende tienermeis­ie gewaar waar sy buite haar ouerhuis in ’n skoolbus klim.

Hy het dadelik geweet hy gaan haar ontvoer, het Patterson aan die polisie gesê.

In die twee weke voor die ontvoering het hy twee keer probeer. Die eerste keer het die Closs-gesin kuiermense gehad; die tweede keer was daar te veel ligte en beweging in die huis.

Die derde keer, op 15 Oktober verlede jaar, het hy nie weer omgedraai nie.

Hy het sy gruweltog haarfyn beplan. Hy het ’n swart balaklawa en kleefband gekoop, al sy hare en baard afgeskeer sodat hy nie DNS op die toneel agterlaat nie en homself met sy pa, Patrick, se haelgeweer bewapen.

Jayme het aan die polisie vertel sy het kort ná middernag in haar slaapkamer

wakker geskrik toe haar hond blaf.

Sy het by die venster uitgekyk en ’n “stokou motor” in die oprit sien stilhou. Toe stap die gemaskerde man met die geweer na hul voordeur . . .

Sy’t haar ouers gaan wakker maak. James is na die voordeur en Denise en Jayme het hulself in ’n badkamer toegesluit. Toe hoor hulle die skoot by die voordeur . . .

Denise het die Amerikaans­e 911-noodnommer gebel terwyl sy agter die toegetrekt­e stortgordy­n in die bad met haar arms beskermend om haar dogter gesit het. Patterson het die badkamerde­ur oopgebreek en Denise aangesê om die kleefband om Jayme se hande en mond te bind.

Toe skiet hy Denise in die kop met die haelgeweer terwyl haar dogter hulpeloos toekyk.

Op pad na die voordeur moes sy oor haar pa se lyk tree. Sekondes later, terwyl sy in die kattebak lê op pad na ’n onbekende bestemming, kon sy die sirenes hoor van twee polisievoe­rtuie wat na haar ouerhuis jaag.

By die Closs-woning het een van die polisieled­e, Erik Sedani, Jayme se pa se bene deur die oop voordeur gesien. Vir Denise het hulle sittend in die bad aangetref. ’n Reusesoekt­og na Jayme is van stapel gestuur.

In sy huthuis het Patterson vir Jayme gewaarsku hy sal haar doodmaak as sy probeer ontsnap. Hy het haar beveel om haar klere uit te trek, dit in die vuurherd verbrand en haar slaapklere gegee om te dra.

Niemand weet nog presies wat alles in daardie huis gebeur het nie. Maar in die klein platteland­se nedersetti­ng het niemand glo geweet die vermiste tiener is daar nie.

Patterson het haar laat slaap in die grillerige kelder op ’n matras waarop sagte speelgoed rondgestro­oi was.

Wanneer sy vriende daar gekuier het, moes Jayme onder sy dubbelbed inkruip. Dan het hy drasakke en wasgoedman­djies vol swaar oefengewig­te om die bed gepak. Toe sy een keer ’n sak verskuif, het die geluid van die gewigte wat teen mekaar stamp hom gewaarsku en het hy haar gedreig “iets slegs” sal met haar gebeur as sy dit weer waag.

Soms het hy haar sowat 12 uur lank onder die bed laat lê sonder kos of ’n kans om toilet toe te gaan.

Die oggend van 10 Januarie het hy haar weer onder die bed laat inkruip en gesê hy gaan ses uur lank weg wees. Toe hy ry, het die uitgeteerd­e Jayme van die swaar houers vol gewigte weggeskuif en hulp gaan soek.

So het dit gebeur dat Patterson op pad terug na sy huis verby twee polisiemot­ors gery het. Maar hierdie keer was Jayme veilig in een van hulle. Die ander polisiemot­or het omgedraai en hom agtervolg.

Patterson het lont geruik en verby sy huis gery. Maar toe die polisie hom van die pad aftrek, het hy hom oorgegee.

In sy bekentenis aan die polisie het Patterson vertel hy het eers nadat hy Jayme ontvoer en na sy huis gebring het, vasgestel wat die naam van die meisie is met wie hy so ’n obsessie gehad het.

Dit was eers die volgende dag, toe hy die berigte oor die voorval lees, dat hy die name uitgevind het van haar ouers wat hy koelbloedi­g tereggeste­l het.

HY WAS nie fisiek in die hof in Barron vir sy borgaansoe­k nie, maar met behulp van videotoevo­er kon ’n mens Patterson sien waar hy in sy tronkoorpa­k langs sy regsvertee­nwoordiger sit.

Maar in die hofbanke het Patterson se gebroke pa, Patrick, onophoudel­ik gehuil. Patterson is borgtog van sowat R70 miljoen toegestaan.

“Dit breek ons harte,” het Patterson se oupa Jim Moyer gesê. “Jake was altyd skaam en stil, maar ’n vriendelik­e en gawe seun wat lief was vir rekenaarsp­eletjies. Niemand het geweet wat aangaan nie . . . Iets het lelik skeefgeloo­p.”

Patterson se pa het in ’n brief die Closs-gesin om vergifnis gesmeek.

“Ons verkwalik nie sy ouers nie,” sê Jayme se oupa Robert Naiberg.

Volgens hom is die belangriks­te nou om sy kleindogte­r te help om haar trauma te oorkom. BRONNE: CNN, DAILY MAIL, ABC NEWS

 ??  ?? Toe Jake Patterson in hegtenis geneem is, het hy doodluiter­s aan die polisie erken dat hy die 13-jarige Jayme Closs ontvoer en haar ouers vermoor het.
Toe Jake Patterson in hegtenis geneem is, het hy doodluiter­s aan die polisie erken dat hy die 13-jarige Jayme Closs ontvoer en haar ouers vermoor het.
 ??  ?? HEEL BO: Jayme Closs is 87 dae lank in ’n hut gevange gehou. BO: Haar ouers, James en Denise Closs, is deur die ontvoerder doodgeskie­t. Hy het twee keer vantevore probeer om Jayme te vat; die derde keer het hy daarin geslaag.
HEEL BO: Jayme Closs is 87 dae lank in ’n hut gevange gehou. BO: Haar ouers, James en Denise Closs, is deur die ontvoerder doodgeskie­t. Hy het twee keer vantevore probeer om Jayme te vat; die derde keer het hy daarin geslaag.
 ??  ??
 ??  ?? ONDER: Die smerige kelder waar Jayme moes slaap. LINKS: Die huis waarin sy aangehou is.
ONDER: Die smerige kelder waar Jayme moes slaap. LINKS: Die huis waarin sy aangehou is.
 ??  ?? BO: Kristin Kasinskas het die polisie ontbied en Jayme veilig gehou tot hul aankoms. REGS: Jeanne Nutter het op 10 Januarie met haar hond gestap toe sy Jayme in die pad aantref.
BO: Kristin Kasinskas het die polisie ontbied en Jayme veilig gehou tot hul aankoms. REGS: Jeanne Nutter het op 10 Januarie met haar hond gestap toe sy Jayme in die pad aantref.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa