Huisgenoot

Marie Mar gee wenke om die vreugdevon­ke in jou leefruimte te laat spat. Maak so

-

Betrek jong kinders by die opruimpros­es. Dit voel dalk moeilik, maar Marie doen dit met haar twee- en eenjarige dogters en beveel dit aan. “Hulle is dol daaroor,” sê sy. ’n Mens is nooit te jonk om die proses te verstaan en daarby baat te vind nie, meen sy.

Skep afsonderli­ke hope speelgoed wat aan elkeen van jou kinders behoort en ’n hoop gedeelde speelgoed, en vra jou kinders watter items hulle gelukkig maak. As hulle sê alles, vra hulle om die speelgoed te rangskik volgens die vlak van hoe gelukkig dit hulle maak. Teen die einde van die proses sal jy wel ’n goeie idee hê van watter speelgoed hulle werklik baie hou en wat hulle bereid is om prys te gee.

Dink na oor hoe jy herinnerin­gs wil bêre waaraan jy wil vashou. Marie is ’n groot aanhanger van bokse en deurskynen­de houers. “Ek beveel nie aan jy pak goed in plastieksa­kke nie,” sê sy. “Dit lyk later soos vullis.”

Beskou die weggee van items wat aan ’n geliefde behoort het as deel van die helingspro­ses. Ja, dit kan moeilik wees en amper soos om van voor af te groet, maar “deur op te ruim, kan jy die pyn van die verlede verlig,” sê Marie. “Of selfs op ’n positiewer manier oor jou toekoms begin dink.” Die mens wat weg is, leef in jou hart voort, herinner sy haar kliënte; nie in die dinge wat hulle agtergelaa­t het nie.

Sorteer papier en dokumente in drie kategorieë: dié wat dadelik aandag nodig het, soos rekenings; dié wat jy op kort termyn sal nodig kry, soos belastingd­okumente en waarborge; en ander dokumente wat jy vir altyd moet hou, soos geboorte- en huwelikser­tifikate en kontrakte.

Verander die lug as jy motivering verloor, sê Marie – en sy bedoel dit letterlik. “Deur bloot die vensters oop te maak, sal help. Ander maniere is: Skep ’n klank wat ’n goeie vibrasie het, steek ’n kers aan, spuit ’n geur in die vertrek of brand wierook, want die skep van rook suiwer die vertrek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa