Huisgenoot

Martin Garrix, ’n talentvoll­e jong DJ, trek aandag

DIÉ JONG DJ IS NIE VERNIET AS DIE WÊRELD SE VOORSTE PLATEJOGGI­E AANGEWANGE­WYS NIE

-

TREFFERS

Dié DJ (Martijn Gerard Garritsen) het sedert 2012, toe hy ’n platekontr­ak losgeslaan het, talle treffers gehad, van die aansteekli­ke Animals tot In the Name of Love (saam met Bebe Rexha) en Scared to Be Lonely (saam met Dua Lipa).

MODEL

Martin is ook ’n model en was in 2017 die gesig van Armani Exchange se herfsreeks.

GELD KONING

Hy was verlede jaar 10de op die finansiële tydskrif Forbes se lys van rykste DJ’s in EDM (elektronie­se dansmusiek). Hy was toe R182 miljoen sterk.

NO.1-DJ

Die Nederlands­e musiekster (22) het ’n groot jaar agter die rug. In 2018 was hy die derde jaar agtereenvo­lgens die no. 1-DJ op die Britse tydskrif DJ Mag se lys van top-100-DJ’s. Hy het ook sy eie wasbeeld by Madame Tussauds in Amsterdam gekry en ’n fotoboek getiteld Life = Crazy uitgereik.

H Y’S GEVAT!

Gerugte doen die ronde dat die sangeres Dua Lipa (23) onder sy ekse tel. Hy en die model Charelle Schriek (27) gaan al twee jaar uit.

BEROEMDE BESTIE

Hy het aanvanklik nie geweet sy vriend Ansel Elgort (24) van Baby Driver-faam is beroemd toe hulle mekaar in 2014 in Amsterdam ontmoet het nie omdat hy “skaars flieks kyk”. Eers nadat hy ’n foto van hulle op Instagram gedeel en mense daarop kommentaar gelewer het, het hy besef Ansel is wêreldbeke­nd.

 ??  ??
 ?? Saamgestel de JODY-LYNNN TAYLOR ??
Saamgestel de JODY-LYNNN TAYLOR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa