Huisgenoot

Vleilande skep unieke ekostelsel­s

Waar grond en water mekaar ontmoet, skep vleilande unieke en waardevoll­e ekosisteme

- Geverfde rietpadda ( Hyperolius marmoratus)

SUID-AFRIKA is ’n droë land en baie riviere en strome is besoedel. Droogtes is algemeen, maar oorstromin­gs vind ook plaas. Water kom op verskillen­de plekke voor, maar ’n spesiale gebied waar dit ’n belangrike rol speel, is vleilande. Ongelukkig word hierdie belangrike waterbronn­e te maklik deur mense beskadig of vernietig.

Vleilande is stukke grond waar die watertafel by die oppervlak is en wat permanent of vir lang tye deur ’n vlak laag water bedek word. Sommige kan so deurdrenk met water wees dat moerasse vorm. Vleilande is oorgangsge­biede tussen droë grond en water.

Kenners meen vleilande moet beskerm word omdat dit ’n waterkrisi­s kan voorkom.

Suid-Afrika het meer as 115 000 vleilande.

Dis nie net noodsaakli­ke waterbronn­e nie; dis gebiede wat ’n hele ekosisteem onderhou en biodiversi­teit verseker. Vleilande is propvol lewe. Dis lekker blyplekke vir voëls, plante en diere en verskaf voedsel aan vee.

Vleilandge­biede wat in strome en riviere voorkom, kan help om oorstromin­gs te keer deurdat dit ’n groot, vlak “bak” vorm. Water word hier opgevang en terwyl die water uitvloei, verminder die spoed daarvan. Meestal vloei dit weer aan die ander kant verspreid uit. Op dié manier word vloedwater en veral erosie beperk.

Vleilande is meestal vol natuurlike plantegroe­i, en dit help om afsaksels, belangrike voedingsto­wwe (soos stikstof en fosfor), onsuiwerhe­de (soos bakterieë) en ander gifstowwe daarin vas te vang. Wanneer water deur ’n vleiland vloei, werk d die vleiland soos ’ n natuurlike filter wat onsuiwerhe­de uit die water verwyder. Water wat aan die ander kant van die vleiland uitkom, is dus gewoonlik skoner.

Riete is volop in vleilandge­biede. Mense gebruik dit vir dakke, mandjies en verskeie ander rietproduk­te. Afges sien hiervan is die gebiede ’n lieflike p plek vir mense wat daarvan hou om na voëls te kyk, en veral hengelaars geniet vleilande baie.

VEENVLEILA­NDE

Veen is ’n grondsoort wat uit halfontbin­de plantstoww­e ontstaan. ’n Veenvleila­nd se bodem bestaan uit veen. Veen bevat organiese materiaal soos riete, biesies en mos wat deur die jare in die vleiland opgehoop het. Hierdie soort vleie is altyd nat; daarom kan die plante daarin nie vinnig afgebreek word nie. Daar word gereken ’n tiende van Suid-Afrika se vleilande bevat veen.

Na raming word dubbel soveel koolstof in veenvleila­nde wêreldwyd geabsorbee­r as in woudgebied­e. Dié vleilande is aangepas om as buffers vir vloedwater­s te dien. Dit bevat veenvormen­de plante wat water suiwer en waarvan die wortelstel­sels sediment vasvang om grondverli­es en erosie te voorkom.

BEDREIGING­S

Meer as 60% van Suid-Afrika se vleilande is onherstelb­aar vernietig of gaan agteruit. Die oorsake van hierdie vernietigi­ng sluit in die dreinering daarvan vir ontwikkeli­ngs ( behuising, winkels en ander geboue), erosie, indringerp­lante, brande en nadelige aksies weens ’n gebrek aan kennis van hoe hierdie ekosisteme werk.

Die grootste gevare vir hierdie noodsaakli­ke lewensbron kom egter van landbou- en mynbouakti­witeite.

 ??  ?? Bome en riete speel ’n belangrike rol in vleilande en is deel van ’n filtersist­eem wat water suiwer. Kuifkopvis­vanger (
Bome en riete speel ’n belangrike rol in vleilande en is deel van ’n filtersist­eem wat water suiwer. Kuifkopvis­vanger (
 ??  ?? Mense bou skerms van riet in die waters van iSimangali­so om vis met hoogwater vas te keer. Die vissers vang die vis met laagwater.
Mense bou skerms van riet in die waters van iSimangali­so om vis met hoogwater vas te keer. Die vissers vang die vis met laagwater.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa