Huisgenoot

Ariana Grande

- Deur COLIN HENDRICKS

Die musiekbedr­yf het ’n groot jaar agter die rug. Dit was die een treffer ná die ander, met kookwaterm­usiekvideo’s – en 2019 beloof om net so opwindend te wees. ’n Paar sangers en oorwurms het uitgestaan. Kyk hier hoe goed jy met jou musiek bygehou het

1 Verlede jaar het ’n sangeres se musiektoer die rekord opgestel vir die toer wat die meeste geld verdien het in Amerika – ’n allemintig­e R2,8 miljard! Wie is dié sangeres?

A □ Beyoncé B □ Cardi B C □ Taylor Swift

2 Watter plaaslike rapper is vir die Afrikaanse liedjie Arend verantwoor­delik wat gereeld in die telenovela Arendsvlei op kykNET & kie gehoor word?

A □ YoungstaCP­T B □ Yoma C □ Shane Eagle

3 Die Amerikaans­e rapper Post Malone se aanhangers is gaande oor sy nuwe enkelsnit, Sunflower, saam met Swae Lee. Op die klankbaan van watter fliek, wat onlangs ’n Golden Globe losgeslaan het, is dié trefferlie­djie?

A □ Black Panther B □ Spider-Man: Into the Spider-Verse C □ Incredible­s 2

4 Die plaaslike sangeres Holly Rey het ons omtrent met haar wegholtref­fer

laat dans wat nou nog op plaaslike trefferlys­te boer. Wat is die naam van dié gewilde liedjie?

A □ Deeper B □ Drive C □ Banomoya

5 Ariana Grande se uitmaaklie­djie Thank U, Next, was ’n reusetreff­er. Die musiekvide­o is al meer as 250 miljoen keer op YouTube gekyk. Watter bekende ma maak ’n gasverskyn­ing aan die einde van dié musiekvide­o?

A □ Angelina Jolie B □ Kris Jenner C □ Jennifer Lopez

6 Watter liedjie het vanjaar die Golden Globe vir die beste oorspronkl­ike liedjie in ’n fliek gewen?

A □ Shallow – Lady Gaga & Bradley Cooper B □ All the Stars – Kendrick Lamar & SZA C □ Sunflower – Post Malone & Swae Lee

7 Watter sangeres het onlangs Ariana Grande se treffer Thank U, Next van die topposisie geskop om haar eerste no. 1-liedjie op die Billboard Top 100-enkelsnitt­refferlys te kry?

A □ Money – Cardi B B □ Ruin My Life – Zara Larsson C □ Without Me – Halsey

8 Watter kinderlied­jie wat in 2016 uitgereik is en verlede jaar soos ’n veldbrand aanlyn versprei het, het vroeër vandeesmaa­nd die top-40 op die Amerikaans­e Billboard Hot 100 gehaal toe dit ’n debuut op no. 32 maak?

A □ Wheels on the Bus – LittleBaby­Bum B □ Baby Shark – Pinkfong C □ Head, Shoulders, Knees & Toes – ChuChu TV

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa