Huisgenoot

Malala Yousafzai se pa veg vir vroue

Niks omtrent Zia Yousafzai se konserwati­ewe jeugjare in Pakistan het verklap hy sou ’n rebel word nie. Maar dis wat gebeur het, want hy het in die mag van onderwys geglo om sy lewe te verander – en dié van sy dogter, ’n Nobelprysw­enner

-

HY IS in ’n land van onsigbare vroue grootgemaa­k. Nie net was sy vyf susters ongeletter­d nie; hul geboorte is nooit gevier nie, hul name nooit aangeteken nie. ’ n Vrou is bloot “dogter van X”, “vrou van Y”, “ma van Z” genoem. Sy het tee voorgesit en sonder ’n woord van dank rondgehang om te kyk of jy tevrede is. Sy het vir jou die room van die melk gegee, die beste snitte van die hoender en dan in die kombuis die vleis aan die bene gaan eet.

Die meisies saam met wie Ziauddin Yousafzai in Pakistan se Swatvallei grootgewor­d het, het in hul paar jaar van vryheid saam met die seuns in die strate gespeel. Maar op 12 of 13 het hulle een- een in hul huise en agter sluiers verdwyn om hulle vir die huwelik en ’n leeftyd van mans dien voor te berei.

Zia (48) het die onsigbare vroue raakgesien. Hy het opgemerk sy susters se skoene is verslete terwyl syne nuut en skoon is, dat sy pa wou hê hy moet leer en uitblink, maar dat hy net stilte en gehoorsaam­heid van sy dogters verwag. Anders as ander mans het Zia dit nie as sy geboortere­g beskou nie, maar as ’n onreg, een wat hy hom voorgeneem het om te beëindig. Hy het beloof sy dogter sou nie eendag onsigbaar wees nie.

En vandag is Malala Yousafzai die sigbaarste dogter ter wêreld. Ons ontmoet die gesin in Birmingham, Engeland, waar die Yousafzai-gesin al ses jaar woon sedert ’n lid van die Taliban Malala trompop in die kop geskiet het. Onder die woonstel in ’ n toringblok wat vir die onderhoud gehuur is, is die nuwe stadsbibli­oteek wat deur die 21-jarige Nobelprysw­enner geopen is. Maar sy kan dit nie self gebruik nie, want sy is te beroemd om daar te studeer sonder om gepla te word.

Jare voor haar geboorte wou Zia al die wêreld vir meisies verander. Sy nuwe boek, Let Her Fly, is ’n outobiogra­fie en ’n passievoll­e pleidooi by mans wêreldwyd – maar veral in Pakistan, waar meer as 40% van meisies nie hul laerskooll­oopbaan voltooi nie – om hul dogters te bevry. Nie net sal dit die samelewing en vroue se lewe verbeter nie, voer hy aan, maar ook van stoere patriargal­e mans gelukkiger mense maak.

’n Mens kan Zia deur ’n ring trek in sy kraakvars poeierblou salwar kameez (die

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa