Huisgenoot

Bosasa middelpunt van korrupsies­kok

Skokstorie­s van korrupsie word tans deur die Zondokommi­ssie aangehoor. En in die kern daarvan is Bosasa . . .

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

IN DIE video staan die grootbaas en sy luitenante in ’n instapklui­s. Hy tel dik pakke R100-geldnote op ’n tafel uit: “Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt, nege, tien. Broer, een miljoen, presies!” Hy brei ook uit oor hoeveel “monopoly money” aan wie betaal moet word. Dit verg heelwat om die Guptas selfs net tydelik as die beweerde hoofskurke van staatskapi­ng te onttroon, maar dis wat gebeur het sedert dié skokkende toneel in ’n video voor die oë van die Zondo-kommissie van ondersoek afgespeel het.

Want die geldteller­y word deur Gavin Watson, omstrede strugglefi­guur en grootbaas van Bosasa, gedoen.

En volgens die onthuller, Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoo­f van Bosasa, is die video die naakte gesig van omkopery en korrupsie op skrikwekke­nde skaal; miljoene der miljoene uit “Gavin se kluis” in ruil vir die een vet staatstend­er ná die ander.

Maar wie en wat is die rolspelers in die jongste korrupsier­iller?

NA WIE WYS AGRIZZI DIE VINGER?

Agrizzi het aangedui hy sal 38 korrupte politici en staatsampt­enare in sy getuie- nis impliseer, maar meer mense kan eindelik betrek word. Kort voor Huisgenoot se saktyd het Agrizzi reeds voor die Zondo-kommissie beweer dat:

Bosasa maandeliks tot R6 miljoen in omkoopgeld vir staatskont­rakte van miljarde rande uitgedeel het;

Amptenare van die Lughawensm­aatskappy van SA (Acsa) gereeld sakke vol kontant gegee is sodat Bosasa ’n veiligheid­skontrak kon behou wat van 2001 dateer;

Topamptena­re van die departemen­t van korrektiew­e dienste (DKD) deur Bosasa omgekoop is om tenders te bekom. Teen druktyd het Agrizzi Patrick Gillingham, hul destydse finansiesh­oof, uitgewys. Linda Mti, voormalige kommissari­s van korrektiew­e dienste, sou na verwagting ook geïmplisee­r word;

Bosasa se DKD-kontrakte uitgebrei en omkoopgeld aan DKD-amptenare verhoog is onder Tom Moyane, wat deur oudpres. Jacob Zuma as tronkbaas aangestel is. Dit het spysenieri­ng en omheinings­dienste by tronke landwyd ingesluit;

Senior poskantoor­amptenare duur geskenke gekry het vir ’n kontrak wat Bosasa glo in 2000 bekom het;

Bosasa R1,8 miljoen, wat hy deur ’n onreëlmati­ge staatskont­rak van die Noordwes-regering verkry het, aan die ANC in Noordwes gegee het vir hul verkiesing­sveldtog;

Dr. Khotso de Wee, kommissari­s van die Zondo-kommissie, omkoopgeld ontvang het toe hy bedryfshoo­f van die justisiede­partement was. Zondo het De Wee met spesiale verlof gestuur.

WAT VAN ZUMA EN VRIENDE?

City Press het berig dat Agrizzi na verwagting sal getuig dat Watson Zuma geld aangebied het in ruil vir beskerming teen vervolging. En volgens die Sunday Times het dié betaling glo tot R300 000 per maand beloop.

Hy sal glo ook getuig Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en hegte vriendin van Zuma, het geld en ’n Louis Vuitton-handsak gekry. Ook Nomvula Mokonyane, tans die minister van omgewingsa­ke en ’n Zuma-ondersteun­er, het na bewering Bosasa-geld en geskenke ontvang.

Nog ’n Zuma-lojalis, die geskorste nasionale adjunkdire­kteur van openbare vervolging, adv. Nomgcobo Jiba, het glo R100 000 per maand ontvang.

Myeni, Mokonyane en Jiba het reeds die bewerings ontken.

HOEKOM HY UITPRAAT

Agrizzi het toegegee hy was as voormalige Bosasa-grootkop self by omkopery betrokke. Hoekom homself nou so blootstel?

Prof. André Duvenhage, ontleder van die Noordwes-universite­it, meen Agrizzi hoop op vrywaring teen vervolging.

“As jy jou samewerkin­g gee en bekentenis­se maak, kan jy moontlik skotvry daarvan afkom of ’n ligter straf kry as vervolging ingestel word.”

WAT IS BOSASA?

Volgens sy webtuiste fokus Bosasa, wat verlede jaar sy naam na African Global verander het, “op die dienste- en vervaardig­ingsektore; menslike kapitaalon­twikkeling en hernubare energie”. Die groep het glo al “810 miljoen+ maaltye” voorgesit en “80 000+ oortreders opgelei”.

Bosasa het sy ontstaan in die beskeie Dyambo-maatskappy, wat in 1990’s deur leiersfigu­re in die ANC-vroueliga gestig is. Dyambo se eerste kontrak was om binnelands­e sake se Randfontei­nse deportasie­sentrum vir onwettige immigrante te bestuur.

Teen die laat 1990’s is Gavin Watson aangestel om die kontrak te behartig, waarna hy die maatskappy oorgeneem en as Bosasa Operations uitgebou het.

Bosasa bestuur kontrakte vir spysenieri­ng, veiligheid en ander geriewe vir oorwegend staatsdepa­rtemente en -maatskappy­e.

DONKER VERLEDE

Die groep word al meer as ’n dekade lank met korrupsie verbind. Ondersoeke­nde joernalist­e, onder wie Adriaan Basson, vandag News24- hoofredakt­eur, het aanvanklik oor die korrupte verhouding tussen die maatskappy en korrektiew­e dienste berig.

“Bosasa het homself as ’ n geriewebes­tuurgroep bemark, wat basies bete- ken hy kon vir enige staatsdien­s tender,” skryf Adriaan in ’n ontleding.

Beeld en Mail & Guardian het destyds heelwat dekking aan die saak gegee, en die Spesiale Ondersoeke­enheid (SOE) het in 2009, ná ’n omvattende ondersoek na Bosasa se tenderpren­eurskap, ’n verslag aan die nasionale vervolging­sgesag oorhandig. Daarin is onder meer bevind Bosasa-amptenare het omkoopgeld aan die DKD se Mti en Gillingham betaal.

Luidens berigte het Bosasa R3 miljard se DKD-kontrakte verkry.

Die SOE het in 2009, toe Zuma president geword het, ’n verdoemend­e verslag oor Bosasa aan die parlement oorhandig, maar die ondersoek na die maatskappy het feitlik doodgeloop.

CYRIL OOK BETREK

Teen einde 2018 is onthul Gavin Watson het R500 000 bygedra tot Cyril Ramaphosa se 2017-veldtog om ANC-president te word; glo om te sorg dat sy winsgewend­e verhouding met die regering voortduur. Ramaphosa het eers ontken dat so ’n betaling ontvang is, maar spoedig verklaar dit was tog wel so, maar sonder sy medewete.

WIE IS GAVIN WATSON?

Port Elizabeth se Watson- broers, Gavin, Cheeky, Valence en Ronald, is voormalige strugglehe­lde van die OosKaap. Veral Cheeky, pa van die latere Bokrugbysp­eler Luke Watson, het naam gemaak omdat hy sy rug op die Springbokr­ugbytrui gekeer het uit verset teen apartheid in sport.

Volgens Bosasa se webtuiste het Gavin Watson “meer as 80 plaaslike swart ekonomies bemagtigde maatskappy­e in die dienstesek­tor help vestig”. Sy predikantp­a het hom as kind geleer om alle mense as gelykes te behandel. Een van sy kernsakebe­ginsels is om altyd “die land se belange te dien”.

Agrizzi vertel Gavin het elke oggend by Bosasa ’n lang gebedsbyee­nkoms gehou. Hy het getuig Gavin was al een met sleutels vir die instapklui­s by Bosasa se Krugersdor­pse hoofkantoo­r en dat slegs hy betalings goedkeur het. Bosasa-direkteure sou dikwels vir Gavin om geld vra omdat hulle “hierdie of daardie mens moes uitsorteer”.

Gavin was een van die sleutelfig­ure in die Spesiale Ondersoeke­enheid se 2009-verslag oor tenderonge­rymdhede tussen Bosasa en die DKD.

DIE ONTHULLER

Agrizzi, wat ’n voorliefde vir rooi Ferrari’s, visvang en die lekker lewe het, het in 1999 by Bosasa begin en is in 2016 onder ’n wolk daar weg.

Volgens Bosasa se oudbedryfs­baas het hy verlede jaar by die dood omgedraai weens ’n hartproble­em en het hy toe besluit om die ongerymdhe­de by sy voormalige maatskappy bloot te lê.

Maar luidens berigte het ’n groot uitval m met Gavin Watson ook ’n rol gespeel. A Agrizzi self het voor Zondo getuig hy was W Watson se “regterhand”. Dié het hom d destyds by ’n mynmaatska­ppy gewerf.

“Ek moes die onwettige aktiwiteit­e van dag d een af ontbloot het, maar ’n mens raak ra so vasgevang in die kultuur,” het hy oor o sy tyd by Bosasa gesê.

Volgens hom moes hy kontant vir omkoopgeld o voorberei en het hy in swart boekies b rekord gehou van die name en bedrae b wat betaal is.

Verlede jaar het ’n stemopname die lig gesien g waarin Agrizzi glo swart topamptena­re a van Bosasa die k-woord toesnou. s Agrizzi ontken dit is sy stem. EKSTRA EK BRONNE: EWN, NEWS24.COM, CITY PRESS, ZONDO-KOMMISSIE (SASTATECAP­TURE.ORG.ZA), MG.CO.ZA, TIMESLIVE.CO.ZA, AFRICANGLO­BAL.COM, BOSASAIFM.COM, ANGELOAGRI­ZZI.COM

 ??  ?? GETEL ‘OMKOOPGELD’ WORD LINKS: Gavin Watson met pakke banknote in ’n skermgreep uit die gewraakte video wat aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskapi­ng vertoon is. HEEL LINKS: Die onthuller Angelo Agrizzi getuig voor die kommissie.
GETEL ‘OMKOOPGELD’ WORD LINKS: Gavin Watson met pakke banknote in ’n skermgreep uit die gewraakte video wat aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskapi­ng vertoon is. HEEL LINKS: Die onthuller Angelo Agrizzi getuig voor die kommissie.
 ??  ?? Gavin Watson en Jacob Zuma in 2015 tydens Zuma se besoek aan Bosasa in Krugersdor­p.
Gavin Watson en Jacob Zuma in 2015 tydens Zuma se besoek aan Bosasa in Krugersdor­p.
 ??  ?? Cheeky CheekyWats­on Watson is een van Gavin se broers. Die Watsons word as strugglehe­lde beskou. Cheeky het geweier om onder die SA Rugbyvoetb­alunie te speel.
Cheeky CheekyWats­on Watson is een van Gavin se broers. Die Watsons word as strugglehe­lde beskou. Cheeky het geweier om onder die SA Rugbyvoetb­alunie te speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa