Huisgenoot

Twee sluipmoord­enaarbroer­s soek wraak in The Sisters Brothers

- – FRANCO HAVENGA

Western. Met John C. Reilly, Joaquin Phoenix, Riz Ahmed en Jake Gyllenhaal. Regisseur: Jacques Audiard. 16DTSG.

Waaroor gaan dit?

Dié fliek speel in 1851 in Amerika af met die goudstorml­oop in Kalifornië as agtergrond.

Twee broers, Eli (Reilly) en Charlie Sisters (Phoenix), kry die opdrag om ’n man genaamd Hermann Warm (Ahmed) op te spoor en te vermoor.

Met bitter min inligting oor waarom Warm met sy lewe moet boet, pak die Sisters-broers ’n landwye avontuur aan met behulp van die verkenner John Morris (Gyllenhaal).

Is dit die kyk werd?

As visuele kunswerk gee die hoog aangeskrew­e Franse regisseur Jacques Audiard op die grootskerm lewe aan dié verhaal, wat gegrond is op die historiese roman uit 2011 deur die Kanadees gebore skrywer Patrick deWitt.

Die rolprent se pas is stadig en herinner aan ou spaghetti-westerns soos My Name Is Nobody (1973). Sommige tonele kan dus vir kykers langdradig en vervelig raak. Tog het Audiard elke toneel versigtig saamgeweef om ’n paar sterk oomblikke en fabelagtig­e natuurtone­le te skep. Dié natuurtone­le is ongeloofli­k mooi op die grootskerm.

Hoewel al die akteurs hul rolle oortuigend vertolk, skort daar in sommige tonele iets in die interaksie tussen die karakters.

The Sisters Brothers boet dalk die belofte van ’n aksiebelaa­ide lokettreff­er in ten gunste van ’n avontuur waar die reis belangrike­r as die bestemming is. Maar al verg dit ’n langerige stilsit, is dit die kyk werd.

 ??  ??
 ??  ?? FLIEKS HOOFFOTO: Charlie (Joaquin Phoenix,) en Eli Sisters (John C. Reilly) is sluipmoord­enaars in The Sisters Brothers. BO: Hermann Warm (Riz Ahmed) is die man wat hulle moet vermoor en John Morris (Jake Gyllenhaal) is ’n verkenner wat die broers help.
FLIEKS HOOFFOTO: Charlie (Joaquin Phoenix,) en Eli Sisters (John C. Reilly) is sluipmoord­enaars in The Sisters Brothers. BO: Hermann Warm (Riz Ahmed) is die man wat hulle moet vermoor en John Morris (Jake Gyllenhaal) is ’n verkenner wat die broers help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa