Huisgenoot

WIE IS DIE NUWE ROLSPELERS?

-

TYMEDIGITA­L BANK:

Wie besit dit? African Rainbow Capital Financial Services Holdings (Pty) Ltd, met Patrice Motsepe aan die stuur. Wat maak dit uniek? Geen maandeliks­e bankfooie. Hoe werk dit? Landwyd sal daar altesaam 720 kioske in takke van Pick n Pay- en Boxer-winkels wees. Dit sal net vyf minute neem om jou bankrekeni­ng of Visa-debietkaar­t daar te open. Wat betaal jy? Gratis by Pick n Payen Boxer- kioske, R2 by ander winkels en R2 vir elke R1 000 by kitsbanke. Debietorde­rs kos R2. Watter dienste bied dit? Tans spaarreken­ings, persoonlik­e transaksie­s en geldoorpla­sings. Wanneer is dit beskikbaar? Aanlyn aansoeke kan reeds gedoen word by www.tymebank.co.za.

BANK ZERO

Wie besit dit? Michael Jordaan, voormalige uitvoerend­e hoof van FNB, en nog ses mense uit die bankbedryf.

Hoekom is dit uniek? Geen banktakke. Alles, ook nuwe rekenings, word aanlyn gedoen. Hoe werk dit? Met slimfone of e-pos. Die bank belowe 24/7- transaksie- en kliëntedie­nste aanlyn. Wat betaal jy? Produkte en bankfooie sal nog aangekondi­g word. “Ons bank se naam, Zero, is ’n sterk leidraad,” sê Jordaan aan Huisgenoot. Watter dienste bied dit? Alle persoonlik­e en saketransa­ksies. Deposito- en beleggings­produkte word ook beplan. Wanneer is dit beskikbaar? Teen middel 2019.

DISCOVERY BANK

Wie besit dit? Die Discovery-groep, met 10% aandele in besit van swart kliënte.

Hoekom is dit uniek? Soortgelyk aan die Vitality-lojaliteit­sprogram vir mediese kliënte van Discovery. Fooistrukt­ure, rentekoers­e en belonings sal gegrond word op die finansiële besluite en bestuur van kliënte.

Hoe werk dit? Met ’n bank-app. Discovery spog jy sal binne minute ’n rekening aanlyn kan open – solank jy ’n selfie stuur! Wat betaal jy? Fooistrukt­ure verskil na gelang van jou finansiële gedrag en behoeftes. Watter dienste bied dit? Basiese transaksie­rekenings, kredietdie­nste en moontlik later ook lenings. Wanneer is dit beskikbaar? Maart 2019.

‘Onsns wil die reikwydte van finansiële dienste verbreed’ – SANDILE SHABALALA, UITVOEREND­E HOOF

‘Onsns het dit d duidelik idelik gegemaak ons wil bankkoste

takel’

– MICHAEL JORDAAN, VOORSITTER

‘Discovery Bank bou ’n bankstelse­l van onder af’ – BARRY HORE, UITVOEREND­E HOOF

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa