Huisgenoot

AS EEN DIE HUIS WIL HOU

-

Jy wil die pad vat, maar jou eksmaat wil die huis behou. Hier is twee dinge wat moet gebeur:

Nuwe verband Die huidige verband moet gekanselle­er word en die persoon wat die huis wil behou, moet ’n nuwe verband uitneem wat slegs in sy/haar naam geregistre­er is. Uitgawes soos oordragkos­te, hereregte en die registrasi­e van die nuwe verband moet betaal word. Kry inligting hieroor by webtuistes soos ooba.co.za en sahomeloan­s.com. Oorkoop van eksmaat se huisaandee­l As jou eksmaat ’n nuwe verband as alleeneien­aar wil registreer, moet hy jou aandeel in die huis by jou koop sodat dit in sy naam oorgedra kan word. Daarvoor sal julle ’n afsonderli­ke skriftelik­e koopkontra­k moet opstel wat die transaksie tussen julle formeel uitstippel.

In die kontrak moet julle ooreenkom oor:

Hoeveel jou eksmaat jou gaan betaal. As jy 50% van die huis besit, kan jou eksmaat jou byvoorbeel­d 50% van die “wins” betaal. Of hy kan jou net die volle bedrag terugbetaa­l wat jy tot dusver aan die verband bestee het.

As jy die verkoper is, sal jy waarskynli­k uit die bankverban­d uitbetaal word. Maar kragtens die wet is jou eksmaat ( die koper) aanspreekl­ik vir die betaling.

Jy kan jou aandeel in die huis aan jou eksmaat skenk, maar julle sal steeds ’n kontrak moet opstel. As jou aandeel van die huis meer as R100 000 werd is, sal jy waarskynli­k “skenkingsb­elasting” moet betaal. Besoek www.sars.gov. za vir inligting hieroor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa