Huisgenoot

Versorg so jou hasie

-

AS ’ N troeteldie­r al ooit die ag- moeder- faktor gehad het, dan is dit vir seker die hasie – en hierdie snoesige diertjie se gewildheid neem toe danksy flieks soos Peter Rabbit en die Netflixree­ks Watership Down. Maar die hartseer werklikhei­d is dat miljoene elke jaar sterf of agtergelaa­t word wanneer eienaars belangstel­ling verloor of besef hulle kan nie behoorlik na hulle kyk nie.

“Hasies is wonderlike troeteldie­re as jy weet hoe om hulle te versorg,” sê Leon Erasmus van RabbitCare SA.

“Hulle is intelligen­t en sosiaal en raak baie verknog aan hul eienaar – en as daar behoorlik na hulle gekyk word, kan hulle tot 12 jaar leef.”

’n Eenvoudige gids tot versorging

1 Hasies is uiters sosiale diere, en dit is dus die beste om twee te kry. Neem die verskillen­de persoonlik­hede van die geslagte in ag. Mannetjies is meer ontspanne en onderdanig en wyfies meer baasspeler­ig. Om teling, gedragspro­bleme en aggressie te vermy, moet jy hulle

2 Tagtig laat kastreer of sterilisee­r. persent van hul dieet moet uit hooigras (nie strooi of lusern nie) bestaan, 10% moet groente en kruie (wat veilig is vir hasies) wees en 10% hoëveselpi­lletjies (die veselinhou­d moet nooit minder as 18% wees nie), is Leon se aanbevelin­g.

Pilletjies moenie die enigste kos wees nie. Vars, plaagdoder­vrye gras van jou grasperk is uitstekend­e kos. Moet nooit stukkies gebruik wat met die grassnyer gesny is nie. Die hitte van die lemme en die snyproses veroorsaak veranderin­gs aan die gras wat maak dat dit vinniger fermenteer en jou hasie vatbaar vir ’n omgekrapte maag maak. Trek gras uit of sny dit met ’n skêr, of laat die dier in ’n veilige deel aan die 3Hasies gras knibbel.

hou van teug aan water, en ’n waterbak is dus meer natuurlik om van te drink as ’n waterbotte­l. Maak seker hy 4Hulle het 24 uur per dag water.

benodig skuiling en die kans om vrylik rond te hardloop, en hulle het dus ’n hok met ruimte nodig waar hulle buite kan hardloop. Die hok is geskik as die hasie die volgende in die hok kan doen: Hy moet in staat wees om drie keer in enige rigting te kan hop, regop kan staan sonder dat die ore aan enigiets raak en ten volle kan uitstrek wanneer hulle lê. Moenie ’n hok met ’n draadvloer kry nie, want dit kan hul pote sny. Hasies benodig drie uur se vry rondloop onder toesig per dag. Hulle 5Hasies moet ook kan grawe.

is delikate wesens en kan van ’n hartaanval sterf as ’ n roofdier hulle nader, selfs al is hulle in ’n hok. Hulle hou van ’n donker ruimte waarheen hulle kan ontsnap. ’n Onderstebo kartonboks wat in die hok geplaas word, is 6Weerstaan ’n ideale oplossing.

die drang om die dier op te tel. “Hulle voel gemakliker op die grond,” sê Leon. Hul bene is ook broos, en hulle kan maklik hul ruggraat beskadig as hulle probeer wegkom nadat hulle opgetel is. Moet nooit ’n hasie aan die ore 7 optel nie.” Hasies en kinders onder 10 jaar is nie ’n goeie idee nie omdat kinders dikwels nie oor die selfdissip­line beskik om te hou by die daaglikse roetine wat nodig is om hulle te versorg nie. “Die primêre versorger moet altyd ’n volwassene wees,” sê

8 Hasies hy. is minder van ’n allergeen as honde of katte en baie skoon. Enige allergieë wat hulle veroorsaak, sal van die hooi wees en nie hul pels nie. Hulle moet

9’ nooit gebad word nie. n Veearts sal ’n beseerde hasie behandel, maar indien ’ n toestand gespesiali­seerde tegnieke of medikasie benodig, sal jy by ’n spesialisv­eearts moet

10 Moet aanklop. nooit ’n hasie as geskenk koop nie – neem een aan eerder as om dit te koop. Daar is talle skuilings in Suid-Afrika wat pragtige hasies het wie se eienaars hulle verlaat het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa