Huisgenoot

Liefdein dielug

-

HEIDI KLUM WEER VERLOOF

“Ek glo steeds in die liefdee en die huwelik, al het ek twee keer daarmee misluk.k. Ek veronderst­el ek is nie baie goed daarmee nie,” hetet Heidi Klum (45) onlangs aan Ellen DeGeneres oor haar eksmans, die sangerr Seal (55) en die akteur Ric Pipino (58), gesê. Maar diee ma van vier, wat onlangs aan die rocker Tom Kaulitz (29) verloof geraak het,t, het nog nie tou opgegooii nie en sê sy het nou “’“’n wonderlike mens gevind;; ons kyk maar wat gebeur”gebeur”.”.

TREY EN LORI SMOORVERLI­EF

Die romanse tussen Trey Songz (34) en Steve Harvey se stiefdogte­r, Lori Harvey, vat nou behoorlik vlam. Die twee is verskeie kere in die feestyd saam gesien en is alte liefies met mekaar op hul Instagram-blaaie. Lori (22), wat onlangs haar verlowing aan die Nederlands­e sokkerspel­er Memphis Depay (24) verbreek het, is Steve (62) se dogter saam met sy derde vrou, Marjorie (54).

HY KOOP SELF DIE RING!

Ná aanlyn gerugte dat Sarah Hyland en haar kêrel, Wells Adams van The Bachelorfa­am, op trou staan, het gemene trolle daarop gesinspeel dat Sarah (28) – ’n multimiljo­enêr danksy haar rol in die reeks Modern Family – waarskynli­k haar eie verloofrin­g sal moet koop. “Kan ek dit duidelik stel? Ek sal vir die ring betaal, ek belowe. Dit sal uit my bankrekeni­ng kom,” het Wells (34) gesê.

DEMI SE NUWE LIEFDE?

Demi Lovato en haar kêrel, Henry Levy, het onlangs in die sosiale media laat blyk hulle is dalk ’n paartjie. Skerpoog-aanhangers van Demi (26) het opgemerk die twee soen in ’n video wat glo op Henry se Instagram Story gelaai is. Ondanks die klinkklare bewyse hou die Solo-sangeres vol sy en die 27-jarige klereontwe­rper is “net vriende” en hy help haar om nugter te bly.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa