Huisgenoot

7DE LAAN: WAT IS REGTE SKOONHEID?

-

Die sepieverva­ardigers is bewus van kykers se irritasie met Connie, sê Kayleen Bessit, ’n woordvoerd­er vir 7de Laan. “Ons sien dit deur die kommentaar op ons amptelike Facebookbl­ad. Kykers is veral geïrriteer deur haar manipuleri­ng van Emile.”

Sy sê sepiekyker­s se kommentaar word in ag geneem wanneer toekomstig­e storielyne beplan en geskryf word.

“Die storielyne word twee maande vooraf geskiet en dis nie moontlik om dit te verander nie.”

Hanli Rolfes, aktrise en hoofdraaib­roekskrywe­r, sê 7de Laan wou die idee uitdaag dat ’n vrou se voorkoms een van haar grootste bates is; daarom het hulle Connie, in die sepie ’n voormalige model, vir dié storielyn gekies.

“Die karakter se hele lewe was gebou op die idee dat sy mooi is in die oë van ander. Die gesigbeser­ing het haar oortuiging­s oor haarself uitgedaag.”

Draaiboeks­krywers wou juis hê die storielyn moes kritieke vrae oor die samelewing laat ontstaan, sê sy. Vir navorsing is onderhoude gevoer met ’n sielkundig­e, plastiese chirurg en twee vroueslago­ffers van soortgelyk­e voorvalle.

“Ons wou weet: Wat is regte skoonheid? Kan ’n vrou wat haar altyd as fisiek aantreklik beskou het, haar perspektie­f verander en haarself waardeer vir die ware innerlike skoonheid wat sy het?

“Alle storielyne word geskryf deur die karakter in uitdagende omstandigh­ede te plaas. Die karakter beweeg van probleem tot probleem en vind dan ’n manier om die probleme te hanteer.

“Soms probeer die karakter om probleme op ’n verkeerde en ontwrigten­de manier op te los, maar wanneer positiewe boodskappe gekommunik­eer wil word – dis sentraal tot 7de Laan se waardes – sal die karakter eindelik tot ’n dieper begrip kom, met ’n nuwe stel gesonder oortuiging­s.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa