Huisgenoot

Op ons speellys: Agt nuwe albums en enkelsnitt­e

Van enkelsnitt­e tot albums; van pop tot country. Dié musieklys bevat iets vir almal en sal jou inspireer, meesleur of laat dans

- Deur JACO HOUGH- COETZEE en NICI DE WET

4 BY 4 4WERKE

Die vierstuks Ray Dylan, Liezel Pieters, Nicholis Louw en Elizma Theron is bekend vir hul op-enwakker albums wat langarmlie­fhebbers na die dansbaan lok. Hul nuutste, in die country/pop-genre, is geen uitsonderi­ng nie. Dit bevat ’n klomp oorspronkl­ike liedjies waarvan Hart en die titelsnit uitstaan.

THE COUNTRY COLLECTION STEVE HOFMEYR

As jy ’n country- én Steve-aanhanger is, kan jy nie ’n fout maak met hierdie album nie. Dit bevat goue oues soos Lucille en My Way, asook “nuwer” treffers soos Dancing in the Dark en Kiss You All Over. Die duet Amanda saam met Demi Lee Moore staan uit as die absolute hoogtepunt.

LIVE IN BUENOS AIRES COLDPLAY

Dié dubbelalbu­m is op die laaste aand van Coldplay se Head Full of Dreams-toer opgeneem. As jy van regstreeks­e opnames hou, sal jy dié album baie geniet. Hulle sing talle Coldplay-treffers, maar onder dié wat uitstaan, is die nuwe tangoliedj­ie, Amor Argentina.

STERRE BRAND JAN BLOUKAAS & JANIE BAY

Die rapper Jan Bloukaas span saam met Janie Bay in hierdie polsende elektronie­se enkelsnit wat in die emosies van jong liefde en heimwee delf. Dit val in die pop/techno-genre en sal groot byval onder veral jongmense en klubganger­s geniet. Peach van Pletzen en Hunter Kennedy se invloed as medewerker­s kan duidelik in die liedjie gehoor word.

WHAT IS LOVE? CLEAN BANDIT

Dié Sweedse poptrio se tweede album is volgepak met radiovrien­delike treffers wat van tot 2016 dateer. Dit sluit in Symphony (met Zara Larsson) en die Demi Lovato-treffer Solo. Die album word gekenmerk deur sy rekenaarve­rvaardigde gehalte wat al die liedjies byna dieselfde laat klink. Dis nie sleg nie, net middelmati­g.

COUNTRY THINGS ALAN LADD

Met ’n musiekloop­baan wat terugstrek tot in die vroeë 2000’s en talle albums en pryse, is Alan ’n gunsteling onder liefhebber­s van tradisione­le countrymus­iek. Hier sing hy sy weergawes van bekende liedjies soos Blueberry Hill, Crazy en The Older I Get. Die staalkitaa­r word op die meeste van die verwerking­s gehoor.

KRAKE STRAATLIGK­INDERS

Krake is die tweede enkelsnit vanaf Verdwyn, Straatligk­inders se album wat in November 2018 uitgereik is. Die liedjie, geskryf deur die hoofsanger van die groep, Bouwer Bosch, ondersoek die omvangrykh­eid van die liefde. Dit is sterk kitaar- en tromgedrew­e en val in die pop/rock-genre. Die snit sal die jongklomp se aandag trek.

SECRETS TO MY GROWTH ROLENE STRAUSS

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld se album val in die genre “gesproke woord”, wat ook beskryf word as digkuns vir lewende optredes. Dis nog iets nuuts in Suid-Afrika. Dit bevat ’n versamelin­g inspireren­de lewensless­e en stories soos deur Rolene vertel en word begelei deur meesleuren­de agtergrond­musiek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa