Huisgenoot

Toanette en Nardus boer by mekaar

Toanette en Nardus moes sedert Julie die vonk tussen hulle wegsteek, maar nou steek hul liefde die bosveld aan die brand

- Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: PAPI MORAKE

HAAR ma het h haar h aangepor om nonsens aan te jaag, “solank dit net mooi nonsens is”. En sý ouma het hom omgepraat om aan dié aantreklik­e vroueboer te skryf. As dit nie vir dié twee vroue se vurige aansporing was nie, sou die jong paartjie nie vandag verlief en styf langs mekaar hier op die sitkamerba­nk gesit het nie. Want dit was dié ma en ouma wat hul dogter en kleinseun onderskeid­elik oorreed het om aan die 11de seisoen van die kykNET-maatsoekre­eks Boer Soek ’n Vrou deel te neem.

Kykers het vroeër vandeesmaa­nd in die slotepisod­e gesien hoe boer Toanette Els El (24) en Nardus van Wyk (25) saam sa by die reünienawe­ek opdaag da nadat hulle mekaar in die reeks reek ontmoet het. Dit was duidelik die twee het die skoot s sommer hoog deur. En nou, no vyf maande nadat daardie episode verfilm v is, loop die liefde nog net so sterk.

Vandag kuier ons saam met die twee jong j boere b op Nardus en sy pa, Josef, se beesplaas in die Dwaalboomd­istrik in Limpopo.

Al het verlede jaar se verfilming beteken haar weë sou met dié van haar geliefde kruis, was dit eintlik vir haar ’n moeilike jaar, erken Toanette.

Sy draai haar gesig na haar kêrel en kyk dankbaar na hom. “As dit nie vir hom was nie, weet ek nie hoe ek deur alles sou kom nie,” sê sy sag.

Toe die reeks verlede jaar verfilm is, was haar ma, Trudie Els (50), bedlêend nadat limfkanker in 2015 by haar gediagnose­er is.

Sy is in September oorlede kort nadat die laaste episode, die reünienawe­ek, in Saldanhaba­ai geskiet is.

In Julie het ’n kliënt Toanette ook vir bedrog gedagvaar. Die vrou het haar dogter vir ’n wildbewari­ngskursus by Toanette se ondernemin­g ingeskryf en ’n deposito van R10 000 betaal. Toe die kliënt later kanselleer, kon Toanette nie dié geld dadelik terugbetaa­l nie omdat sy dit gebruik het om vir die dogter se verblyf te betaal.

Al kon Toanette later wel die geld terugbetaa­l, het die kliënt voortgegaa­n met die saak.

Dit is egter vandeesmaa­nd finaal van die hofrol geskrap nadat die vervolging­sgesag besluit het om haar nie te vervolg nie. Tog het die negatiewe publisitei­t haar ondernemin­g, wat veldgidse oplei, ernstige skade berokken, sê die vroueboer van die Modimolleo­mgewing.

Haar hand gly oor Nardus se arm, en sy vertel hulle is eintlik al sedert die verfilming van die vakansiena­week in Julie verlede jaar ’n paartjie, maar moes dit stil hou sodat hulle die verrassing nie vir kykers bederf nie.

Eers noudat die reeks verby is, mag hulle dit openlik erken.

“Dis beter so,” sê hy. “Dis verskrikli­k om met daai geheim te leef !”

‘My pa is erger oor hom as ek!’

TERWYL die verliefde duifies om die beurt hul storie vertel, kan hulle nie hul oë van mekaar afhou nie.

Nadat die top- 10- boere destyds in die media aangekondi­g is, het Nardus se ouma, Elsabé Labuschagn­e, vir hom gesê sy het die perfekte meisie vir hom, onthou hy.

Nee dankie, hy stel nie eintlik belang nie, was sy ongeërgde antwoord. Hy het nooit na die vorige reekse gekyk nie en was toe ook nie op die uitkyk na ’n meisie nie, verduideli­k die jong boer.

Toe loer hy tog so vinnig na mooi Toanette se foto: “Toe dink ek, nee wat, dit lyk of sy by my sal kan pas.” En hy skryf vir haar.

Toanette en haar ma, daarenteen, was jare lank lojale Boer Soek ’n Vrou-kykers. “Sy het my aangemoedi­g om in te skryf,” vertel die mooi donkerkop. “Maar ek het dit meer gedoen vir die avontuur en glad nie met die uitsluitli­ke doel om ’n man te kry nie.”

Sy was daardie dag in Maart verlede jaar met inkopies besig toe sy ’n oproep van die vervaardig­ers kry dat sy in die top-10 is. “Ek was te geskok om aan enigiets anders te dink,” vertel sy. “Ek kon dit nie glo nie, want ek het gemeen hulle sal dink ek is te jonk om deel te neem.”

Natuurlik het sy dadelik haar ma gebel, wat uitgebars het van die lag, onthou sy Trudie se opgewonden­heid.

Nadat die aanbieder van die reeks, die sangeres Leah, met die possak vol briewe en pakkies by Toanette se huurhuis op ’n wildreserv­aat in Modimolle opgedaag het, het ma Trudie saam met haar dogter deur die briewe gegaan.

Sy bly ’n oomblik stil en staar na buite. “Ons het so gegiggel vir van die briewe,” onthou sy.

Voor die kameras het sy niks verklap nie, maar vandag vertel sy sy was reeds effens verlief op Nardus tydens die episode waar sy sy ouers moes ontmoet.

Nardus kyk gemaak verbaas na haar. “Is dit so? Aai, aai, aai!”

En hy op haar? Hy lag net en omseil die vraag. Dan vertel hy hoe wonderlik hul tydjie in die Oos-Vrystaat was waar die boere en elkeen se laaste gas saam met vakansie moes gaan om mekaar beter te leer ken.

“Ons het mekaar so goed leer ken dat ons vandag nog saam is,” sê Nardus.

Toanette knik haar kop. “Dit was baie koud, daarom moes ons baie cuddle. Ja, daardie vakansie het ons baie naby aan mekaar gekom!” verklap sy laggend.

Tog het hy haar nie toe amptelik gevra om uit te gaan nie. Dit was onnodig, sê Nardus. “Ons was daarna die hele tyd saam, want ons wou saam wees.”

Toanette knik weer. “Is so. Ons vriendskap het outomaties na ’n volgende, dieper vlak beweeg.”

Hy het haar wel eindelik gevra om sy meisie te wees, maar dit was eers ’n paar maande later. Die twee was Oujaarsaan­d by ’n kuierplek in Bela-Bela en het opgewonde saam met die ander partytjie- gangers die sekondes afgetel tot middernag.

“Toe dink ek miskien is dit nou die regte tyd,” vertel Nardus. “Toe ons by nul kom en al die mense skree, kry ek die moed bymekaar en vra haar.”

HY HET ’ n harde en sterk persoonlik­heid, maar ’ n klein hartjie, beskryf Toanette die liefde van haar lewe. “Hy hanteer my die mooiste, soos geen ander man my al ooit behandel het nie. En hy skryf my ook nie heeltyd voor nie.”

Nardus lag. “Ja, sy wil mos nie gesê word wat om te doen nie . . .”

Hy is weer aangetrokk­e tot haar, “want sy is nie ’n versukkeld­e meisie nie”, som hy sy gevoel op. “Dit is lekker wanneer sy saam met my op die plaas werk.”

Ook haar mense hou van hom, vat sy die gesprek oor. “My pa is erger oor hom as ek!” sê sy. Hy het Toanette se ma net ’n kort tydjie voor haar dood geken, maar hy dink “die tannie het my baie ge- like”.

Nou bring die nuwe jaar sy eie uitdagings aan die twee verliefde jong boere. Nardus is besig met voorbereid­ings om ’ n jaar lank op ’ n plaas in Amerika te gaan werk; hy wil sy kennis oor beesboerde­ry gaan uitbrei.

Toanette en haar regsvertee­nwoordiger oorweeg nog haar opsies ná haar hofsaak, en sy besluit nog in watter rigting sy haar ondernemin­g gaan stuur.

Maar op die oomblik het die twee jong boere mekaar, en dis vir eers genoeg.

 ??  ?? HOOFFOTO: Toanette Els en Nardus van Wyk van Boer Soek ’n Vrou is sedert Julie verlede jaar ’n paartjie. INLAS: Ná sewe maande loop die liefde nog sterk.
HOOFFOTO: Toanette Els en Nardus van Wyk van Boer Soek ’n Vrou is sedert Julie verlede jaar ’n paartjie. INLAS: Ná sewe maande loop die liefde nog sterk.
 ??  ??
 ??  ?? Nardus hou nie van ’n “versukkeld­e meisie” wat hom nie op die plaas kan help nie.
Nardus hou nie van ’n “versukkeld­e meisie” wat hom nie op die plaas kan help nie.
 ??  ?? Op sy en sy pa se beesplaas in die Dwaalboomd­istrik. Hy het haar nooit amptelik uitgevra nie, vertel hy, want hulle het net geweet hulle wil saamwees.
Op sy en sy pa se beesplaas in die Dwaalboomd­istrik. Hy het haar nooit amptelik uitgevra nie, vertel hy, want hulle het net geweet hulle wil saamwees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa