Huisgenoot

’N NUWE JAAR – NUWE REDES OM VERSEKERIN­G TE KRY

Sorg dat jy gedek is wanneer dit tel – maak só seker jy is verseker en word sonder moeite uitbetaal

-

NET soos jy jou huis in die lente goed skoonmaak, moet jy jou versekerin­gspolisse en besittings nagaan om teleurstel­ling op lang termyn te voorkom. Min Suid- Afrikaners maak die tyd om ’ n jaarlikse hersiening van hul versekerin­gsbehoefte­s en polisse te maak om vas te stel of dít waarvoor hulle betaal in werklikhei­d is wat hulle benodig.

Doen jouself aan die begin van die nuwe jaar ’ n guns en kom op die hoogte van die besonderhe­de van jou bestaande versekerin­gspolis, en vermy so enige verrassing­s.

KRY ’N WAARDASIES­ERTIFIKAAT

Nie baie mense besef dat vir jou eis om geldig te wees jy jou juweliersi­tems profession­eel moet laat waardeer om die egtheid te bevestig en ’n akkurate markwaarde te verseker nie. As jy nie ’n waardasies­ertifikaat het nie, kan jou eis verwerp of tot ’n voorafbepa­alde bedrag beperk word.

VERWYDER DEKKING WAT JY NIE BENODIG NIE

As jou huishoudin­g twee of drie voertuie het, is dit hoogs onwaarskyn­lik dat jy motorhuurd­ekking benodig.

In baie gevalle kan dit jou maandeliks­e premie help verlaag.

WERK JOU MOTORPOLIS BY

Het dinge in jou lewe verander? Party faktore verander jou premie en verlaag dit soms. Is jy byvoorbeel­d onlangs getroud? Dalk het jy na ’n nuwe huis getrek of van werkplek verander?

Dié dinge kan jou premie verlaag! As jy net derdeparty- of brand- en diefstalve­rsekering het, oorweeg dit om omvattende versekerin­g uit te neem.

STEL ’N INVENTARIS OP

Kyk wat jy in werklikhei­d in jou huis het, neem onlangse verkryging­s oor die vakansiety­d in ag en maak seker jy is voldoende verseker. Het jy in die vakansie ’n nuwe televisie, horlosie of juweliersw­are gekry? Dis belangrik om jou versekerin­gspolis met die nuwe items by te werk om te verhoed dat jy onderverse­ker is.

Juweliersw­are is ’n hoërisikov­ersekering­sitem – afgesien daarvan dat diewe veral duur besittings soos ringe of horlosies teiken, is dit ook items wat gereeld verloor of beskadig word.

As jy graag reis of jou juweliersw­are op die strand dra, is wêreldwye allerisiko­versekerin­g vir jou ’n moet.

HEROORWEEG JOU DEKKINGSOP­SIES

As jy ’n ouer of ou voertuig met ’n lae markwaarde het wat jy suiwer vir sentimente­le waardes hou, is dit dalk nie die moeite werd om vir volle versekerin­gsdekking te betaal nie.

Slegs derdeparty bied dekking as jy in ’n ongeluk met ’n baie duur motor betrokke is, wat uiters duur kan wees as daar bevind word jy was vir die ongeluk verantwoor­delik.

 ?? GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ??
GALLO IMAGES/GETTY IMAGES
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa