Huisgenoot

GEBAKTE BOONTJIES MET CHAKALAKA EN BOEREWORS

Geur doodgewone gebakte boontjies met chakalaka en brandrissi­e vir ekstra skop.

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

500 g boerewors

BOONTJIES

30 ml (2 e) olyfolie

2 uie, in skyfies gesny

2 knoffelhui­sies, fyngedruk

2 brandrissi­es, gekap (opsioneel)

15 ml (1 e) tamatiepas­ta

2 x 410 g-blikke gebakte boontjies in tamatiesou­s

1 x 410 g-blik chakalaka sout en vars gemaalde swartpeper

VIR VOORSIT

vars koljanderb­lare

4-6 snye roosterbro­od Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei. 1 Draai die boerewors in kleiner worsies en pak op die bereide bakplaat. Rooster 15-20 min. of tot die worsies gaar en bruingebra­ai is.

2 Boontjies Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel en brandrissi­es (indien gebruik) by en roerbraai tot geurig. Roer die tamatiepas­ta by.

3 Voeg die boontjies en chakalaka by en roer tot verhit. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.

4 Vir voorsit Sprinkel die koljanderb­lare oor die boontjiest­owe en sit voor saam met die boerewors en roosterbro­od.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa