Huisgenoot

MY STORIE

As ek maar net weer saam met my dogtertjie kan speel

-

EK

en my man het, nadat ons getroud is, drie jaar lank probeer om swanger te raak. Eindelik het God ons met ’n pragtige dogtertjie geseën.

Voor my swangerska­p was ek ’n pragtige jong vrou met ’n mooi lyf.

Toe gebeur die groot transforma­sie wat hulle swangerska­p noem en ek tel 25 kg op.

Dit is nou vyf jaar ná my dogtertjie se geboorte, en ek sukkel steeds om die gewig te verloor. Dit is elke dag ’n stryd en ek sien nie die wenpaal nie.

Ek kan nie beskryf hoe seer dit ’n mens maak wanneer jy voor die spieël staan en sien hoe groot jy lyk nie – hoe jou onderklere styf sit en die rolletjies oral uitpeul.

Ek kon al my eie sakeondern­eming begin het met al die geld wat ek op verslankin­gsmiddels gemors het.

As iemand my net kan help, want geld vir maermaakpr­odukte is daar nie meer nie. Om by ’n gimnasium aan te sluit kos te veel. Tyd vir oefen by die huis is daar ook nie, want ek moet altyd reg staan om huis skoon te maak en kos te maak. Wanneer dié take klaar is, is ek die meeste van die tyd net te moeg om dan nog te oefen ook.

Ek wil so graag saam met my dogtertjie swem sonder om skaam te voel. Ek wil nie meer vir haar sê: “Laat pappa eerder saam met jou gaan swem, dan sal mamma foto’s neem” nie.

Ek is moeg om uitnodigin­gs na kuiers van die hand te wys omdat ek niks het wat pas nie.

Ek voel dis onregverdi­g teenoor my man en kind om so te wees. Dit is ook onregverdi­g teenoor myself, want dag vir dag breek ek myself meer en meer af.

Ek wil ook weer mooi voel. Maar die belangriks­te van alles: Ek wil weer saam met my dogtertjie kan speel. MONICA, JOHANNESBU­RG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa