Huisgenoot

RIANA OOR DIE ANDER THE VOICE SA-AFRIGTERS

-

“Francois is ’n sagte ou,” vertel sy oor Francois van Coke van Fokofpolis­iekarfaam. “Ek bewonder die manier hoe hy verhouding­s bou en behou. Hy speel al hoeveel jaar saam met dieselfde ouens, hulle pak nuwe projekte aan en almal speel steeds vir groot shows saam op dieselfde verhoog, en niemand is kwaai met mekaar nie.”

In die vorige seisoen van The Voice SA het Riana in ’n paar episodes die sangeres Lira as hulpafrigt­er bygestaan. “Lira is berekend, sy werk hard en wanneer sy weet wat sy wil uitrig, doen sy dit 100% reg. Sy is ook ’n ontsettend goeie bemoediger; sy wil hê almal moet skitter.”

Met die eerste oogopslag “kan ’n mens dalk dink Riky Rick is as rapper veronderst­el om hardcore en ’n smooth talker te wees,” sê Riana. “Inteendeel, hy het eintlik so ’n sagte hart en is ook net ’n pa van twee kinders. Sommige van die deelnemers se stories het hom so diep geraak dat die trane gaan rol.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa