Huisgenoot

Praat met my prokureur . . . RIHANNA IS NIE DIE ENIGSTE BEKENDE WAT AL IN ’N REGSTWIS MET ’N OUER BETROKKE WAS NIE

-

MISCHA BARTON (33)

Die ster van die televisiep­rogram The O.C. het in 2015 haar ma en bestuurder, Nuala QuinnBarto­n, gedagvaar. Mischa het haar ma daarvan beskuldig dat sy haar inkomste gesteel en misbruik het en sakeooreen­komste aangegaan het wat haar reputasie skade berokken het. Die aktrise het die geding in 2016 laat vaar.

KOBE BRYANT (40)

Die oudbasketb­alspeler het regstappe teen sy ouers, Joe en Pam Bryant, gedoen toe hulle in 2013 van sy besittings wou opveil. Kobe het die saak teruggetre­k, maar hy erken hul verhouding het nooit daarvan herstel nie. “Ek sê vir hulle ek sal vir hulle ’n lekker huis koop, maar hulle sê dis nie goed genoeg nie. Dan verkoop hulle boonop my goed.” LEIGHTON MEESTER (32)

Die aktrise is gebore terwyl haar ma, Constance, agter tralies was vir dwelmhande­l. En al het haar ma ná haar vrylating haar lewe reggeruk, het Leighton haar in 2012 gedagvaar. Sy het Constance daarvan beskuldig dat sy geld wat vir haar jonger broer bedoel was, op kosmetiese prosedures vir haarself uitgegee het.

FRANK OCEAN (31)

Die sanger se vervreemde pa, Calvin Cooksey, het skadevergo­eding van R195 miljoen van sy beroemde seun geëis nadat Frank op Tumblr geskryf het hy moes as kind aanhoor hoe sy pa homofobies­e aanmerking­s maak. Al het hy die geding later laat vaar, beskryf Frank dit as “’n baie hartseer saak”.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa