Huisgenoot

DIE BOEP VOORSPEL

-

Meghan en Harry het al gesê hulle wil hê hul baba se geslag moet ’n verrassing wees wanneer hy of sy in April opdaag, maar beroepswed­ders weet blykbaar reeds die geslag. Hulle is glo daarvan oortuig dat dit ’n dogtertjie is; daarom is alle weddenskap­pe oor die baba se geslag in Januarie gestaak. Dit kan iets te make hê met die ouvrou- storie wat beweer ’n mens kan die geslag aflei uit die manier waarop die ma dra.

Volgens die vroedvrou Amande Bude kan dit ’n dogtertjie wees as die boepie breed en laag is en as die ma ’n “boomstompm­iddellyf” het.

Volgens haar kan dit ’n seun wees as die maag hoog sit en gepunt is.

Maar Meghan se maag is hoog en groot; dus help hierdie metode nie veel nie.

’n Dogtertjie sal Harry se hart baie bly maak. By die Invictus-spele, wat hulle in Australië bygewoon het kort ná die swangerska­p bekendgema­ak is, het ’n vrou uitgeroep, “Ek hoop dis ’n dogter!” waarop die prins geantwoord het: “Ek ook!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa