Huisgenoot

Is sy die VSA se 1ste vrouepresi­dent?

Alexandria Ocasio-Cortez is die jongste vrou wat tot die Amerikaans­e kongres verkies is; kan sy dalk tot in die toppos vorder?

- Saamgestel deur KRISTIN BUICK

STAAN opsy, Hillary Clinton, Michelle Obama en Oprah Winfrey – Amerika se eerste vrouepresi­dent kan straks ’n voormalige kelnerin uit ’n arm deel van New York wees.

Vir jong Amerikaner­s is Alexandria Ocasio-Cortez soos manna uit die hemel. Dié wel-ter-tale- en sosialemed­iaslim vrou het die stugge politieke landskap van die Trump-era soos ’ n warrelwind getref.

Die ouer geslag hou dalk nie van haar nie, maar AOC, soos sy onder aanhangers bekendstaa­n, gee nie om nie.

Sy is net 29 jaar oud – die jongste vrou wat nóg in die Amerikaans­e kongres gedien het, en beeldmater­iaal van waar sy vroeër dié maand ingehuldig word, het mense wêreldwyd geïnspiree­r.

Die video van haar onlangse intreerede voor die huis van verteenwoo­rdigers is meer kere gekyk as dié van enige ander lid van die Demokratie­se Party, waarvan sy ’n lid is, óf die Republikei­nse Party.

Die toespraak is in die eerste 12 uur meer as 1,16 miljoen keer gekyk, volgens die uitsaaiond­erneming C-Span.

Alexandria het 2,45 miljoen volgelinge op Twitter en 1,8 miljoen op Instagram, en haar platforms groei steeds namate sy mense met haar benadering bekoor.

’n Goeie voorbeeld hiervan is haar antwoord op onlangse kommentaar deur Aaron Sorkin, die Oscar-bekroonde skepper van die TV-reeks The West Wing, wat “nuut verkose Demokrate” aangemoedi­g het om “op te hou om hulle soos jong mense te gedra”.

Wat doen AOC toe? Sy teken aan op ’n regstreeks­e stroom van die videospele­tjie Donkey Kong op die stroomdien­s Twitch en vertel dat sy mal was oor die Nintendo 64-speletjies­konsole.

Maar daar steek meer hierin as ’ n millenniër wat oor speletjies praat: Die stroom is gereël om geld in te samel vir die ondersteun­ing van genderdive­rsiteit.

Diversitei­t is ’n saak wat haar na aan die hart lê. Sy het die nuuskanaal CBS gekritisee­r vir hul “opmerklike tekort” aan swart verslaggew­ers onder diegene wat aangewys is om volgende jaar oor Amerika se verkiesing verslag te doen.

“Onaanvaarb­aar in 2019,” het sy getwiet. “Probeer weer.”

In die weke sedert sy verkies is, het die “demokratie­se sosialis”, soos sy haarself beskryf, haar ouer kollegas verplig om kwessies te takel wat hulle gewoonlik eerder vermy – ’n “buitengewo­ne vermoë vir ’n eersteterm­ynlid van die kongres”, sê The New York Times.

Een van dié kwessies is ’n plan om klimaatsve­randering te pak. Alexandria het by betogers aangesluit en die kantoor van die destydse speaker van die huis van verteenwoo­rdigers, Nancy Pelosi, beset om klimaatsve­randering in die kollig te plaas.

Die rebelse optrede het so ’n beroering veroorsaak dat twee senators reeds die klimaatspl­an onderskryf het.

In haar veldtog het sy vir gewaarborg­de werkgeleen­thede, ’n mediese fonds vir almal, gratis openbare kolleges en die ontbinding van die Amerikaans­e wet op immigrasie voorspraak gemaak.

Met dié benadering het Alexandria die setel verlede jaar voor die voorsitter van die Demokratie­se koukus, Joe Crowley, se neus weggeraap.

Haar linkse beleid te midde van pres.

Donald Trump se regse bewind het kommentato­rs laat sê sy moet haar as president verkiesbaa­r stel wanneer sy die dag oud genoeg is – 35 is die grondwetli­ke vereiste.

“As sy Washington oorleef,” skryf Carli Pierson, ’n New Yorkse prokureur, “staan ‘Ocasio-Cortez’ beslis op die Demokratie­se benoeming van 2024 geskryf.”

ALEXANDRIA se opgang het nie die gewone patroon in die Amerikaans­e politiek gevolg nie: Sy het nie ’ n regsgraad aan ’n elite universite­it nie en haar ouers het geen buitengewo­ne kontakte nie.

Sy is in die Bronx, ’n werkerskla­sbuurt van New York, gebore. Haar ouers, Blanca Cortez en Sergio Ocasio, is van Puerto Rico. Blanca was ’n skoonmaker en Sergio, ’n argitek, het ’n klein ondernemin­g bestuur.

Toe Alexandria vyf jaar oud was, het die gesin na Yorktown Heights getrek, ’n effens beter voorstad sowat 40 minute daarvandaa­n, sodat sy ’n beter skool kon bywoon.

Dié verhuising sou later Alexandria se slagspreuk tydens haar veldtog inspireer. “Ek is gebore op ’n plek waar jou poskode jou lot bepaal,” het sy gesê.

Aan die Universite­it van Boston, waar Alexandria haar studiegeld met beurse betaal het, het sy haar tot die politiek gewend en in 2011 ’n B.A.-graad in internasio­nale betrekking­e met lof verwerf.

Met dié uitslag het sy nie dadelik ’n gerieflike werk losgeslaan nie. Haar pa is in 2008 aan kanker oorlede, en sy is terug huis toe om haar ma te help kop bo water hou. Bedags het sy by ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie gewerk en saans as kelnerin in restaurant­e en kroeë.

Maar haar liefde vir die politiek het in 2016 die oorhand gekry en sy het vir Bernie Sanders se veldtog gewerk.

Terwyl sy met die veldtog gehelp het, het ’n reis na die toneel van ’n groot betoging vir haar ’n keerpunt geword. Die betogers was gekant teen die bou van ’n oliepyplyn, want dit sou plekke skend wat vir inheemse mense heilig is.

“Ek het gesien hoe ’n korporasie homself teen die Amerikaans­e mense gemilitari­seer het, en ek het gevoel ons is in ’n stadium waar ons nie meer kan bekostig om politiek te ignoreer nie.”

Sy het haar in haar geboortepl­ek verkiesbaa­r gestel. Sy het haar verskeie betrekking­s laat vaar en met die hulp van haar kêrel, Riley Robert, ’n webontwikk­elaar, en van haar spaargeld geleef.

Alexandria het ’n skoot in die donker gewaag om die politieke swaargewig Joe Crowley uit te daag. Sy was die buiteperd, en boonop het sy nie geld vir ’n veldtog gehad nie.

“Jy kan nie geld met nog geld klop nie,” het sy destyds gesê. “Jy moet dit met ’n ander speletjie klop.”

Haar spel was op voetsoolvl­ak. Sy en haar groeiende groep ondersteun­ers het die sypaadjies ingevaar en by jong, swart en Latyns-Amerikaans­e stemmers vlerk gesleep.

“Ons het net onophoudel­ik aan deure geklop en met die gemeenskap gepraat,” sê sy.

Op die ou end het sy net meer as R2,5 miljoen teenoor Crowley se R47 miljoen bestee.

Dit het vrugte afgewerp. Met 57% van die stem het sy Crowley verpletter en haar aandag op die kongres gevestig. Sy moes die Republikei­nse kandidaat Anthony Pappas klop – eindelik ’n selfs makliker oorwinning. Sy het die verkiesing met 78% van die stemme gewen.

Haar standpunte en veldtogvoe­ring het haar die respek en steun van mense soos oudpres. Barack Obama en Bernie Sanders besorg. H AAR opgang tot politieke superster was nie sonder uitdagings – of ’n dosis moddergooi­ery – nie.

Op die vooraand van Alexandria se inhuldigin­g het ’n video uitgelek waarop sy in haar universite­itsdae op ’n dak dans.

“Hier tree Amerika se gunsteling- kommunisti­ese wysneus op soos die oningeligt­e domkop wat sy is,” het die anonieme twiet gelui. Maar jy takel nie die koningin van Twitter in haar eie agterplaas nie.

Die poging om haar te laat sleg lyk, het gruwelik geboemeran­g: Haar ondersteun­ers het tot haar redding gekom.

“Nou is dit klaarpraat met haar,” het Karen Tumulty, ’n korrespond­ent vir The Washington Post, getwiet: “Pas onthulde video onthul AOC was in haar studenteda­e . . . dierbaar!”

Soos gewoonlik het Alexandria self ook vinnig teruggekap en ’n video geplaas waarop sy buite haar splinternu­we kantoor dans.

“As Republikei­ne gedink het dis ’n skande as vroue op universite­it dans,” het sy getwiet, “wag tot hulle uitvind vroue dans in die kongres ook.” BRONNE: THE GUARDIAN, AL JAZEERA, THE NEW YORK TIMES, THE CUT, TIME, OZY.COM, MARIE CLAIRE

 ??  ?? le lewer HOOFFOTO: H ’n toespraak Alexandria in New Ocasio-Cortez York. LINKS: ’n Ou video van haar wat op ’n dak dans, is op Twitter versprei. HEEL LINKS: Sy he het al as kelnerin in ’n kroeg gewerk. Hl
le lewer HOOFFOTO: H ’n toespraak Alexandria in New Ocasio-Cortez York. LINKS: ’n Ou video van haar wat op ’n dak dans, is op Twitter versprei. HEEL LINKS: Sy he het al as kelnerin in ’n kroeg gewerk. Hl
 ??  ?? Alexandria by ’n optog vir vroueregte op 19 Januarie vanjaar in New York.
Alexandria by ’n optog vir vroueregte op 19 Januarie vanjaar in New York.
 ??  ?? Alexandria stel haar nuwe kollegas Barbara Lee, Annie Kuster en Jan Schakowsky voor aan die kuns van die selfie voor ’n stemming in die huis van verteenwoo­rdigers op 3 Januarie.
Alexandria stel haar nuwe kollegas Barbara Lee, Annie Kuster en Jan Schakowsky voor aan die kuns van die selfie voor ’n stemming in die huis van verteenwoo­rdigers op 3 Januarie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa