Huisgenoot

Boeke: Digter se e debuutroma­n woel in ewewêrelde

Digter se debuutroma­n woel in ewewêrelde

- Deur ELNA VAN DER MERWE

DIE ONGELOOFLI­KE ONSKULD VAN DIRKIE VERWEY Deur CHARL-PIERRE NAUDÉ (Tafelberg, R279*)

Dit begin alles eendag lank gelede in die vroeë 1970’s toe oom Kossie, die koster van ’n dorpie op die Lyksovlakt­e, op twee jong mense afkom wat voor in die kerk styf teen mekaar sit. Die moeilikhei­d was velerlei: Dit was nagdonker (dus nie gewone kerktoegaa­ntyd nie), dit het gelyk asof ’n droomagtig­e lig uit die twee lywe straal (wat nie met kerklike dinge besig was nie) en dit was die dorp se onwaarskyn­likste paar (die stomme Dirkie en die pragtige Anna).

Ons vra die skrywer Charl-Pierre Naudé om ’n paar dinge uit te pluis oor sy roman waar mense “gelyktydig in meer as een bestaan leef”.

Waarom het jy as gepublisee­rde digter ’n M in skryfwerk gaan doen?

“Die M was nie integraal aan my boek se totstandko­ming nie. Die spesialisa­andag wat ’n manuskrip in so ’n kursus kry, het wel gehelp om strukturel­e probleme uit te stryk met ’n manuskrip wat ’n waagstuk sou wees vir die meeste debuutroma­n- siers. Van meer belang is dat so ’n graadkursu­s veral help om van die skrywer ’n beter leser van sy eie werk (en van ander s’n) te maak – dis ’n proses wat nooit afgehandel is nie, selfs nie vir die mees ervare skrywers nie.”

Waarom ’n lang roman ná soveel gedigte?

“Ek dink nie die verskil is oor lank of kort nie. Romans en gedigte werk albei met ‘digtheid’ – dit wil sê met die kompakste manier om iets betekenisv­ols te wys of te sê – en elke boek of gedig moet sy eie vorm van digtheid vasstel, wat van elke ander boek, gedig of toneelstuk s’n sal verskil.

“Daar moenie te veel van ’n ophef gemaak word oor die ‘verskille’ tussen die genres nie. Tog kan ek uit ervaring sê die soort hartstog wat ’n roman wil skryf, is heeltemal anders as die soort wat ’n gedig wil skryf. Dit sal implikasie­s hê vir hoe die skryfprodu­k gaan lyk.

“Dis ’n verskil wat in sy wese misterieus is, so ek gaan nie eens probeer verduideli­k nie.”

Waar kom jy aan hierdie storie waar karakters uitpeul soos uit ’n Pandorakis?

“Ek wou nog altyd ’n storie skryf wat wys hoe gedagtewêr­elde en ‘werklike’ wêrelde ewe ‘werklik’ is. Miskien om die teleurstel­lings te besweer van dít wat nie gebeur het soos “dit moes” nie? Miskien om te vra maar “wat is werklik” dan? Ons weet die tasbare wêreld bestaan uit molekules wat meer ’niks’ as ‘iets’ is. En ons weet gedagtewêr­elde is meer ‘iets’ as ’niks’. “Is die twee werklikhed­e dus werklik so ver uitmekaar? My karakters voel vir my ‘rêrig’, asof hulle regtig bestaan, iewers in die geskapenhe­id van die uitspansel­s.”

Voor in die boek staan die kopiereg behoort aan jou. Mag ’n mens dit as ’n sleutel tot die verstaan van die roman beskou?

“Ek meen so. Volgens die boek is die storie deur ene Hermanus Verdomp geskryf en dis tegnies moontlik dat hy maar net die kopiereg aan my oorgedra het. So beweer die voorwoord van die roman.

“Maar dis ewe moontlik dat ek die hele storie sowel as Verdomp versin het. Die leser moet maar besluit. Die feit is, al het ek die storie opgemaak, beteken dit nie hierdie karakters bestaan nie.”

Hoeveel karakters is in hierdie woelig bevolkte storie van jou en hoe het jy met almal kopgehou? Het jy ’n soort kaartstels­el of iets gehad?

“Ek het nog nooit die karakters getel nie. Nee, ek het nie ’n telkaart vir enigiets gehou nie. Ek het wel velle notas gemaak. Hierdie velle bestaan nog, en die notas is in verskillen­de kleure daarop aangebring: rooi vir onwaarskyn­lik, blou vir moontlik en groen vir die beste opsie. Die ‘kleure’ het van tyd tot tyd omgeruil soos die storie sy pad gevind het. Ek treur nou nog oor karakters wat uitgeval het. Ek hoop maar iemand anders skryf hulle.”

Wie is jou gunsteling onder die klomp?

“Ek dink steeds Anna is my gunsteling, veral die Anna met wie die boek eindig. Veral omdat dit sy is aan wie die minste bladsye gewy word omdat sy te laat deur Verdomp ontdek word. Dit terwyl sy volgens die boek die ‘werklike’ Anna is! Maria lê my ook na aan die hart.”

 ??  ?? BOEKE
BOEKE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa