Huisgenoot

Ruim op die rommel in jou huis

Marie Kondo ontrommel graag. In haar nuwe TV-program help sy ander om orde te skep

- Deur SHANAAZ PRINCE EKSTRA BRONNE: NYTIMES.COM, KONMARI.COM, NETFLIX.COM, THEGUARDIA­N.COM, VANITYFAIR.COM

AS DIT nie die vreugdevon­ke laat spat nie, moet dit waai!”

Dié mantra maal deur my gedagtes terwyl my huismaat neul oor al die klere wat ek nooit dra nie. Sy wil hê ek moet ’n slag my klerekas sorteer en van die ongebruikt­e items ontslae raak. En ’n plan maak met die skewe hoop ou tydskrifte waaraan ek vasklou.

Sy is een van die derduisend­e aanhangers van die ontrommelg­ier wat deur die Japannese opruimkenn­er en skrywer Marie Kondo geïnspiree­r is.

Die KonMari-metode, soos dié gier genoem word, geniet nou ’n groot herlewing vyf jaar ná die publikasie van Marie se baanbreker­sboek, The LifeChangi­ng Magic of Tidying Up.

“Rommelvry” en “opruim” is gonswoorde, aangespoor deur Marie se reeks wat Nuwejaarsd­ag op Netflix begin het.

“Ek’s opgewonde, want ek hou van ’n deurmekaar­spul,” sê Marie in die lokprent vir haar program. “Nou wil ek vreugdevon­ke in die wêreld laat spat deur dinge aan die kant te maak.”

Tidying Up with Marie Kondo is ’ n reeks van agt episodes. In elke aflewering word Marie by die huis van mense ingenooi wat oorweldig is deur die rommel wat om hulle ophoop.

Mense in alle fases van die lewe kry die KonMari-behandelin­g: van jong ouers, ouers wie se kinders die nes verlaat het en diegene wat afskaal tot studente en ’ n weduwee wee wat nie van haar aar oor lede man se besittings kan afskeid neem nie. .

Sy is dalk klein ein en fyn van statuur, ur, maar Marie se metode het wêreld- ldwyd ’n uitwerking. ing. Die idee van “minder inder is meer” sal tot ’n gelukkiger en gesonder bestaan en rommelvrye lewe lei, glo sy.

DIE KonMari-metode is meer as net huis aan die kant maak aak – dis ’n geestelike en emosionele osionele ervaring, sê sy.

Dit gaan daaroor dat jy met t jou huis ’n verbinteni­s vorm, jou ideale le ruimte visualisee­r en dan jou huis “vertel” wat jy beplan en hoop. Die fokus s is op die besluit wat jy wil hou en koester, ster, nié op die verbete uitsmyt van rommel mmel nie.

Aan die begin n van elke episode stel die netjiese en deftige Marie en haar Japannese tolk, Marie Iida, hulself aan die gesin voor. Marie sit op die vloer en nooi haar kliënte nte om hul oë toe te maak en hul huis is te groet, dit hardop te bedank dat dit hulle beskerm, en te visualisee­r hoe hul ideale leefruimte sal lyk en n voel.

“Dis nie net ’n kwessie van netjies maak nie. Dit gaan aan daaroor dat jy ’n verwelkome­nde nde en positiewe omgewing in jou u huis skep.”

Dit klink dalk na wollerige woorde, oorde, maar dit ontlok ’n sterk emosionele reakk sie by gesinne w wat beplan om moue op te rol en al hul d dinge te sorteer.

Marie gebruik ’n vyffase-stelsel van opruim deur besitt besittings in vyf kategorieë te verdeel: klere; boeke; bo dokumente; allerlei gebiede soos di die kombuis, garage, badkamer en speelkamer; speelk en sentimente­le items, soos foto’s, foto’ trouvideo’s en erfgoed.

Sy gaan deur elke e kategorie en sorteer dit voor sy die v volgende een takel. Haar toets vir wat moet mo bly en wat moet waai, is of die item jou vreugde verskaf. Uiteraard hou jy die dinge wat jy nodig het, maar as jy meer mee as een item met dieselfde nut het, hou jy net dié wat jou gelukkig maak. Die D res kan waai.

Wat bedoel sy met die uitdrukkin­g “die vreugdevon­ke laat la spat”? “Jy sal ’n ‘aha’oomblik hê wan wanneer jy besef wat dit beteken,” sê sy. “Jy voel dit wanneer jy ’n hondjie vashou of jou gunsteling­uitrusting dra. Dis ’n w warm, positiewe gevoel.”

Dis hoekom items i met sentimente­le waarde laaste aan a die beurt kom, want teen daardie tyd het jy al ’n gevoel vir wat jou vreugde gee. gee En dan is jy al sterk genoeg om besluite besluit te neem oor items wat gevoelens wak wakker maak. Haar meto metode neem kliënte op ’ n emosionele wipwarit. In die eerste episode be begin Rachel en Kevin, ’n jong paartjie paar met klein kinders, deur hul hu klere sorteer. Marie dring a aan hulle haal elke kledingst dingstuk wat hulle besit uit en

pak dit d in ’n hoop. Die daad wek ’n diep reaksie by Rachel op, wat geskok k ki is oor die di berg b klere. kl “Ek “Ekh het t ongeloof, afkeer en skaamte ervaar omdat ek soveel dinge het,” sê sy.

Dan sê Marie: “Voor jy ’n item uitgooi, moet jy dit vir sy diens bedank en dit óf weggooi óf vir iemand anders gee.”

ROMMEL is dikwels die gevolg van ’n wanordelik­e en stresvolle huis, volgens Joseph Ferrari, ’n sielkundep­rofessor aan die DePaul-universite­it in Chicago wat die oorsake van rommel en die uitwerking daarvan op emosionele welstand bestudeer.

“Rommel is ’n oorvloed van besittings wat chaotiese en wanordelik­e leefruimte­s skep,” het hy aan The New York Times gesê. In navorsing op drie groepe volwassene­s – studente, volwassene­s tussen 20 en 30, en ouer volwassene­s meestal in hul 50’s – het Joseph ’n verband tussen alle ouderdomme en hul rommelgewo­ontes gevind.

In haar reeks besoek Marie kliënte van alle ouderdomme in die hoop om hul huis ’n hawe van vrede en orde te maak.

“Terwyl jy opruim, kan dit voel asof goed deurmekaar­der as voorheen is. Maar moenie bekommerd raak nie,” sê Marie. “Volg die proses stap vir stap; die opruim sal wel ophou.”

En wanneer dit gebeur, het jy haar einddoel bereik: In jou hart sal ’n vreugdevuu­r brand.

 ??  ?? LINKS: Marie help ’n kliënt om te besef hoeveel klere sy het deur haar te vra om al haar kledingstu­kke op ’n hoop te plaas. ONDER: Sy (links) en haar tolk, Marie Iida, gesels met Wendy en Ron, wie se kinders pas uit die huis getrek het.
LINKS: Marie help ’n kliënt om te besef hoeveel klere sy het deur haar te vra om al haar kledingstu­kke op ’n hoop te plaas. ONDER: Sy (links) en haar tolk, Marie Iida, gesels met Wendy en Ron, wie se kinders pas uit die huis getrek het.
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die Japannese opruimkenn­er Marie Kondo. LINKS: In haar Netflix-reeks besoek sy Amerikaner­s rs se huise om hulle te e help om orde te skep. ep. REGS en HEEL REGS: GS: Sy help ’n kliënt om m van haar afgestorwe we man se besittings ontslae te raak. Marie wys die twee ma’s Sehnita (LINKS) en Rachel (REGS) in haar TV-reeks hoe om hul woelige gesinswoni­ngs in plekke van vrede en orde te omskep.
HOOFFOTO: Die Japannese opruimkenn­er Marie Kondo. LINKS: In haar Netflix-reeks besoek sy Amerikaner­s rs se huise om hulle te e help om orde te skep. ep. REGS en HEEL REGS: GS: Sy help ’n kliënt om m van haar afgestorwe we man se besittings ontslae te raak. Marie wys die twee ma’s Sehnita (LINKS) en Rachel (REGS) in haar TV-reeks hoe om hul woelige gesinswoni­ngs in plekke van vrede en orde te omskep.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa