Huisgenoot

Jong ballerina oorleef ongeluk en koma

Ná ’n motorongel­uk was dié jong ballerina se lewe in gevaar. Vandag staan dokters verbaas oor haar merkwaardi­ge herstel

- Deur LESEGO MAJA Foto: GERHARD DE BRUIN

MET ’n pienk rokkie aan stap sy hand aan hand met haar ma en pa in die hospitaalg­ang af. Net die verband om haar kop verklap hoe naby die 13-jarige Kiara MunGavin aan haar dood gekom het. ’n Paar weke gelede was die moontlikhe­id sterk dat die pragtige tiener nooit weer sou kon loop nie nadat sy ’n ernstige breinbeser­ing in ’n motorongel­uk opgedoen het. Maar die talentvoll­e ballerina verbaas selfs haar dokters met haar herstel, en almal hou duim vas sy sal eendag weer haar dansskoene kan aantrek.

Boonop het sy ’n besonderse operasie ondergaan op haar pad na herstel: ’n Deel van haar skedel is verwyder en word nou in haar maag geberg voor dit in haar kop teruggepla­as sal word.

Die afgelope feestyd was vir haar ouers, Jaci en Richard, met seer en onsekerhei­d gevul terwyl die naasoudste van hul sewe kinders se lewe aan ’n draadjie gehang het. Kiara en haar ma was op pad na die Oukersaand­diens in die Anthem-kerk in Durban- Noord waar Jaci ( 38) en Richard (40) albei pastore is. Jaci het in die kerk se parkeerter­rein ingedraai toe ’n motorfiets die motor tref aan die kant waar Kiara sit.

“Ek het oor twee bane verkeer gedraai en ’n motor gesien, maar nie die motorfiets wat besig was om dié kar verby te steek nie,” vertel Jaci waar ons met haar en Richard by die Netcare Umhlangaho­spitaal gesels.

Jaci het geskok maar sonder ’n skrapie aan haar na haar dogter gedraai wat gelyk het asof sy by die venster uitstaar. “Ek het gesê: ‘Sjoe, kan jy glo wat gebeur het?’ en toe val Kiara in my skoot.” Haar oë was wyd oop, maar sy was bewusteloo­s. “Sy was in die eerste fase van ’n koma waarin ’n mens nie kan reageer nie.”

Bloed het uit haar dogter se kop gestroom, en toe Jaci daarop druk, voel sy ’n gat in haar skedel.

Sy het ’n motorwag geroep, en hy het kerk toe gehardloop om Richard, wat vroeër met hul ses ander kinders aangekom het, te gaan soek. Dié het ’n ambulans gebel, en Kiara is hospitaal toe gehaas. Die motorfiets­ryer het geringe beserings opgedoen en intussen heeltemal herstel.

Maar Kiara se dokters het onrusbaren­de nuus vir haar ontstelde ouers gehad: ’n Palmgroott­e-stuk van haar skedel het gebreek, en splinters het die brein links voor binnegedri­ng. “Daar was net een opsie,” sê Richard. “Sny haar oop en verwyder die splinters uit haar brein.”

Sy is teater toe gestoot vir ’n operasie wat eindelik vyf uur geduur het. Dinge het so sleg gelyk dat die Mun-Gavins, hul familie, vriende en die hele gemeente gebid het vir ’n wonderwerk.

DIE dae het in ’n waas verbygesle­ep vir Kiara se ouers en haar suster en broers, Jada (16), Jed (11), Rourke (9), Samuel ( 9), Kade ( 8) en Tyden (6). Haar hart het verswak en die bloedvloei, en dus suurstof na haar brein, was beperk. Op Kersoggend het die gevreesde

oproep van die hospitaal gekom: Kiara se toestand verswak en Jaci en Richard moet dadelik kom toestemmin­g gee vir ’n kraniëktom­ie (sien kassie). Die neurochiru­rg het ’n stuk van Kiara se skedel verwyder om die druk te verlig wat deur die geswelde brein veroorsaak is.

Die stuk been is in Kiara se maag ingeplant waar dit veilig, steriel en gevoed gehou word. Dit sal in Februarie weer op sy plek teruggesit word.

Hoewel die operasie suksesvol was, het Kiara se longe platgeval.

“Sy het weens die operasie in die diepste soort koma verval,” sê Jaci.

Op 27 Desember het Jaci ’n vriendin, Nicole Cilliers, saamgeneem hospitaal toe om vir Kiara te sing. “Terwyl sy gesing het, het my suster op die monitor gesien hoe die binneskede­ldruk van ’n gevaarlike 22 tot 16 verlaag.”

Die liedjie wat sy gesing het, Only You, is op die speellys van die kerk se gospelalbu­m wat die oggend van die ongeluk bekendgest­el is. Dit gaan daaroor om nie bang te wees nie.

“Twee dokters het gesê dit gaan die mediese wetenskap te bowe,” vertel Richard. “Vir ons is dit ’n wonderwerk. Dis God se ingryping.”

Vyf dae later het Kiara haar oë oopgemaak.

JACI onthou toe sy Kiara destyds die eerste keer in haar baarmoeder voel skop het. Sy het gewonder of sy haar dalk verbeel het, maar die volgende oomblik het die baba so hard geskop sy kon dit sien.

Iets soortgelyk­s het op 31 Desember gebeur toe sy gewonder het of sy haar verbeel dat Kiara haar hand bewustelik of as ’n refleks gedruk het. “Toe sit ek ’n bietjie langer en sê eindelik vir haar: ‘Goed, liefie, ek gaan nou loop,’ en daar gryp sy my vingers en trek my hand terug. Toe weet ek ek verbeel my nie.”

Kort hierna het sy aan Richard se baard en Jaci se gesig geraak.

Die dapper meisie, wat ons net kortliks tydens ons besoek kon ontmoet, is nou weer op die been.

Sy ontvang fisio-, spraak- en arbeidster­apie. Hulle laat haar reeds somme doen – hul dogter was nog altyd “briljant” met wiskunde, vertel die trotse ouers – en sy praat al volsinne.

Hoewel haar dokters nie kan sê of Kiara heeltemal sal herstel nie, bly haar ouers positief.

“Wat soos ’n tragedie gelyk het, het nou ’n triomf geword,” sê Jaci. EKSTRA BRON: BRAINSURGE­RY.CO.ZA

 ??  ?? HOOFFOTO: Kiara Mun-Gavin (13), haar pa, Richard, en ma, Jaci. Kiara herstel merkwaardi­g nadat sy ’n ernstige breinbeser­ing opgedoen het. INLAS: Dié dapper tienermeis­ie voor die ongeluk.
HOOFFOTO: Kiara Mun-Gavin (13), haar pa, Richard, en ma, Jaci. Kiara herstel merkwaardi­g nadat sy ’n ernstige breinbeser­ing opgedoen het. INLAS: Dié dapper tienermeis­ie voor die ongeluk.
 ??  ?? Kiara (tweede van regs) en haar suster en broers (van links), Kade, Tyden, Jed, Jada, Rourke en Samuel.
Kiara (tweede van regs) en haar suster en broers (van links), Kade, Tyden, Jed, Jada, Rourke en Samuel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa